Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 9 >>

Harry Kalmer se skryfkursus
2011-08-23
Untitled Document Skryfkursus Pierneef Teater in Pretoria 27 Augustus en 3 September Harry Kalmer bied weer sy gewilde tweedag-skryfkursus aan. Op 27 Augustus en 3 September word dit aangebied by die Pierneef Teater in Pretoria. En op 10 en 17 September in Johannesburg. In Oktober word die werkswinkels in Hermanus en in Kaapstad aangebied. Sedert Harry se eerste suksesvolle skryfwerkwinkel in 2010 het tientalle mense dit bygewoon. Harry is bekroon vir sy boeke, drama’s en koerantrubrieke...

Kreatiewe Skryfkursus by La Creuzette, Frankryk
2011-07-13
Untitled Document Kreatiewe Skryfkursus Château La Creuzette in Boussac, Frankryk 26 Mei – 2 Junie 2012 Fooi: €2 750 pp Bookings: (021) 461 2519 ’n Oorgawe aan woorde, wyn en kuns Algemene Inligting ’n Skryfkursus in ’n inspirerende ruimte op die Franse platteland. Ontluikende skrywers kry die geleentheid om hul vir ’n week lank toe te wy aan hul kunstenaarskap, onder die bekwane leiding van een van ons voorste skrywers. Hierdie unieke...

ATKV-skryfskool vir liefdesverhaalskrywers
2011-06-14
Untitled Document Lenteskool vir Liefdesverhaalskrywers PUK Sports Village, NWU, Potchefstroom 1-3 September 2011 Koste: R2 500,00 per persoon (2 persone per kamer, ontbyt ingesluit). Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit in samewerking met LAPA Uitgewers bied van 1-3 September 2011 die jaarlikse slypskool in die skryf van liefdesverhale aan. Hierdie slypskool van drie dae, wat plaasvind by die PUK Sports Village van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom,...

Departement Afrikaans en Nederlands, US Skrywerswerkswinkels
2011-06-07
Untitled Document Skrywerswerkswinkels Vrydag 24 en Saterdag 25 Junie 2011 Poësie en Prosa (Kortverhale) Koste: R425 (R325 vir studente ) Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch bied vanjaar weer werkswinkels aan vir studente en lede van die publiek. Die doel met ons jaarlikse werkswinkels is om aan aspirantskrywers die geleentheid te bied om hul talente te slyp onder leiding van ’n gevestigde skrywer of ’n kundige uit die skryf- en uitgewersprofessie....

Departement Afrikaans en Nederlands, US Stellenbosch Skywerswerkswinkel
2011-05-17
Untitled Document Skrywerswerkswinkels: Poësie en Prosa (Kortverhale) Departement Afrikaans en Nederlands (kamer 693), Stellenbosch Vrydag 24 en Saterdag 25 Junie 2011 Fooi: R425 vir die publiek | R325 vir studente Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch bied vanjaar weer werkswinkels aan vir studente en lede van die publiek. Die doel met ons jaarlikse werkswinkels is om aan aspirantskrywers die geleentheid te bied om hul talente te slyp onder leiding...

Tafelberg-Uitgewers slypskool tydens Volksblad-kunstefees
2011-05-17
Untitled Document Tafeberg-Uitgewers slypskool Bloemfontein (die lokaal sal later bevestig word) 12 en 13 Julie 2011 Fooi: R1 500 (etes en verversings ingesluit) Studente mag gratis deelneem, maar sal ook gekeur word. Wil jy fiksie publiseer? Dan is die letterkunde self die beste leerskool. Tafeberg-Uitgewers bied ‘n slypskool aan om saam te val met die Volksblad-kunstefees in Bloemfontein. Dié kursus wys jou: 1. Hoe die letterkunde jou leer sien luister en voel sodat...

SkryfNet XXV: Ongetiteld (finale weergawe)
Hilda Smits - 2010-06-30
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Finale weergawe van Hilda Smits se gedig: Pa, ek rook weer vanaand ’n sigaret op jou. Die wind gryp die rook in ’n dronk dans en warrel saam met ’n kaleidoskoop verlepte herfsblare, en in die kaal stram arms van die reuse-akkerboom sien ek jou weer dans op Neil Diamond, jou voete wat lomp vastrap, die vibrasie van jou vals stem, en die vuur se tong, die vlam se mal gebare. En op die rug van die wind die woorde:...

SkryfNet XXV: Drogbeelde (finale weergawe)
Hilda Smits - 2010-06-30
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Finale weergawe van Hilda Smits se gedig: Drogbeelde (voorheen Onsamehangende midnag gedagtes) Tongknopende terminologie. Swart drie-uurkoffies. Die sukkelende swenk en val van die horlosiebeen Tussen mense op donnerende ondergrondse treine En in kliniese winkelsentrums wankelend onder die wit lig die koue teëls vibreer...

SkryfNet XXV: Nagmusiek (finale weergawe)
Isabel Niemand - 2010-06-30
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Finale weergawe van Isabel Niemand se gedig: Nagmusiek Jazz-musiek spoel oor die Leidse Plein – ’n melodie wat haar eensaamheid vertolk – die lil van klokke, ’n loeiende sirene. Ritmiese knip-knip van die Rooi Oog in ’n venster, wyl die mannekyn agter die sagte toeval van ’n fluweelgordyn verdwyn. Haar hart ’n tromspel teen sy bekende bors emosie ’n ongenooide klant; hul eenheid ’n...

SkryfNet XXV: 'n Winterwind (finale weergawe)
Isabel Niemand - 2010-06-30
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Finale weergawe van Isabel Niemand se gedig: ’n Winterwind Langs die Weskus vandag, wind waai herinneringe terug na jou; speseryparfuum en ’n bloubont Persiese serp, ons gedeelde landskappe genadiglik ver. Op die platform wag jy my in, middagete op Matjiesfontein, tee op Touwsrivier by Kom Kyk Motors. Jou lag by my tuis, met terloopse vat aan ’n Delftbord. Sand waai teen my op, ’n verlate strand;...

SkryfNet XXV: Kortpad (finale weergawe)
Isabelle Nell van Niekerk - 2010-06-30
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Finale weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig: Kortpad 4x4’s jaag ’n stofstreep op die tweespoorkortpad, verby sinkkaias. Betyds vir die oggenddiens. Tussen die shacks aas bronstige honde; vroue skud kooigoed uit. Grint sif neer op halfgaar skaapkoppe, nat wasgoed en drinkwater. Transistormusiek pols deur die plakkersdorp. Gehurk in die stof gooi dwellers dice; die jonges diskidans Tydens die oggenddiens word...

SkryfNet XXV: In transito (finale weergawe)
Isabelle Nell van Niekerk - 2010-06-30
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Finale weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig: In Transito gereed om weg te breek uit dié begrensde bestaan op soek na ewigheidsdeeltjies gevleg aan die waarheid waaroor die geheim swyg wil niks nalaat nie ’n gedagte of gedig niks nie kyk na die tapisserie van dinge enorm en klein verweef en verwant God mens buffel ametis arend roos selakant. kan nie langer vertoef nie die spiraalarms...

SkryfNet XXV: Androïed – ’n selfportret (finale weergawe)
Lee Beeslaar - 2010-06-30
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Finale weergawe van Lee Beeslaar se gedig: Androïed – ’n selfportret “Your system has encountered a serious problem and needs to shut down …” Die spieël kaats brokkies menswees terug; elektriesblou die skerwe van die oë wat desperaat soek na beheer voordat jy vlug – weg van 'n kind se onvermoë. Wis uit die frons en glimlag Want menswees en...

SkryfNet XXV: Enigste I (finale weergawe)
Lee Beeslaar - 2010-06-30
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Finale weergawe van Lee Beeslaar se gedig: Enigste I Ek was verwonderd oor jou eerste dowwe beeld; die eerste vlinderroering in my lyf – my liggaam eindelik van waarde. Jy’t my voltooi. Volmaak het jy in my gegroei. Al duideliker die beeld van jou in my. Ek’t diep in my gaan soek na alles wat verhaspel of verderf. Ek wou dit uit my wese skroei. Ek wou die skewe griffel van my erfenis wegkeer van jou blanko lei,...

SkryfNet XXV: Aflos oor tydsones (finale weergawe)
René Lötter - 2010-06-30
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Finale weergawe van René Lötter se gedig: Aflos oor tydsones Wanneer die son aan hierdie kant van die aarde opkom en die voëls by die water kom drink hou my droom op soos joune anderkant begin. Soos jy aankom waar ek pas vertrek het wanneer die slaapnewels uit my brein begin verdamp en die sluiers om joune begin vou satellietfoto’s van ’n orkaan ’n draaiende massa wolke en wind wonder ek of...

SkryfNet XXV: Leksikografie vir ons lyke (finale weergawe)
René Lötter - 2010-06-30
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Finale weergawe van René Lötter se gedig: Leksikografie vir ons lyke Dood is ’n afrodisiak, het jy altyd sinies gelag Ons is geneties geprogrammeer om freneties te teel as ons in die spasie tussen die hark se tande bly staan Maar wat kan ek nou vir jóú sê? oorlewende, naasbestaande, weduwee in rou. watse grimering kan ons aan hierdie monster smeer? Bybel, Boeddha, bier? Nietzsche, nihilisme?...

SkryfNet XXV: Johannes Prins se tweede verslag
Johannes Prins - 2010-06-03
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede verslag deur Johannes Prins: Partykeer kom ’n vers soos ’n maagaandoening na mens toe. Jy voel jy móét eenvoudig nóú gaan skryf en dinge val meestal redelik vinnig in plek. Óf, perfek in plek. Ander kere is skryf (van poësie) soos om ’n baie hoë berg te klim (kom ons neem Everest – dis mos nou dié seisoen): Eers moet jy verskeie weke in die...

SkryfNet XXV: Joan Hambidge se tweede verslag
Joan Hambidge - 2010-06-03
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede verslag deur Joan Hambidge: Ek het in my eerste verslag etlike tekste voorgeskryf en ’n mantra vir die digter gegee: Dít wat ek wil sê, moet op ’n eerste vlak duidelik wees; daarna kan dit simboliese of komplekse interpretasies oproep; elke woord moet op sy plek wees – gooi oordadige woorde uit; bly weg van vae of gesogte beelde; dig konkreet en span jou sintuie in om ’n abstrakte...

SkryfNet XXV: Ongetiteld (tweede weergawe)
Hilda Smits - 2010-05-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede weergawe van Hilda Smits se gedig: Pa, ek rook weer vanaand ’n sigaret op jou. Die wind gryp die rook in ’n dronk dans en warrel saam met ’n kaleidoskoop verlepte herfsblare, en in die kaal stram arms van die reuse-akkerboom sien ek jou weer dans op Neil Diamond, jou voete wat lomp vastrap, die vibrasie van jou vals stem, en die vuur se tong, die vlam se mal gebare. En op die rug van die wind die woorde:...

SkryfNet XXV: Drogbeelde (tweede weergawe)
Hilda Smits - 2010-05-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede weergawe van Hilda Smits se gedig: Drogbeelde (voorheen Onsamehangende midnag gedagtes) Tongknopende terminologie. Swart drie-uurkoffies. Die sukkelende swenk en val van die horlosiebeen Tussen mense op donnerende ondergrondse treine En in kliniese winkelsentrums wankelend onder die wit lig die koue teëls vibreer...

SkryfNet XXV: Nagmusiek (tweede weergawe)
Isabel Niemand - 2010-05-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede weergawe van Isabel Niemand se gedig: Nagmusiek Jazz-musiek spoel oor die Leidse Plein – ’n melodie wat haar eensaamheid vertolk – die lil van klokke, ’n loeiende sirene op ’n heel ander noot. Ritmiese knip-knip van die Rooi Oog in ’n venster, wyl die mannekyn agter die sagte toeval van ’n fluweelgordyn verdwyn. Haar hart ’n tromspel teen sy bekende bors emosie...

SkryfNet XXV: 'n Winterwind (tweede weergawe)
Isabel Niemand - 2010-05-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede weergawe van Isabel Niemand se gedig: ’n Winterwind (voorheen Verlange) Vandag langs die Weskus waai die wind soveel herinneringe terug na jou die geur van jou parfuum aan my nek, om my skouers die bloubont serp gekoop op ’n Persiese mark ons gedeelde landskappe genadiglik ver; jy wat my op die platform vir die Transkaroo inwag, middagete op Matjiesfontein, tee by Kom Kyk Motors op Touwsrivier. Maar selfs...

SkryfNet XXV: Kortpad (tweede weergawe)
Isabelle Nell van Niekerk - 2010-05-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig: Kortpad (voorheen Grenslose suburbia) Sondae ry 4x4’s kortpad deur die plakkerskamp na die parkeerterrein van die Mega-gemeente langsaan. Die tweespoorsandpad swenk deur die suburban ghetto. Squatters sit in die son voor sinkkaias. Tussen die shacks aas bronstige honde vrouens skud kooigoed uit. Dit reën grint en stof op runaways en skaapkoppe wat vet drup in die...

SkryfNet XXV: In transit (tweede weergawe)
Isabelle Nell van Niekerk - 2010-05-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig: In transit Gereed om weg te breek uit die begrensde bestaan opsoek na ewigheid-deeltjies gevleg aan die waarheid waaroor die Geheim swyg. Wil niks nalaat, nie ’n gedagte of gedig, niks nie, aanbeweeg na die onbekende, in verwondering kyk na die tapisserie van enorme en klein dinge, verweef en verwant: God mens buffel ametis arend roos koelakant Kan nie langer vertoef...

SkryfNet XXV: Aflos oor tydsones (tweede weergawe)
René Lötter - 2010-05-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede weergawe van René Lötter se gedig: Aflos oor tydsones Wanneer die son aan hierdie kant van die aarde opkom en die voëls by die water kom drink hou my droom op soos joune anderkant begin. Soos jy aankom waar ek nou net vertrek het wanneer die slaapnewels uit my brein begin verdamp en die sluiers om joune begin vou satellietfoto’s van ’n orkaan ’n draaiende massa wolke en wind wonder ek of...

SkryfNet XXV: Leksikografie vir ons lyke (tweede weergawe)
René Lötter - 2010-05-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede weergawe van René Lötter se gedig: Leksikografie vir ons lyke Dood is ’n afrodisiak het jy altyd sinies gelag en ons is geneties geprogrammeer Om freneties te teel as ons in die spasie tussen die hark se tande bly staan Maar wat kan ek nou vir jóú sê? oorlewende, naasbestaande, weduwee in rou watse gimering kan ons aan hierdie monster smeer? Bybel, Boeddha, bier? Nietzsche, nihilisme?...

SkryfNet XXV: Androïed – ’n selfportret (tweede weergawe)
Lee Beeslaar - 2010-05-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede weergawe van Lee Beeslaar se gedig: Androïed – ’n selfportret “Your system has encountered a serious problem and needs to shut down …” Die spieël kaats brokkies menswees terug; Elektriesblou die skerwe van die oë wat desperaat soek na beheer voordat ek vlug – Weg van ’n kind se onvermoë. Wis uit die frons en glimlag Want menswees ...

SkryfNet XXV: Enigste I (tweede weergawe)
Lee Beeslaar - 2010-05-04
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede weergawe van Lee Beeslaar se gedig: Enigste I Die sondes van die vadere Ek was verwonderd oor jou eerste dowwe beeld; Die eerste vlinderroering in my lyf – My liggaam eindelik van waarde. Jy’t my voltooi, volbring. Volmaak het jy in my gegroei. Al duideliker die beeld van jou in my. Ek’t diep in my gaan soek na alles wat verhaspel of verderf. Ek wou dit uit my wese uitskroei. Ek wou die skewe griffel...

SkryfNet XXV: Joan Hambidge se eerste verslag
Joan Hambidge - 2010-04-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Eerste verslag deur Joan Hambidge:   Die grootste mite op aarde is dat ‘n digter ‘n sensitiewe persoon is en daarom goeie gedigte skryf. Jy moet wel leer om jou emosies te manipuleer en te beheer, maar die belangrikste vaardigheid wat jy moet aanleer, is om die gedig tegnies te beheer. En hiervoor moet jy ten minste Groot verseboek 2000 lees en bestudeer. Die volgende handleidings kan jou verder help: Camille Paglia se Break...

SkryfNet XXV: Johannes Prins se eerste verslag
Johannes Prins - 2010-04-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Eerste verslag deur Johannes Prins:   Ek het nogal gewonder hoe dit sou werk om as “inwonende digter” vir ’n virtuele ruimte op te tree. Dis vir my so ’n bietjie Johnny Mnemonic meets die Huis van die Dowe. En hier met die instaan vir Carina, vir wie ek die grootste respek het, sou ek nie sê ek’s ’n inwonende digter nie – eerder ’n bywonende digter … My kommentaar as bywoner dan:   Lee...

SkryfNet XXV: Enigste I (eerste weergawe)
Lee Beeslaar - 2010-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Eerste weergawe van Lee Beeslaar se gedig: Enigste I as jy kon weet van die wonder waarmee ek jou eerste dowwe beeld begroet het van die vreugde waarmee ek uiteindelik my liggaam bejeën het hoe jy my volkome gemaak het ek word ons een, enigste, nooit meer alleen nie ek het in my siel gegrawe wou alles wat verhaspel, verderf, verniel uit my wese uitskroei, uitdoof wou jou beskerm teen die moontlikheid dat...

SkryfNet XXV: Androïed (eerste weergawe)
Lee Beeslaar - 2010-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Eerste weergawe van Lee Beeslaar se gedig: Androïed Die spieël kaats brokkies menswees terug Elektriesblou skerwe in die oë verraai die kortsluiting In die moederbord Wis uit die frons, die glimlag Elke spier moet glad en goed beheers vertoon Oefen tot geen teken van die elektroniese warboel In die sentrale prosesseringseenheid ooit Van buite waargeneem kan word nie Beveilig met brandmuur...

SkryfNet XXV: Aflos oor tydsones (eerste weergawe)
René Lötter - 2010-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Eerste weergawe van René Lötter se gedig: Aflos oor tydsones Wanneer die son aan hierdie kant van die aarde opkom En die voëls by die water kom drink Hou my droom op wanneer joune daar anderkant begin. Soos jy aankom waar ek nou net vertrek het wanneer die slaapnewels uit my brein begin verdamp en die sluiers om joune begin vou soos satellietfoto’s van ’n orkaan ’n draaiende...

SkryfNet XXV: Leksikografie vir ons lyke (eerste weergawe)
René Lötter - 2010-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Eerste weergawe van René Lötter se gedig: Leksikografie vir ons lyke Dood is ’n afrodisiak Het jy altyd sinies gelag En ons is geneties geprogrammeer Om freneties te teel As ons in die spasie tussen die hark se tande bly staan Maar wat kan ek nou vir jóú sê? Oorlewende, naasbestaande, weduwee in rou Watse gimering kan ons aan hierdie monster smeer? Bybel, ...

SkryfNet XXV: In transit (eerste weergawe)
Isabelle Nell van Niekerk - 2010-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Eerste weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig: In transit My fotofobiese bestaan is ’n oertydse fossiel vasgebed onder stof en puin in die korteks van die vergete. Hier’s niks wat ek wil nalaat nie – nie ’n gedagte of gedig nie. Die oorbekende wil ek afstroop, die bindings losknoop en onbegrens aanbeweeg na ’n plek iewers daar buite. My verlange stu en beur lynreg op die...

SkryfNet XXV: Grenslose suburbia (eerste weergawe)
Isabelle Nell van Niekerk - 2010-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Eerste weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig: Grenslose suburbia Sondae ry 4x4’s kortpad deur die plakkerskamp na die parkeerterrein van die Megagemeente langsaan. In dié suburban ghetto sit squatters in die son voor die sinkkaias. Tussen die shacks aas bronstige honde en skud vroue kooigoed uit. Runaways en skaapkoppe drup vet in konkas en transistormusiek pols deur die plakkersdorp....

SkryfNet XXV: Ongetiteld (eerste weergawe)
Hilda Smits - 2010-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Eerste weergawe van Hilda Smits se gedig: Ongetiteld Pa, ek rook weer vanaand 'n sigaret op jou. Die wind gryp die rook in 'n dronk dans en warrel saam met 'n kaleidoskoop verlepte herfsblare, en in die kaal stram arms van die reuse-akkerboom sien ek jou weer dans op Neil Diamond, jou voete wat lomp vastrap, die vibrasie van jou vals stem, en die vuur se tong, die vlam se mal gebare. En op die rug van...

SkryfNet XXV: Onsamehangende midnag gedagtes (eerste weergawe)
Hilda Smits - 2010-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Eerste weergawe van Hilda Smits se gedig: Onsamehangende midnag gedagtes Tongknopende terminologie, swart drie-uur koffies, die sukkelende swenk-en-val van die horlosiebeen. Tussen Mense. Op donnerende ondergrondse treine. En in kliniese winkelsentrums, wankelend onder die Wit Lig. (Die koue teels vibreer ritmies, en in die vuil cosmetics spieel deins-deins my bleek gesig tussen weg-en-terug.) Ek, en When Harry Met Sally. Ek in ...

SkryfNet XXV: Nagmusiek (eerste weergawe)
Isabel Niemand - 2010-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Eerste weergawe van Isabel Niemand se gedig: Nagmusiek Nagmusiek is nou met jou siel verweef dit speel af in die onbewuste en weerkaats hoe jy oorleef. Die lilt van klokke uit ’n Ou en Nieuwe Kerk en gerusstellende loei van ’n sirene op geheel ’n ander noot. Ritmiese knip-knip van ’n Rooi Lig in ’n leë venster terwyl die menslike mannekyn agter die sagte toeval van ’n fluweelgordyn...

SkryfNet XXV: Verlange (eerste weergawe)
Isabel Niemand - 2010-04-09
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Eerste weergawe van Isabel Niemand se gedig: Verlange Vandag mis ek jou meer as gister. Ek wil iewers langs die Weskus gaan loop dat ’n ongekende wind my hartseer kan wegwaai. Terwyl seesand onder my lang rok opwarrel en my kaal bene seer piets. My verstand onrustig: ’n soeke na jou, ’n soeke na iets. Woel ek die bloubont serp wat jy op ’n Persiese mark gekoop het, stywer om my vas; jou...

SkryfNet XXIII: Herlewing (finale weergawe)
Elizabeth Kendall - 2010-03-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Finale weergawe van Elizabeth Kendall se gedig: Herlewing Jy het na my gekom toe die garsland aan doodgaansiekte wou beswyk toe die kruike leeg en koud en krakerig was tog het die wind gedraai en dans verdwaalde klanke nou in druppels tussen my en jou koring en gars staan blinkvet in die aar daar’s komyn en spelt tot wie weet waar en uit die wingerd, pers en groen, word kan en kruik tot teen die rand gevul...

SkryfNet XXIII: Donor (finale weergawe)
Hendrik Botha - 2010-03-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Finale weergawe van Hendrik Botha se gedig: Donor My hart op veertig by bruikbaarheid verby, my niere op vyftig uitgeloog, lewer deur oordaad uitgedroog, longe wat hyg aan teer en nikotien maar ek stuur vir jou my oë, in lewe blou om die korneas oor te plant sodat jý met ander oë na dieselfde son en sterre as ek in verwondering kan kyk. maar mag die laaste prentjie, vandag onherroeplik op my netvlies...

SkryfNet XXIII: Krisis (finale weergawe)
Bibi Slippers - 2010-03-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Finale weergawe van BiBi SLiPPeRS se gedig: Krisis Yalkarra bring droogte na die leë land. Ek keer ’n glas water voor my lessenaar om, versteen, verstaan wat ’n nat vlek voorspel … Sewe soorte waspoeier spoel ekovriendelike verwarring in die supermark se gange uit; “Alles sal verander,” sug die skuimende see. Veldbrand in die vrieskas ystydperk in die oond my netjiese romp word groen...

SkryfNet XXIII: Tweede maal tropies (finale weergawe)
Bibi Slippers - 2010-03-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Finale weergawe van BiBi SLiPPeRS se gedig: Tweede maal tropies Op pad terug van die mark af besef ek wíl hier wees, by jou. Ek pak ons oes op die tafel uit verdeel my vertelling in hoofstukkies vrugte; transponeer versigtig na die vreemde toonaard van jou tong: hierdie piesangs: die vallei naby Melmoth as mens amper terug in Empangeni is; hierdie papaja: ek klim kaalvoet die bure se boom, die vrug val...

SkryfNet XXIII: Nokturne (finale weergawe)
Elizabeth Kendall - 2010-03-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Finale weergawe van Elizabeth Kendall se gedig: Nokturne Dis Juniemaand in Bronkhorstspruit en deur die vensterruit sien ek die bome buig en wieg in ysige winterwind dis koud, my kind my kersie brand ’n klein wit lig teen die stilte van die nag waar alles sag asemhaal en wag uit my vulpen se mond rol dapper woorde oor skemervlaktes wit waar ek hier vroegoggend sit en kyk hoe verwronge skadutonge teen...

SkryfNet XXIII: Grafskrif (finale weergawe)
Hendrik Botha - 2010-03-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Finale weergawe van Hendrik Botha se gedig: Grafskrif Na byna dertig jaar, verslete skoolgetuigskrif wat moeilik lees: Individualis, Voel vinnig ingeperk, Kom nie tot sy reg in spanverband, Bied nie wat konvensie vra. Altyd huiwerend op die periferie waar meer asem is as wat die muwwe mainstream bied. Somtyds raak dit eensaam daar, en soos vir Bukowski sou dit ’n leeftyd neem om te verstaan dat eensaamheid...

SkryfNet XXIII: afgedwaalde (finale weergawe)
Adri Swart - 2010-03-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Finale weergawe van Adri Swart se gedig: afgedwaalde die nag is vroegryp alles slaap koppies, pierings, selfs ’n langoor-hus net ek wat oop-oog skaapsterre tel (as een verskiet) die dreuning van ’n Cessna versteur die ritme sodat ek weer van voor af moet minus en die afgedwaalde plus in my voet wat slaap (gelukkige hy) maak sterre blinkoog nes kry dan sy lê aan jou kant van die bed waar slag...

SkryfNet XXIII: kliptuin (finale weergawe)
Adri Swart - 2010-03-10


SkryfNet XXIII: Digterdroom (finale weergawe)
Elmarie Viljoen - 2010-03-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Finale weergawe van Elmarie Viljoen se gedig: Digterdroom Elke aand skryf sy haar skaamwit nagrok versigtig vol gedigte: verse met roerlose klanke en ritme wat skaars ritsel soos sagte papier. So raak sy dan aan die slaap: geklee in strofes sonder some en skewe-naat-rympatrone, en bly droom van eendag waarlik digter wees. Maar een nag (die maan ’n toe oog in die lug) sterf sy in die rok,...

SkryfNet XXIII: Hondelewe (finale weergawe)
Elmarie Viljoen - 2010-03-10
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie Finale weergawe van Elmarie Viljoen se gedig: Hondelewe Een môre kon hy, met dowwe pels en droë snoet, sy waterbak nie meer haal nie. Baas moes toe God speel en besluit dat Wagter lank genoeg geleef het: sy blaf is weg, so ook sy byt. Maar vanoggend in die spieël lyk selfs Baas se oë skielik dof en – vooruitbepaal, dog onverwags – kry nog ’n hond sy dag.<<...


<< 1 2 3 4 9 >>