Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Deborah Steinmair: Fratsgolf

Deborah Steinmair: Fratsgolf


<< 1 2 >>

Tyd is ’n tuimeldroër
Deborah Steinmair - 2011-04-12
Untitled Document Toe ek baie jonk was, het ek vir ’n Amerikaanse sielkundige gewerk wat motiveringskursusse by sake-ondernemings aangebied het. Volgens dr Cook was die grootste gaping tussen die Eerste en Derde Wêreld hul persepsies van tyd. Die ideale tydsbegrip (lees die mees produktiewe) is die liniêre. Tyd beweeg in ’n reguit lyn; die individu is in beheer, ’n agent van verandering, op pad êrens heen. Afrika sien glo tyd as siklies: dit beweeg in ’n...

Jaap Mossie en die drinkebroers
Deborah Steinmair - 2011-03-10
Untitled Document Toe ek ’n kind was, het ek alles gelees wat stilstaan. Elke geskrewe woord het my diep beïndruk, selfs die waarskuwing op blikkies lugverfrisser: Inhoud onder druk, moenie prik of verbrand nie, ensovoorts. Ek het elke woord geglo. Ek was verslaaf aan die reuk van ou papier. Tyd het stilgestaan tussen boekrakke. So het ek eendag in ’n seerowerboek bewend afgekom op ’n woord wat my betower het: die woord vir die seerotte se gunstelingdrankie: jenewer. Dit klink...

Om afgegooi te word
Deborah Steinmair - 2011-02-16
My eerste liefde was ’n probleemperd. Sy vaar en moer was skouperde, maar iets het skeefgeloop by sy geboorte. Tellstar het ’n paar skroewe los gehad. As hy ’n kar was, sou ’n mens sê daar was ’n klopgeluid in die enjin. Hy was ’n rooibruin, kleinerige, nukkerige en onafrigbare perdjie. Dus het ons hom vir ’n appel en ’n ei gekoop. En ek het geleer klou soos ’n waagarties in ’n swierige tweedehandse cowboysaal met vashouplek voor en...

Gesoek: vakature vir ’n waagarties
Deborah Steinmair - 2010-09-02
Sekere vrae hou my snags wakker, soos: Hoekom is ek gebore met ’n hunkering na die sirkus? Gister het, vandat ek my oë oopgemaak het, skeefgeloop. O, nie op subtiele maniere nie; ek praat van growwe slapstick: slak wat onder my kaal voetsool knars, broodmes waarop ek die greep verloor en wat dan soos ’n boemerang terugspring en skade aanrig. Later stap ek op straat en beland in die middel van ’n optog. Dis rumoerig, subversief en gevaarlik jollie in die oog van die storm....

Hoe om skouspelagtig gesig te verloor
Deborah Steinmair - 2010-06-29
Ek wou so graag kompromisloos leef. Ek wou nooit ooit gesig verloor nie. Ek wou soos Clint Eastwood elke dag met bad hair en skreefgeslaapte oë moerig tuur van agter die loop van ’n afgesaagde haelgeweer en verby die kougompie in my mond lakonies prewel: “Go ahead, make my day.” Ek wou soos Greta Garbo sfinksagtig gluur vanuit ’n katgesig, in swaar Skandinawiese aksent en beskuldigende stem sug dat ek uitgelos wil word. Ek wou soos ’n Oosterse diplomaat van...

Die wêreldwye hoekie vir eensames
Deborah Steinmair - 2010-05-10
Kuber klink altyd vir my na ’n mengsel van koors en fever. Ek sien ’n ontheemde, bleek landskap met ’n laning koorsbome wat lei na nêrens. Dis ruim, amper so wyd soos die Heer se genade, maar minder toeganklik. Die portale laat die besoeker nie altyd deur nie. Konneksies pak op, lugtyd verstryk, bytes word gecap, modems kalf, proxy servers skop uit, moederborde stort in duie. Verkry jy uiteindelik toegang, betree jy ’n kil stadskap besoedel deur ’n duisternis...

Sal iemand asseblief die klank afskakel?
Deborah Steinmair - 2010-04-06
Is dit net ek, of hunker jy ook soms na ’n beter klankbaan? Die hele wêreld is ’n poppekas en ons dans so na aan die rand as wat ons toutjies toelaat. Die backdrop is dromerig (Tafelberg, mynhoop, stadskap of duin), die windmasjien vroetel deur ons hare en die pienk kollig streel ons wangbene, maar net soms laat die backtracks ons lelik in die steek. Stop, rewind, wie doen die klank?! wil ek gil. Ek gaan nou iets bely waaroor ek nog nooit die moed gehad het om uit te praat...

O koek, is ek ooit outentiek?
Deborah Steinmair - 2010-03-23
Sal die regte Zef asseblief opstaan? Maar wie weet wat is die regte ding? Party mense voel bitter slim en sinies wanneer hulle opmerk dat ’n groep soos Die Antwoord fake is, omdat Ninja en Yo-landi Vi$$er nie regtig in ’n asbeshuis in die Zefside op ’n dieet van witbrood en polony, Klippies en Coke leef nie, maar in Kaapstad, waar hulle soms gesien word terwyl hulle inkopies doen in Woollies. Wat is zef? Die woord is stokoud, ontleen aan daardie gevleuelde windmaker-motor,...

The gospel according to Fratsgolf
Deborah Steinmair - 2010-02-23
Waarskuwing: Wat hier volg, is eensydig. Ek kan net deur een kant van die teleskoop kyk. Ek skryf omdat ek wil sin maak. Dis hopeloos romanties om jouself as avatar te beskou, ’n besoeker verdwaal in die verkeerde sonnestelsel wat lomperig in ’n menselyf beweeg en menslike gedragskodes probeer ontsyfer. Tog is dit hoe ek myself van kleins af sien. Volksvreemdeling met permanente verblyfpermit maar sonder paspoort. Die Bybelse Goue Reël vind dawerend weerklank in die ontheemde hippie-hart...

JK Rowling maak my skrik
Deborah Steinmair - 2010-01-26
Ek kan toor en dit maak my bang. Ek het nooit eens lesse geneem nie. Toor is nie boos nie, dis net slegte maniere. Almal toor, veral kapitaliste, magnate en sakereuse. Toor in sy kruuste vorm is niks anders as manipulasie nie: om die hef in die hand te kry en ander na jou pype te laat dans. Om mag in pag te hê. Om jou wil af te dwing en jou bonkige goue ring onder almal se neuse te vryf. Van kleins af toor ek nou en dan per ongeluk. Lê ek snags in die bed met toegeknypte oë...

My kop is ’n wi-fi hotspot
Deborah Steinmair - 2009-12-07
Toe my sussie klein was, het ons nie besef sy is besonder bysiende nie. Sy het maar blindelings oor voorwerpe gestruikel en weer regop gespring, haar ligblou oë opgeskroef in ’n verbete frons. Toe sy uiteindelik ’n dik brilletjie kry, nog die outydse plastieksoort met wegstaanhorinkies, was sy verstom oor die wêreld: dat alles ’n buitelyn het, dat blomme ronde knoppies binne die kelkblare het. Sy het verseg om die bril af te haal, en het dikwels daarmee gaan slaap...

“Anders word ons knor ’n daadjie …”
Deborah Steinmair - 2009-11-05
Wie herken bogenoemde aanhaling? Dit kom uit ’n gediggie oor twee hondjies wat ons op laerskool geleer het. Ek dink dit begin so: “Ek is hier en Ma is hier, ons twee lê op baas se baadjie.” Ek lees Amor Vittone dagvaar nou die skinderkoningin Yolanda Barnard oor sekere uitlatings. Kyk, Amor se knor is glo erger as haar byt. Barnard, ’n gedugte nuushond met uitstekende reuksintuig, skryf in haar heerlike boek, Die Ponies Galop, seks en skandale van die sterre onthul:...

No waiting period for accidental death
Deborah Steinmair - 2009-10-15
Ek mag dalk 'n ligte klappie Aspergersindroom weg hê. Miskien is ek net 'n enkele aspersie weg van 'n groentekebab. Ek is min of meer funksioneel, maar dit het jare se oefening geverg. Die eerste twee maande van graad een het ek sonder ophou gegrens. Die lawaai en die reuk van my klasmaats het my heeltemal oorweldig. Ek kon nie so na aan ander kinders sit nie. Ek onthou ure alleen in die sandput met 'n paar nat friemels sanderige snesies wat nie opgewasse was teen die stortvloed...

Ek is bang vir die Jollie Patrollie
Deborah Steinmair - 2009-09-25
Selfhelpboeke vertel jou hoe om jou lewe te ontrommel. Jy kry instruksies oor hoe om van miere in jou broek, 'n by in jou kappie en klippies in jou skoen ontslae te raak. Laat gaan die bagasie en stuur positiewe breingolwe uit, verkondig hulle in seepgladde Amerikanees. Dan is daar juweeltjies van ons eie Christelike uitgewers wat jou uitnooi na 'n daaglikse teetyd met Jesus. Maar ek glo daar is 'n groepie mense vir wie vrolikheid, optimisme en ongetemperde geesdrif neerslagtig stem....

Ek is bang vir die Jollie Patrollie
Deborah Steinmair - 2009-09-22
Selfhelpboeke vertel jou hoe om jou lewe te ontrommel. Jy kry instruksies oor hoe om van miere in jou broek, 'n by in jou kappie en klippies in jou skoen ontslae te raak. Laat gaan die bagasie en stuur positiewe breingolwe uit, verkondig hulle in seepgladde Amerikanees. Dan is daar juweeltjies van ons eie Christelike uitgewers wat jou uitnooi na 'n daaglikse teetyd met Jesus. Maar ek glo daar is 'n groepie mense vir wie vrolikheid, optimisme en ongetemperde geesdrif neerslagtig stem....

Die Ver Kant en gesprekke met ’n kaktus
Deborah Steinmair - 2009-09-02
Natuur-dokumentêre gee my nagmerries. Ons verromantiseer haar graag, maar Moeder Natuur is wreder as Daisy de Melcker. Soos ’n fanatiese Nazi purgeer sy, raak van die swakkere ontslae en bevorder die taaiste en slinksste. Moedertjie is gevoelloos en het nie gunstelinge nie, kies nie kant nie. Virus en wonderkind weeg ewe swaar en virus is dikwels taaier. Daar is nie plek vir sissies en dromers nie; die natuur is die ene flitsende slagtand wat in slagaar versink, gespierde flank wat trillend...

Om ’n volk se onderbroek te vergat
Deborah Steinmair - 2009-08-12
Iemand het my vertel van ’n boek oor volkere se nasionale psiges, hoe dit gevorm word en hoe dit hul gedrag definieer. Suid-Korea het blykbaar onaanvaarbaar baie vliegrampe omdat loodse, weens die oorbeleefde aard van hul nasionale persoonlikheid, dit nie regkry om vir die beheertoring te blaf: “F*k, ek is in die moeilikheid, maak plek vir my, ek moet onmiddellik land!” nie. Dit het my onwillekeurig laat dink aan Afrikaanse mans se onderbroeke, wat die joos weet ook moet dui op...

JC Steyn, stain remover
Deborah Steinmair - 2009-07-22
Hoe vat ’n mens jou gemoed droogskoonmakers toe? Soms voel dit my die filter in my kop moet skoongemaak word. Ek sien dit soos ’n outydse lapkoffiesak, safgewas, lankal so bruin dat emmers vol Jik dit nimmer weer sal wit kry, vol modderige moerafsaksel. Dis nie dat ek uithang op pornowebwerwe of in die drein rondkuier nie. Dis net dat die daaglikse heug en meug, en veral kuns, my sinne verrinneweer. My pyndrempel is hoog, maar soms word dit deurgetrap. Ek is ’n sensitiewe kyker...

Die parallaksfout en die undertoad
Deborah Steinmair - 2009-07-01
In Engels II of III het ons geleer van ’n literêre verskynsel waarvan ek sedertdien nooit weer gehoor het nie: pathetic fallacy. As ek dit reg verstaan het, verwys dit na wanneer ’n skrywer die weer uitbeeld asof dit in simpatie met karakters se emosies is: Heathcliff is vertwyfeld, so die wind tier oor die vlaktes en vleiland. ’n Dorpie rou oor die dood van ’n geliefde kind, so die reën huil triestig neer. Pathetic verwys natuurlik na gevoel, maar vir my het dit...

Wees stil, daar gaan ’n oomblik verby
Deborah Steinmair - 2009-06-03
Ek lees nie meer selfhelpboeke nie. ’n Ou vriendin het altyd gesê toe die ander kinders op skool begin uitgaan, het sy tuis huis gebly en Hou Op Kwel en Begin Lewe gelees. ’n Ander vriendin het ’n lewenslange seksuele letsel opgedoen deur op ’n teer ouderdom Te Vinnig Innig? (’n geestelike boek wat voorhuwelikse seks veroordeel) te lees. Mense stop graag vir my ’n selfhelpboek in die hand, seker omdat dit duidelik is dat ek nie my pad uit ’n papiersak...

Kakkerlakke en kunstenaars
Deborah Steinmair - 2009-05-13
Kakkerlakke is die taaiste insekte op die planeet; dit weet almal. Nie die sagmoediges nie, maar die kakkerlakke sal waarskynlik die aarde beërwe nadat die mensdom hulself in ’n kernontploffing uitgewis het. Hierdie gepantserde goggas kan vir ’n maand aktief bly sonder kos. Hulle kan vir 45 minute asem ophou en lank op beperkte reserwes, soos die gom agterop posseëls, oorleef. Dit lees ek op Wikipedia en dit laat my dink aan die ander k-woord, kunstenaars, ’n spesie...

Lelik is my offer – wat skort met Afrikaanse flieks?
Deborah Steinmair - 2009-04-15
Ek is ’n fliekvlooi, maar geen kenner nie. Tog steek iets my lankal dwars in die krop. Hoekom is Afrikaanse rolprente ná al die jare, selfs in die nuwe millennium, steeds so vol haai drama? Vol pregnante stiltes en dragtige waterskeidingsmomente. Dis asof akteurs in Afrikaanse flieks tonéél speel, met grynsende grimas, soos op die verhoog. Ek noem hulle in my kop "Moeder Hanna-momente", soos daardie oomblik in Barto Smit se drama toe die oubaas vir die verbitterde,...

Sal iemand my laat weet of ek nog hier is?
Deborah Steinmair - 2009-03-24
Ek dink ’n mens kan deesdae ongesiens doodgaan. Solank jou profiel op Facebook pryk en mense jou soms poke en vir jou virtuele potplante stuur, sal niemand agterkom dat jy nie meer daar is nie. Ek het ’n dooie vriendin op Facebook. Ek het haar Friendship request eers ná haar dood aanvaar, uit skuldgevoel. Sy was my buurvrou in Gauteng, in ’n ander leeftyd. Sy was groot van lyf en persoonlikheid en meer lewend as enige mens wat ek ooit geken het. Saterdagoggende het sy...

Wit: ag, wat’s die punt?
Deborah Steinmair - 2009-03-10
My vriend Jasper, ’n esteet, het altyd gesê hy het ’n broertjie dood aan bruin. Ek het ’n hekel aan wit. Dit besef ek gisteroggend weer toe ek skoolsokkies met rou kneukels skrop. Huiswerk, en veral wasgoed, laat ’n mens besef dat die bose wel bestaan en immer gereed staan om jou te oorval soos ’n gewapende man, net soos armoede. Skoolsokkies in water en seep is ’n slymerige grysspul wat nimmer weer sal wit wees nie, tog bly dit die onmoontlike ideaal...

Die wêreld is my woning wel
Deborah Steinmair - 2009-02-17
Ek het nog altyd geglo ons bewoon ’n vreemde planeet. Ek is in goeie geselskap. Totius reken die wêreld is ons woning nie en Paulus hou vol ons is vreemdelinge en bywoners op soek na ’n stad met fondamente. Hamlet meen wanneer die wind uit die suide waai, kan hy ’n valk van ’n handsagie onderskei, maar miskien is die versteurde Deen in ’n ander liga. My vermoede van wêreldvreemdheid word daagliks versterk. Ek neem ’n hysbak na die vierde vloer...

UIF: die derde stasie van die hel
Deborah Steinmair - 2009-01-21
Almal kla oor die eerste werksweek in Januarie. Lywe wat net begin gewoond raak het aan die luukse van ongestruktureerde dae, moet skielik vir agt ure regop sit, nugter bly en fokus. Dit alles het ek vanjaar vrygespring. Ek stap doelloos deur die strate en herken die kyk in die oë van bergies wat met verrinneweerde plastieksakke en rooi gesigte loop en mompel. Dis ‘n wilde, paniekerige blik wat wonder wat die dag gaan bied, maar dis ook ‘n kinderlike, oop kyk wat gereed is...

Krismis is nie vir sissies nie
Deborah Steinmair - 2009-01-08
Die Feestyd het gekom en gegaan. Van lekker lag kom lekker huil, het die grootmense altyd gemaan wanneer ‘n mens sewe-uur die aand hoog op suiker en lewensvreugde soos ‘n mal haas gillend in die skemer tuin rondhardloop. Dié pretbederwers was maar verbeeldingloos. Daar is soveel ander permutasies waaraan hulle nooit gedink het nie: Wat as lag en huil gelyk gebeur, of die een gebeur wanneer die ander veronderstel is om te gebeur? Ek sukkel nog altyd om met die gepaste emosie...

ʼn Pasifis vir brekfis
Deborah Steinmair - 2008-11-18
Ek het amper Saterdag gemarsjeer teen geweld teen vroue en kinders. Ek is geen marsjeerder nie. Troppe ontsenu my en boonop is ek ewig uit gelid. My heldin Simone de Beauvoir het gereeld betoog - daar is baie foto's. Ek is eerder stilweg subversief. Buitendien bevraagteken ek my eie motiewe eindeloos. Waarom wou ek vir hierdie saak protesteer? Wou ek in die koerant verskyn met ʼn treffende plakkaat, BASTA BULLEBAK, triomfantelik omhoog? Voel ek wrokkig teenoor mans, die stereotipiese geweldenaars?...

Dada en ander komplikasies
Deborah Steinmair - 2008-11-03
Vanoggend het ek na my pa verlang. Hy leef nog, maar in ʼn ander provinsie wat dikwels soos ʼn ander land voel; soos herinnering of hunkering. Hy is 82. In die kamers in my kop is hy 35 in die vroegoggend, vars geskeer en vol entoesiasme. Sy skoene blink. Hy dra ʼn wit hemp met mansjetknope en sulke silwer rekke om die elmboë. Sy oë is liggroen soos pasgebore varings en hy maak vreugdevolle geluidjies onder sy asem terwyl hy sy palms teen mekaar vryf. Ons het dit babagansies...

Calvyn, asyn en hardgekookte eiers
Deborah Steinmair - 2008-10-21
Vanjaar hóú ek van myself. Half-beskaamd onthou ek ʼn ou country-nommertjie:Oh Lord, it's hard to be humbleWhen you're perfect in every wayCan't bear to look in the mirrorI get better-looking each day.Ek weet nie of dit Christelik is om so goed oor jouself te voel nie - ek weet vir ʼn feit dis nie Calvinisties nie.Is dit betaamlik om jou eie geselskap soveel te geniet? Na dekades van skaaf is ek uiteindelik so uitgesorteer dat niemand meer op my verlief raak nie....

Hoe het ek hier beland?
Deborah Steinmair - 2008-10-07
Reis is soos geheueverlies. Gisteraand kom ek tuis na twee weke op die pad. Ek voel soos Rip van Winkel wat stadig ontwaak. Dis asof ek arriveer by ‘n vreemdeling aan huis. Ek is nie mooi seker watter sleutel pas in die veiligheidshek en na watter kant om dit te draai nie. Ek is verras deur die interieur van die vrou wat hier woon. Alles is lukraak bont soos ‘n sigeunertent. Daar is skynbaar katte wat die kelims tot koeksisters omgewoel het. Die slaapkamer is groot en stil met ‘n...

Fokof, troebel tortel
Deborah Steinmair - 2008-09-16
What seas what shores what grey rocks and what islandsWhat water lapping the bowAnd scent of pine and the woodthrush singing through the fogWhat images returnO my daughter.- TS Eliot, "Marina" Totius se tortel het my van kindsbeen verlei om langs troewel waters te wei. Die wêreld, het hulle my vertel, is ons woning nie; ‘n hemelse stad met fondamente knipoog in ‘n lugspieëling anderkant die kim, maar eers ná geween en gekners van tande. Die gebroeders Grimm...

Waar bly Happiness?
Deborah Steinmair - 2008-08-29
Nou die oggend hoor ek in ‘n koffiewinkel die volgende selfoongesprek: "Hi! I'm just waiting for Happiness. Remember Happiness? Soon as she gets here, I'm coming." Waiting for Happiness klink soos ‘n titel van Milan Kundera.Onthou jy hoe dit voel om onbevange gelukkig te wees? Ek het ‘n prentjie in my kop, min of meer soos Marianne Faithfull se Ballad of Lucy Jordan: ek lag oopmond in ‘n oop motor wat oor die landskap skeer. Ek dra ou jeans oor my maer gat...

Viola en Freud se onderrok
Deborah Steinmair - 2008-08-04
Dis skuins voor vier. My kliënt, die eksbankrower, se sms biep my uit ʼn diepe slaap wakker. Ek redigeer bedags sy outobiografie. My ouma het altyd gesê ʼn mens het hare op jou tande nodig. Scottie Styles se sms is ʼn onsamehangende kreet vol eksistensiële angst: derduisende karakters wat van skerm na skerm swem. My oë verseg om te fokus. My wang rus op ʼn gladde, warm klippie. Seleniet, het die bleek man in die wierook- en kristalwinkel verduidelik: sit dit onder...

Hoe om jou moer te strip
Deborah Steinmair - 2008-06-30
Ek was nooit skoorsoekerig nie, maar nou weet ek nie meer so mooi nie. Ek het eenkeer ʼn boek gelees wat begin met ʼn man wat op ʼn vliegtuig klim in ʼn baadjie wat hy verpes. Die rede waarom hy die baadjie dra, is dat vrede vir hom belangriker is as wat dit vir sy vrou is. Daar is altyd verdomp iemand wat min gespin is oor rus en vrede. ʼn Mens word moeg daarvoor. Nie vir vrede nie, maar om altyd gestoomroller te word deur skoorsoekers. As ʼn mens Calvinisties grootword en...

My eerste moord was morsig
Deborah Steinmair - 2008-06-09
In die ou dae het mense wat skipbreuk gely het, ‘n brief in ‘n bottel gesit en dit die golwe ingeslinger. So het hulle gehoop om iemand van hul lot bewus te maak. Vandag is ons almal eilande en probeer ook maar om iemand se aandag te trek. Vandag is daar ‘n see van virtuele branders om te plank, die internet. Dis in hierdie misterieuse dieptes waar ek gereeld my brief in ‘n bottel werp. Hier is ek al twee maal opgepik deur virtuele ridders wat helaas op die ou end maar blink...

Gletsers en daaglikse katastrofes
Deborah Steinmair - 2008-05-13
They hate you if you're clever and they despise a fool, Till you're so fucking crazy you can't follow their rules – John Lennon Soms val ʼn antwoord my by wanneer ek reeds vergeet het wat die vraag was. Vanoggend lui die foon op my lessenaar by die werk. Toe ek antwoord, prewel iemand skor en onheilspellend in my oor: “The Devil’s Chimney”. Na ‘n halfminuut se vervaarde geblaai deur die indeks in my kop besef ek dis die antwoord op hierdie week se vraag in die inbelkompetisie...

Aag, dit Maki Sake
Deborah Steinmair - 2008-04-22
In die rolprent The Pillow Book noem die sentrale karakter telkens soos ʼn aftelrympie dinge op af waarvan sy hou, amper soos The Sound of Music se “My favourite things”. Synde Japannees, is die verteller in Pillow Book se gunstelinggoed visueel fraai, minimalisties en ritualisties gerangskik, soos kraletjies in kaleidoskoopspieëls. Ek sweer ek het ʼn druppel Japannese bloed: my oë skreef van kleins af volksvreemd skuins. Daardie druppel Oosterse bloed (ek visualiseer...

Al wat ek het, is mental notes
Deborah Steinmair - 2008-03-18
Ek het geen houvas op woorde nie.Die beroemde Afrikaanse popster Chris Akkedis het onlangs ʼn rubriek saamgeflans uit sy verhewe en filosofiese dagboekinskrywings, onder meer oor die toekoms van die Afrikaner en die begrafnis van sy tuinier. ʼn Jonger muso wat soos ʼn nadenkende engel lyk, Hunter Kennedy, het eenkeer sy notaboek in my woonstel vergeet. Ek kon nie die versoeking weerstaan om dit aandagtig te bestudeer … ek bedoel vlugtig daardeur te loer nie. Daar was pensketse...

Is ons op die Mad Hatter se teeparty?
Deborah Steinmair - 2008-02-18
You live your life as if it’s realA thousand kisses deep – Leonard CohenOmdat ek nou en dan uit die bus val, het ek geleer om op my voete te land, katvoet. Ja, ek trippel weer flink al in die rondte, ʼn rotjie in die trapmeule. Ek woon in ʼn een-en-ʼn-halfslaapkamer-woonstel in die Moederstad en werk voltyds. Ek betaal weer belasting. Ek behoort aan Virgin Active en spoedloop verbete op een plek. Ek roei kilometers ver op droë grond en trap ʼn fiets na nêrens....

Thelma en Louise, Murakami en Lucy Jordan
Deborah Steinmair - 2008-01-17
TT Cloete het geskryf: Die dinge is sonder verbandhoegenaamd. ‘n Storm steek voor die son oor berg en bosop. Haar hare hang los. Die Feestyd is vreemd. Ledige dae vol los oomblikke sonder samehang. Soms skuif die son agter ‘n wolk in, die landskap glim radioaktief, deurskynende blare ritsel in die wind, sonbesies verstil, die sekondewyser haak vas, jou armhare staan orent en swaartekrag is nie meer verpligtend nie. Die toeval val oop. Wanneer jy op ‘n road trip gaan, torring...

Ek skrik nie vir Boney M en rendiere nie
Deborah Steinmair - 2007-12-12
Ons is weer in die Ander Tyd. My vriend Attie praat altyd van die Pestive Season. Ek mik ook vir sinisme, maar ek hóú van Kersfees. Ek glo in die “willing suspension of disbelief” en word so graag begogel. Ek kry ‘n knop in die keel as ek by GrandWest Casino opkyk na die plafon van geskilderde pienk wolke, ewig dragtig met die aandstonde. Sjoe, hulle het soveel moeite gedoen, dink ek verruk. Ek het die heidense hart van ‘n kraai en hou van gekleurde tinfoelie...

Ek verkies Sterfgevalle en Sterrekyk
Deborah Steinmair - 2007-11-27
Ek werk vir Media24 en ek haat die nuus. Ek wou liewer nie geweet het nie. Maar as jy vir ‘n poniekoerant werk, word jou geestesoog gebombardeer met beelde wat jy nooit vrywillig sou oproep nie. Die menslike brein met al sy groewe en chemikalieë bly verbysterend, selfs vir die dromerige sjirurge van Grey’s Anatomy. Niemand weet presies waar die “delete”- en “empty recycle bin”- knoppies sit nie. Daar is so ‘n oorvloed Random Access Memory dat ons maar...

Dis nie kinderspeletjies nie!
Deborah Steinmair - 2007-10-30
Tolstoi sê in die openingsreëls van Anna Karenina dat alle gelukkige families ooreenkomste met mekaar toon, terwyl elke ongelukkige familie op sy eie manier ongelukkig is. Hierdie vereenvoudiging laat die roman met ‘n disnis-uitkloplyn afskop. Ek het weer aan die Rus se beroemde woorde gedink toe ek onlangs met ‘n hoogspring-ikoon oor haar kinderjare gesels het: dit was die gewone mikstuur van liefde, aggressie, drank, sielkundige speletjies in ‘n spoorweghuis. Ek glo...

Alfabet-spaghetti: ek vergryp my aan lettergrepe
Deborah Steinmair - 2007-09-26
Syfers het my nog altyd in rooi kolle laat uitslaan; dis ‘n eenheid wat glad nie met my akkordeer nie. In graad twee het ek in die middel van ‘n hoofrekene-toets my potlood neergesit en snotterig begin grens. Al waarmee ek ooit kon hond haaraf maak, was storiesomme. As ‘n probleem in woorde aan my gestel word, kan ek dit visualiseer, scenario’s rondskuif, orde skep en rondspeel met moontlikhede. Ek is verlief op woorde. Syfers is vyandig. Ek kan geen jaartalle en nie eens...

Hier volg die nuushooftrekke
Deborah Steinmair - 2007-08-21
Ek skakel soms in die oggend die TV aan terwyl ek koffie drink. Gemotiveeer deur ‘n soort masochisme stel ek my bloot aan ontbyt-TV. Dis ‘n brutale aanslag op die sinne, wat nog teer en verkreukeld geslaap is. Alles is skel op die ontvanklike gemoed wat maar pas na die oppervlak geswem het. Een van die kanale wy ure aan lewensversekeringspolisse. Mans in donker pakke maan vernaam oor waardigheid na die dood. Is hierdie bloot ‘n goedkoop advertensiegleuf, of het hulle deeglik navorsing...

Here’s looking at you, Babe
Deborah Steinmair - 2007-07-23
Resensent, denker en rolprent-aficionado William Pretorius is Cinema Paradiso toe en saam met hom bioskope vol flieks. Toe die laaste credits rol en die huisligte aangaan, het hy die projektor saam met hom gevat. Met ‘n vonkel in die oog en sy onweerstaanbare chuckle. Daar is iets so elegant aan iemand wat kinematografies geletterd is. Ek ken sulke mense. Hulle het ʼn oog vir hoek, lyn en komposisie. Hulle verstaan negatiewe ruimtes en die gevoelswaarde van kleur. Hulle interpreteer elke...

Ons is nie diep genoeg nie, Ingrid
Deborah Steinmair - 2007-06-05
Ek het na Helena Nogueira se dokumentêr oor Ingrid Jonker gaan kyk. Een foto wat telkens gebruik is, bly by my spook: van die grootoog Ingrid, soos ‘n bokkie in jou brights, soos ‘n brandende mot wat verlief is op die kers. Dit laat my dink aan Irma Stern se aangrypende skildery Die Ewige Kind. En aan Frida Kahlo se skildery van die Fridahgesig-bokkie met haar lyf vol pyle. Partykeer dink ek Ingrid is ‘n soort nasionale aanklag teen ons. Soms dink ek almal van ons, selfs...

Ek smaak Valiant al is hy nie zef nie
Deborah Steinmair - 2007-05-09
Ek was weer by die KKNK. Onder die blou hemel van die Klein Karoo het ek my fragiele siel blootgestel aan lirieke soos: “Oudshoring, grootvoëlparadys, laat jou budgie by die huis, kom speel met my volstruis” en “Soen my op my boepie, soen my op my watsenaam”. Op ‘n voorafvervaardigde beat. Dit en “De la Rey” het op ‘n herhalende CD uit elke taxi geblêr. Maar daar was groot oomblikke. Die heel snaaksste ding op vanjaar se KKNK was ‘n...

kobus! en kettings in die kelder van my psige
Deborah Steinmair - 2007-04-24
My agterkleinniggie (ons oeroupagrootjies was ou Piet Retief en sy broer onderskeidelik) Sonia Cabano het op SêNet die volgende oor swaarmetaalmusiek geskryf: Swaarmetaal is 'n ripoff – die hele musiekgenre. Dis dalk lekker om daarna te luister wanneer mens bang/kwaad/bedonnerd voel, maar dit is ten slotte 'n uiters beperkte genre. Swaarmetaal teer op menslike alienation en vrees, urban angst, godsdiens en geloof, en die hele kaboedel wat daarmee gepaard gaan. Met dieselfde ou riffs...


<< 1 2 >>