Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 8 >>

’n Gevoel vir ’n man
Jaco Fouché - 2011-12-13
Die werk is by die kerk. Sy is vier-en-vyftig. “Geen afhanklikes nie?” vra die pastoor. “Nee.” Sy sê nie sy het twee verhoudings beleef waarvan een byna tot ’n huwelik gelei het nie. Dis lank terug. “As jy die ergste las van my kan afhaal tot dit somer is, help dit. Meestal hoef jy net te luister en dan bid jy. Af en toe is iets meer dalk nodig.” Barbara knik. Sy gaan die werk goed doen. “Ek kyk hoe vaar jy. Dit kan permanent wees.” Die...

Deine schöne Gestalt
Marlise Joubert - 2011-12-07
Hy was nooit van hierdie wêreld nie. Veral nie van hierdie stomende stofstrate en verslonste bougainvilleas wat oor onwit gebreekte muurtjies hang nie. Nog minder van meer veraf dinge soos die staalbesems van die kerkklokke wat in die bodorp al om die ander uur hulle vee-ritmes laat klink. As hy was, sou ek seker nie vir jare daarna so dikwels snags van hom gedroom het nie. Soms het ek gedink hy was ’n ander weergawe van ’n Christusfiguur uitgestuur een oggend toe die wind sy...

Op die Waagplein
Marlise Joubert - 2011-12-01
Ek het lanklaas iets van jou gehoor. My man het melding gemaak, net terloops, van jou e-pos-brief – reeds maande terug – wat die troue van jou seun, Balt, in die klein stad Kampen langs die Ijselmeer, beskryf het. Hy sou die brief vir my wys, maar soos dikwels het hy tussen al die saketransaksies vergeet daarvan. Nie moedswillig nie. Net vergeet. Ek het nou daarvan onthou. Ek het ook onthou dat ek lanklaas enigiets van jou gehoor het. Ek was die hele dag ongelukkig hieroor,...

The Exploding Trousers Part 2
Richard Jurgens - 2011-11-16
Read Part 1 here ... II “Dude,” said a voice that seemed to be coming through a plastic megaphone, “dude, wake up!’ Hilton Ellis opened an eye, and was rewarded with a sideways-on view of the gopher, Rory, of course: standing over his bed. “Can’t,” he said, turning over. “Maybe tomorrow.” Rory had not got his job as the messenger on the shoot of King Solomon’s Mines for nothing. He’d grown up on a farm in the district and had...

The Exploding Trousers Part 3
Richard Jurgens - 2011-11-16
Untitled Document Read Part 1 here ... III The picture was blurred at first, but gained in clarity as his eyes gradually adjusted to the dim light. It was a black-and-white line drawing, or an etching perhaps, in the style of illustrations in Victorian adventure stories. A woman was standing with her arms raised as she pulled aside the heavy drapes that surrounded her inner chamber. Behind her, a few economically drawn lines suggested a bed. The woman wore a light chemise that hid rather than...

Die man wat so eerlik was
Pienkes du Plessis - 2011-10-25
Meneer Daniël Graabe se eerlikheid is onomstootlik te bewys uit die volgende feite: Dit was sewe minute voor twaalf die Saterdagoggend toe hy ontdek dat daar ’n duisend pond uit die brandkas gesteel is. “Dit was ’n fout om nie vanoggend die geld te gaan bank het nie,” sê hy vir sy seun Christo. “Ek sal Maandag ’n opdrag uitreik dat alle departemente voortaan op Saterdae ’n halfuur vroeër hulle inbetalings by jou maak.” Daarmee het...

Uit Blou Maandag: Ek en my hond op ’n Maandagoggend
Erns Grundling - 2011-10-18
Ek is ’n linkshandige Skerpioen, gebore op 12 November 1979. ’n Maandag. Dieselfde jaar was die Boomtown Rats se popliedjie “I Don’t Like Mondays” ’n treffer. Later jare sou ek die liedjie dikwels hoor op Radio Algoa, die radiostasie waarmee ek op Uitenhage in die Oos-Kaap grootgeword het. Maar eers onlangs het ek ontdek Bob Geldof se inspirasie vir die lirieke was ’n 16-jarige meisie, Brenda Ann Spencer, wat op 29 Januarie 1979 by die Cleveland Elementary...

Uit Blou Maandag: ’n Maniese Maandag
Deborah Steinmair - 2011-10-18
Untitled Document and the lesson today is how to die and then the bullhorn crackles and the captain tackles with the problems and the hows and whys and he can see no reasons ’cos there are no reasons what reason do you need to die? – “I don’t like Mondays”, The Boomtown Rats Die nag voor die moord het ek diep en behaaglik geslaap. Dit was die laaste goeie nagrus van my lewe. Die volgende dag, Maandag, sou ’n rustige dag wees. My voorbereiding vir Dinsdag...

Die vierde wedren
Marlise Joubert - 2011-09-20
Untitled Document Ek het die helmet vir Pa aangegee. Voordat hy dit sou opsit, het hy sy kop laat sak, gebid soos altyd: “Omgord my met u krag vir die stryd. Laat my teenstanders onder my buk. Amen.” Toe gee ek die handskoene ook vir hom. Dit was die gewone ritueel. Igor het langs my gestaan. Die res van die pit crew was nog besig met verstellings. “Moenie worrie nie, Dan,” sê Igor. “Ons het die tyres stywer gepomp soos jy gevra het. Vandag is jy weer die...

’n Bietjie meer regs, baas Jack
Marius Ackermann - 2011-09-16
Selfs die CIA se enigsins oningewyde snuffelaars kon onmiddellik agterkom waar Fanie Verspuy se hart sit. Stapels lêers en ’n verweerde mat kry jy in elke staatsdienskantoor, maar hier is dit die mure wat praat: ‘n jeugdige Naas Botha wat die leerbal sool, ‘n lugfoto van die Uniegebou en ‘n landsvlag wat in drie kleure waai, ’n bebloede Thys Lourens wat die Curriebeker omhoog hou en, in die ereplek, ’n ou foto wat bevestig dat wat verbrou is, is verbrou:...

Damwal
Willem de Vries - 2011-08-25
Untitled Document Dis seker moegheid wat my die aand van ’n plek ver van die stadsgeruis laat droom het. Ver van waar ek beroof is; waar die rooi liggie van ’n polisieskut op my gerus het toe dit ’n dief gevolg het; waar vier mans later sy mes by hom afgeneem het in die middestad oor etensuur. My kop moes net kussing gevat het, toe is ek in ’n voorkamer van ’n plaashuis. Dit ruik na die doringbome en die stof van die Klein Karoo, maar ek ken nie die huis nie. ’n...

Watteau
Hennie Aucamp - 2011-08-25
Untitled Document Die hele ding het in ’n droom tot my gekom en daarom sal dit wel waar wees. Ek droom ek reis deur die land met ’n slank, bleek man in my geselskap; ’n Europeër op besoek. In die motor speel hy met iets wat hy iewers opgetel het. ’n Veer, sê ek wysneusig. ’n Varing, sê die Europeër koppig. ’n Varing sou al lankal verwelk het, kap ek teë. ’n Veer is nie groen nie, sê die Europeër. Die ding wat ’n...

Onder ’n moerbeiboom
Marlise Joubert - 2011-08-25
Untitled Document Só is dit dan! Hier staan ek. In die tou van die werkloses. ’n Lang tou wat lui om die kantoorhoeke afslang na die sykant van die landdroshof – die afgedanktes, die pakkettiele, die geraktes. Ek staan ingedruk tussen ’n onbekende bruin vrou voor my en ’n man agter my. Leun teen die kalkwit koeltes van die gebou en neem my nuwe afgelegde status weer in oënskou. Anderkant die smal klipsteeg, op die oorkantste sypaadjie, staan ’n massiewe...

Eerste hoofstuk: Piekniek by Hangklip
Kerneels Breytenbach - 2011-08-24
Piekniek by Hangklip Kerneels Breytenbach Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798156035 Prys: R220.95Beskikbaar vanaf 12 September 2011 Oor Die Tragiese Gebeurde In Gauteng Wat Ons Verhaal Voorafgegaan Het Prent jou dit in: Joshua Gumbo voer vroeg in April ’n opdrag van die Lucky Thirteen-sindikaat uit om ’n luukse rooi 4x4 van Japanse fabrikaat af te neem by Sonja Griessel. Hy is senuagtig. Sy woon by haar ouers. En die plek is nie soos hy verwag het dit sou wees nie. Die...

Die slagding
Nini Bennett - 2011-08-16
“Hierdie slagdingetjie bêre ek vir Kersfees,” sê mevroudominee en lig die kisvrieskas se deksel. In die skemerlig van die garage kyk ek na die skapie, verwerk en verseël in groot snitte. Daar is ysdonsies op die plastiek. “Ek het hom gistermiddag ingesit,” en sy druk die deksel ingenome toe. “Een van my pasiënte – nou ’n goeie kennis van my – het dit gebring. Jy weet, toe my man nog in die bediening was, het die gemeente ons...

Sonja se nighty
Izak de Vries - 2011-08-02
Untitled Document Hy draf nou al vier jaar hier deur townships van Venda. Drie van daardie jare se alternerende weeksdae behoort om 05h30 aan Sonja. Hy onthou nog die eerste keer. Dit was ’n koue dag en die mis het oor die vallei gelê. Daar, voor die son nog op is, staan sy in haar uitgewaste nighty. In haar linkerhand hou sy ’n 25 liter drom waarin die water stroom uit ’n gemeenskaplike kraan se bek. Die regterhand keer onwillekeurig oor die borste, haar bene knak en vou...

Onderbelig
Willem de Vries - 2011-07-28
“Onthou jy die eerste keer toe ons gaan fliek het?” vra sy toe hulle al sit. Die ligte is nog aan en die voorskoue het nog nie begin nie. “O ja,” antwoord hy. “Ek het die hele tyd net aan jou sit en dink.” “Wat was die naam van die fliek tog?” dink hy hardop. “Hoor jy wat ek sê?” vra sy. “Dit was so lank gelede.” Hy sê niks verder nie. Sy wou nog iets sê, maar die ligte is reeds verdof. Eers is daar net...

Die man en die wolf
Pienkes du Plessis - 2011-07-12
Untitled Document Dit het alles op ’n besonderse aand gebeur, dieselfde aand dat doktor Markus die erepenning kry. Die Staatspresident gee dit vir hom. Die man wie se naam Barend is en wat ’n beleefde bediende is en wat vir doktor Markus werk, wat, soos almal weet, ’n baie geleerde en vername man is, sê op die besonderse aand vir doktor Markus ’n wolf het uit die dieretuin weggeraak, en dat dit ’n wit wolf is en nie ’n gewone grys wolf nie. Dis maar dieselfde...

Voelers
Marius Ackermann - 2011-06-01
Untitled Document Die weersiens was onverwags. Skaars drie maande na sy dood, en veel gouer as wat Huberta gedink het dit sou wees. Daar was ook ’n element van skok. Nadenke oor reïnkarnasie was nie juis deel van haar pligstaat as sekretaresse in die Departement Dierkunde en Entomologie nie. Toe sy een oggend weer die Departement se stoorkamer binnegaan, sit die kakkerlak haar ewe hups op heuphoogte en betrag. Sy het hom aan die voelers herken, die skraal, sensitiewe vingers wat...

Die man sonder foute
Pienkes du Plessis - 2011-05-12
Untitled Document Daar was eendag ’n man wat niks verkeerd kon doen nie. Tot eendag. Hy het baie dinge ook vooruit geweet. Ook tot eendag. Dit was dieselfde dag. Sy naam is nie ter sake nie, maar ter wille van volledigheid kan gemeld word dat die naam Jakob Versteegh op al sy tersaaklike dokumente staan. Byvoorbeeld op sy doopseel van die kerk en op sy skoolrapporte en op sy troupapiere en ook op sy werkspapiere by meneer Ter Braak se fabriek waar hy in die agterste stoorkamer die papiere...

Dit reën saggies op haar
Reney Warrington - 2011-04-26
Untitled Document Lize staan doodstil. So ook Nina, Henk, JP en Philip, almal netjies in ’n rytjie en vrek ver van die Landcruiser , die fotograaf en die veldgids met sy geweer af. Niemand chirp niemand nie. Daar word skaars, deur geklemde kake, asem gehaal. Die ding is, hulle word bekruip deur Fransien en Fransien was nog haar hele lewe lank onvoorspelbaar. Sy het eers probeer wegkruip agter ’n boom ’n kwart van haar grootte, terwyl die ster, haar broer, van wie sy onafskeidbaar...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: 2050
Coennie Boshoff - 2011-04-07


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Die jaar 2020
Petronella Basson - 2011-04-07


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Reinette Davis - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Yolandi Nel-Ferreira - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Natuurmoeders
Marisa Smalberger - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Die haastige skilpadjie
Jeannette Strydom - 2011-04-05
Die haastige skilpadjie Die berge eenkant. Die see anderkant. Kleinmond in die middel. Die seuntjie sien die haastige skilpadjie wat verwoed skarrel die klowe in. Die grimmige grynslag. Die vuurhoutjie val. Die vlammegeveg tussen fynbos en vuur. Die donker nag. Mensgemaakte lig faal. Die bangmaak-mooi van vuur en vlam teen die horison. Die dag breek oor die swart land. Die seuntjie vra: “Waar is die skilpadjie dan nou?” Klik hier vir die kompetisie-besonderhede. Lees...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Diana Ferrus - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Loerie
Daleen Hillicks - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Annami Simon - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Yztervarkpunt
Christine Neser - 2011-03-30
Yztervarkpunt Dis ’n ligtoring by Gouritzmond. Advasol, ’n prospekteer en gasontginningsmaatskappy in die stal van Billy Masetla en Kie het aansoek gedoen om die hele gebied van Stilbaai tot Gouritz te prospekteer vir gas. Fracking/frakturering sal die waterbronne van Stilbaai, Blombos en Gouritz waarskynlik permanent besoedel. ’n 400 m wye strook verbrande aarde wat oor 60 km tot by Mossgas sal strek, sal die duineveld litteken vir dekades nadat die vyf jaar van gaspotensiaal...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Koper kroonwild
Ester Cloete - 2011-03-30
Koper kroonwild Die nederige verkennergroepie was maar ’n viertal sterk ... met ’n baanbrekerswil en ’n oorlewingsvuur deur eeue gekoester en veredel. Saam het hulle die Karoo omarm met sy ysige wintervaalte en hete somerweelde. Hulle is geboetseer en gebrei verby siektes en vrektes ... Seisoen ná seisoen was daar nuwe spitsoor-rooibruinvreugdes by met troptrots bemagtig. Vandag ... ’n bastergemsboktrop van veertig sterk! Klik hier vir die kompetisie-besonderhede. Lees...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Die luiperd se wens
Helena le Roux - 2011-03-30


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Bewaar ons en ons habitat
Helena le Roux - 2011-03-30


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Lewe
Jenny Fourie - 2011-03-30


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Mens en dier
Petronella Basson - 2011-03-29
Mens en dier Luiperd in die boom. Roerloos. Spiere trillend. Gespitste ore. Starend na die aankomende prooi. Die man kom fluit-fluit aangestap. Veldhoed flap in die wind. Grommend. Een sprong. Mens en dier rol in die stof. Die man lag uit sy maag. Hul daaglikse speletjie. Hy voer strelend die luiperd stukkies vleis. Die luiperd lek sy hand. Onafskeidbare vriende. Hulle het neffens mekaar grootgeword. Klik hier vir die kompetisie-besonderhede. Lees die eerste inskrywings...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Bakoorvos ook
Waldemar Gouws - 2011-03-29


Wanneer die kamer weer stil is
Reney Warrington - 2011-03-23
Lize ruk wakker! Sy vlieg orent, soek na die verdomde wekker op die bedkassie, kry uiteindelik die snooze-knoppie en haal dán eers asem, wanneer die kamer weer stil is. Sy haat wekkers, dink sy, en lê weer terug in die bed. Dit is nog pikdonker buite. En dit reën. Great, sy hoop die tente is waterdig. 04:40 gaan die wekker weer af. Lize skrik dié keer nie so groot nie. Sy draai op haar sy, sit die wekker af en wag. Priya krul teen haar rug op, vou haar arms om haar en...

Urban jungle
Dineke Volschenk - 2011-03-23
Sy word honger wakker. Vir ’n oomblik is sy gedisoriënteer. Wanneer dit gebeur, lê sy gewoonlik eers stil vir ’n ruk, dan word die konteks van waar sy haar bevind weer duidelik. Jare se ondervinding het haar dit geleer. In haar onverantwoordelike jare was dit drankmisbruik wat haar deurmekaar laat wakker word het. Nou, in haar middeljare, is dit bloot net lewensverwarring, en soms die slaappille wat sy drink om dit te ontsnap, wat haar baie diep en vermoedelik droomloos laat...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Gat
Bill Skinner - 2011-03-22


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Nog ’n renoster val
Coennie Boshoff - 2011-03-22


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Lynne Botes - 2011-03-22
Sonja Heroldt sing: “Bring vir die harlekyn nog wyn … ” Die uitheemse harlekynkewer met sy plantluis en kannibalistiese vreetlustigheid moet egter die trekpas kry. Identifiseer hierdie liewenheersbesie volgens die “M”-patroon net onder die kopgedeelte en rapporteer sy teenwoordigheid aan ’n insektekundige. Dink net aan die skade as hierdie kewers saam met druiwe gepars sou word? Dus: geen wyn vir of met hierdie harlekyne nie. Klik hier vir die kompetisie-besonderhede. Lees...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Die olieboortoring
Zenta Haink - 2011-03-22
Die olieboortoring Die olieboortoring troon oorweldigend hoog bokant die wateroppervlak uit. Dieper en dieper boor ons op soek na nog ’n groot oliebron. Dan ruk die boortoring! Het ons moontlik ’n olieput ontdek? Hoera! Nog olie! Boonop stroom die olie in groot massas uit. Ru-olie en smeerolie. Maar wat gaan ons vir ons kinders sê? Wat gaan ons sê van die visolie, die lewertraan en die traanolie? Klik hier vir die kompetisie-besonderhede. Lees die eerste...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Ons sorg vir onsself
Francois van Zyl - 2011-03-16


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Laaste kans
Estelle Nagel - 2011-03-16


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Reina Nieuwoudt - 2011-03-16


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Ina du Toit - 2011-03-10


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Jacques Maree - 2011-03-10


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Geveg
RS Mostert - 2011-03-09


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Hart van steen
Bruno FA Andries - 2011-03-07



<< 1 2 3 4 8 >>