Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Reis | Travel > Artikels | Features

Artikels | Features


<< 1 2 >>

Rome in a (New Year’s) Day
Sadie Jones - 2011-03-29
Winter in Rome is certainly not about snow, sleet and icy winds. And if you find yourself there on New Year’s Eve, you’re in for a few surprises, not least showers of champagne, writes Sadie Jones. Rome is an iconic summer city – flowers in bloom, city squares packed with tourists, comfortable heat and Mediterranean cuisine. Although winter introduces a chill to the air as you scout the famous landmarks, the heat of New Year celebrations turns up the temperature mid-winter in the...

Onthou Parys
Charl Cornelissen - 2010-09-29
Knusse, opdraande hobbelstraatjies van Montmartre, beurend na Sacre-Coeur, statig en heilig wit bo-op die heuwel. Die uitsig oor die Seine, La Tour Eiffel – daai imposante bruin staalspits met sy 689 trappe tot in die middel en die uitsig oor die ou-ou stad, sy rivier en sy oranje, terterige skoorsteentjies bo uit die staalbehemot – en ontelbare ander mooi geboue, almal druppend van geskiedenis, vanaf die Viaduc Du Passy. Besoekers aan Van Gogh se graf Melancholies...

70x7-maalspoort
Johann de Jager - 2010-07-27
"Dis nie een kant op en ander kant af soos die Swartbergpas nie – dis 'n in-en-uitstorie dié: een kant in en ander kant uit, en daar lê die ding nou." Koos Liebenberg was aan die woord. Hy en sy Hannie was Laingsburg toe vir 'n bruilof met hulle nuwe XQ(!). 4x4, gekoop met driekwart van die pakketgeld wat hy gekry het toe hy vir 'n meer korrek geskakeerde staatsdiens plek moes maak. Hy vertel sy buurman hoe Seweweekspoort in die Klein Karoo lyk, maar "vertel" is nie heeltemal...

Ons ry die Kompasbergsirkelpad naby Nieu-Bethesda
Debra de Jager - 2010-04-20
Ons ses dae op Nieu-Bethesda in die Karoo sou nie dieselfde gewees het as ons nie die eerste bewolkte dag op ons BMW GS Adventure-motorfiets gespring het en die sirlkelpad rondom die Kompasberg gaan ry het nie. Dus sny ek en my man, Eugene, toe so tienuur die oggend ’n lyn uit die dorp. Ek’s heel opgewonde om my rystewe weer terug te hê, want ons onlangse trippie deur die Baviaanskloof het my nogal sensitief gelaat vir motorfietsry. Dis asof mens se boude nooit weer agterop...

Toyota Enviro Outreach: Naomi Bruwer gesels met Gerhard Groenewald
Naomi Bruwer - 2009-09-25
LitNet is vir die volgende paar weke 'n mediavennoot van die Toyota Enviro Outreach - 'n omgewingsprojek wat met 'n klein groepie spesialiste 'n reuse-effek ten gunste van bewaring van ons natuurlike erfenis in Suidelike Afrika bewerkstellig. Naomi Bruwer het op Klipbokkop, 'n bergoord tussen Villiersdorp en Worcester en tuiste van die Klipbokkop Goodyear 4x4 Academy, gaan kuier om Gerhard Groenewald, die meesterbrein agter die projek, uit te vra en agter die kap van die byl...

Dinokeng - 'n klein juweel
Yuri Thumbran - 2009-08-13
Die spreekwoord lui: As die berg nie na Mohammed gaan, gaan Mohammed na die berg. In dié opsig kan ’n mens sê dat die Gautengse regering deur sy Blue IQ-projek dieselfde mening gehuldig het toe hy by die Dinokeng-natuurreservaat betrokke geraak het. (Kyk hier) Die reservaat strek van wes tot oos in die gebied tussen die N1 Noord van die Magaliesberg tot buite Cullinan. En van die berg tot noord van Hammanskraal. Dus, ’n groot gebied vir ’n vakansie of ’n naweek-wegbreek....

'n Pampoen by Malips
Johann de Jager - 2008-11-27
As hy nog reg onthou, het Loffie "Ligter" by ons weersiens vertel, moes mens destyds die Olifants meer as kniediep in die water by Malipsdrif deur as jy oor die berg van Ofcolaco se kant af kom. Lyk die drif dalk te veel van 'n bedreiging vir 'n bleeksiel, so, dat hy eerder met die grondpad verbyhou in die hoop om 'n brug vorentoe te kry, ry hy al op die wal langs om na 'n halfuur te ontdek die pad word twee spore, en dié loop later teen 'n dagsoom dood wat as...

Die verlore stad
Elias P. Nel - 2008-11-24
Skrywer Elias P. Nel het nog net op twee plekke gewoon - in Kraaifontein in die Wes-Kaap, waar hy vandag nog tuis is, en tot en met sy 14de jaar op Verneukpan in die Kenhardt-distrik in die Noord-Kaap. Daar waar "sy mense, sy stories" éintlik is, hulle met die prate vol poësie. Foto's: Naomi Bruwer.Dis die storie van 'n verlore stad, 'n magiese "lost city". Want dis weggesteek en niemand of min mense weet daarvan. Nou ja, miskien nie 'n stad nie, ook...

Kratzenstein by weersiens
Johann de Jager - 2008-11-10
(Weersiens was ook al 20 jaar gelede in 1988)Hier lê 'n dynserige blou lug, yl, asof uit 'n waterverfkwassie ingevloei, oor Kratzenstein, waar die sending se klok vandag, na jare, in weersiens, voortlui; soos gewis op alle Sondae sedert my vertrek, bengelend die lui-loom vreedsaamheid van gees waar optoggangers in sektegewaad ry op eselsrûe en eselskarretjies, te voet loop, hul fietse stoot wanneer hul die stoet inhaal onderweg na die klokgelui; integreer, saam hosanna sing op...

Slanghoek bied ontvlugting van die stadsgewoel
Johann H Crafford - 2008-10-23
Ek dreig al lank om in die natuurskone Breedekloof te gaan kuier, en toe ek eendag in die koerant lees van die Slanghoek-bergoord (023-3443138) in daai einste kloof, besluit ek van praat kom tog net niks. Dis dade wat tot iets lei, en onlangs vat ek en vroulief toe mos die pad.Met die N1 langs is ons tot by die afdraai na Rawsonville (R101). Hier is ons regs en volg toe die pad tot waar die aanwysings ons links laat draai, Slanghoek toe. En so ‘n hand vol kilometer verder vind ons toe die oord...

Die waarheid van my hartland
Riana Scheepers - 2008-10-08
Het jy al aan tafel gesit en gehoor hoe die mense om jou mekaar in die rede val en ou stories vertel? Het jy al in Eshowe stil gestaan en na die wind geluister? Na stemme wat sing van goedheid en genade? Riana Scheepers sit aan tafel saam met haar familie op ’n KwaZulu-Natalse plaas en luister na wat hulle vertel. Foto’s: Erwin Niemand. Ek vat weer die lang pad huis toe. Al bly ek reeds amper 20 jaar in die Boland, is “huis toe” nog maar steeds Natal. KwaZulu-Natal,...

Dag van die visarend
Michael-John Truter - 2008-09-30
Na ’n lang jagavontuur is jou klere vuil, jou gemoed laag en jou energie min, maar my dag saam met die visarend het ’n vuur van woede en bewondering in my verbrokke siel ingeblaas. Op pad na die rivier vir ’n skepsel water het ek die vietse, wollerige, ernstige spesie opgemerk. Die dier het onversteurd na my geloer asof hy iets vir my wou wys. Ek het onmiddellik my aandag op die dier se doen en late gevestig en van my vuil lyf en smag na water vergeet. Terwyl ’n ligte,...

Die twee kante van ’n spoor
Karin Swart - 2008-09-30
Malan de Versailles, Wellington: ’n oogblik deur vreemdeling-oë Die laning dennebome vorm ’n knus pad na die herehuis. Soos ’n somerpaleis lê die Versailles-opstal tussen die wingerde ge-nes en duskant lê die koue spore van ’n trein wat al hygend die lewensaar van ’n dorp, en die hartklop van ’n familie, geword het. Die stasiegebou lê afgewit en rondborstig trots aan dié kant van die spoor en peins oor die "tops and ...

Missie: Woordveertjie
Christa Jonker-Jordaan - 2008-09-22
Heel gepas is die eerste stop op ons naweekreis by die boekedorp, Richmond. Tot 'n paar dae tevore het ek geensins geweet dat die boekedorp bestaan nie, maar die wonderlike skat van die internet bring my die goue wete. “Book Orphanage” lees ons op die deur van 'n geboutjie oorkant die kerk. Manlief bring onmiddellik die motor tot stilstand. “'n Plek met so naam moet ek sien!” sê hy dadelik. Ons is ook geensins teleurgesteld nie. Die plek het kosbare...

'n Slang in Bangkok
Tilla Diedericks - 2008-09-09
Kuier ons in die Ooste op ons eerste ooit oorsese vlug. Ek en die man. Ons land op Bangkoklughawe. Iemand van iewers moet ons oplaai om ons êrens heen te neem. Die skuifdeure van die lughawegebou skuif oop. Ek smelt soos 'n KFC-roomys. Dis die warmste, bedompigste lug wat ek al ooit gevoel het - whap! in my gesig.Ons gaan tuis in die Regent Hotel. Mooi en als, lekker lugversorging op koud gestel. Eet aandete, drink goor wyn en gaan slaap. Môre gaan ons DIE TOER doen.Ek trek so min...

Jerome kyk blomme
Christien Malan - 2008-07-22
Teen daardie tyd was Jerome al ’n ervare Namakwaland-blomkyker en fotograaf … maar gewoonlik saam met iemand van Kirstenbosch. Om self te kon rondtoer met sy kameras en genoeg tyd op al die afdraaipaadjies in ’n goeie blomjaar! Sommer op die lughawe al ’n Tazz gehuur, een aand in die Kaap geslaap, voorraad gekry en toe met geleende selfoon en blink oë op die N7 na die beloofde land. Met so ’n smeersel Afrikaans, ’n bietjie meer Engels, en Frans, sy...

Meraai en die Oranje
Anemarie Jansen - 2008-07-02
Regs draai ons by die Onseepkans-bord. Dis die enigste pad wat nou op die GPS aangedui word. Ons ry deur 'n prehistoriese grysgroen landskap met uitsteeksels en lae heuwels van graniet. Tussenin is daar ander klip. Gneiss, die pienker ortoklaas, olevien en horingvels. Dis broeierig en vaalstil. Die enigste uitsondering is die wulpse omhelsing van bome om die Oranje. Dit, en die geilte van die oewerwingerde. Vaalbosse en 'n woud kokerbome hurk laag in die hitte. Enkele plase lê kilometers...

Stoom, gee stoom!
Yuri Thumbran - 2008-07-02
Daar is 'n afdraai in Paul Krugerstraat na die Capitalpark-stasie. Die afdraai dien onder meer vir Rovos Rail, tegniese personeel van Spoornet, en dan vir 'n spesiale klomp mense - dié wat nog stoomenjins waardeer. In Suid-Afrika kruip ons al nader aan 'n tweede geslag wat nie stoomenjins sal ken nie. Stoomenjins is spesiaal en baie skaars. Hier en daar is daar groepe mense wat nog alles doen om ten minste 'n snuif van 'n stoomenjin te behou vir toekomstige geslagte. Maar dit...

Tweespruit toe met roomkoek op 'n donkiewa
Johann de Jager - 2008-06-24
Wat Piet, my kamermaat, se ma nie geweet het nie, was dat ons twee na die naweek op Brandfort wel Boemfontein per trein sou haal, maar nie verder nie, want onderweg is al ons geld gesteel. Ons kon nie kaartjies koop op Bloem waar ons moes oorstap vir Tweespruit nie. En daar sit ons met 'n tas en 'n yslike koekblik. Binne-in was een van mev Maree se spesiale roomkoeke wat per trein ons bestemming ongeskonde sou kon haal, maar nie op 'n donkiekar en agter op 'n “tiplorrie” onder andere...

Hamartana, en Winburg se Nat en Sapkerke
Johann de Jager - 2008-06-24
Matriekafskeide is belangrike goed, veral as dit joune is, en jy pas jou eerste battery-skeermes present gekry het saam met 'n bottel Aqua Velva-naskeer doepa. Dit moes die meisietjies darem ruik. Die landbouskool op Tweespruit in die Oos-Vrystaat se matriekafskeid was gereël, maar dis plaaswêreld, daar’s nie meisies nie. En die nabygeleë meisieskool het nie genoeg donsies wat kwalifiseer nie. Die matriekseuns moes dus maar gaan meisies soek as maats vir die aand."Ek sê...

Toe open Dominee die dans
Johann de Jager - 2008-06-24
Dit was groot opgewondenheid, al die voorbereidings vir die jaarlikse matriekafskeid by die Hoër Huishoudskool Anna Scheepers op Tweespruit, die amperse dorpie langs die treinspoor van Bloemfontein na Natal. Die gehuggie was bekend vir die genoemde skool, ook 'n landbouskool vir seuns, oom Frans Claerhout die priester-skilder, en 'n kaasfabriek met van die heel voortreflikste produkte.Dit was die jaar 1957 en juffrou Zaaiman, die prinsipale was, saam met die hoofmeisie en "rade",...

‘n Kombuis in die wildernis
Engela Neethling - 2008-06-19
Dis die geure en reuke wat mens opval wanneer jy Port St Johns vanuit Mthatha se rigting nader – die varsheid van die woude, riviere en watervalle, die bekendheid van houtvure, mielies in die kole, papajas, granadillas, pekanneut-plantasies en die koejawelbome wat per ongeluk tussen die geelhout- en kiaatbome kom wortel skiet het. Thea Lombard wag ons in by die oprit, terwyl blouape ons nuuskierig vanuit die boomtoppe betrag. Ons arriveer betreklik laat, teen sononder, nadat ons ‘n paar...

‘n Kombuis in die wildernis
Engela Neethling - 2008-06-19
Dis die geure en reuke wat mens opval wanneer jy Port St Johns vanuit Mthatha se rigting nader – die varsheid van die woude, riviere en watervalle, die bekendheid van houtvure, mielies in die kole, papajas, granadillas, pekanneut-plantasies en die koejawelbome wat per ongeluk tussen die geelhout- en kiaatbome kom wortel skiet het. Thea Lombard wag ons in by die oprit, terwyl blouape ons nuuskierig vanuit die boomtoppe betrag. Ons arriveer betreklik laat, teen sononder, nadat ons...

Mooiloop|LitNet-skrywersdorp: Die wêreld agter nege passe
Abraham H de Vries - 2008-05-23
Sy Kannaland is nie al wêreld wat aan Abraham H de Vries behoort nie. Hy ken ook ander klippe en rante as dié in die Klein-Karoo, maar ’n landskap waarsonder hy nie kán nie, is die horisonne van stories. Foto’s: Cara Bakkes. O, ek ken dié wêreld al jare, dié klipdroë wêreld waarvan al die kontoere, heuwels en dale, berge en klowe duisende jare gelede deur water gevorm is. Maar my nuuskierigheid lei my telkens in ’n...

Mooiloop|LitNet-skrywersdorp: Vallei van verlange
Chris Barnard - 2008-04-22
Die meeste daarvan onthou jy soos gister. Maar wat as dit nie meer so is nie? Chris Barnard het die spoor teruggevat na die lekkerste plekke van sy kleintyd. Het dit hoegenaamd iets met die plek te make of dalk eerder met die verbyheid van alles? Op soek na die gekoesterde landskappe van ’n jeug loop jy jou sonder ophou vas teen die verlies. Alles is nog daar en niks daarvan het oorgebly nie.Tyd steel die hart uit alle dinge uit.Dis dieselfde werf. Dis dieselfde opstal. Dis dieselfde kamervenster....

Op die trein na Pretoria – ‘n reisverhaal
Tiens Pretorius - 2008-04-22
Ek en my vriend Ronnie besluit om met die trein op te gaan van Port Elizabeth af. Dit is goedkoper en dan het jy meer geld beskikbaar vir drankies en ander noodsaaklikhede. Buitendien kan ‘n treinrit ‘n groot avontuur wees, soos in ons jongdae. Die trein uit PE vertrek om 13:00 op Dinsdag, 8 April en ek sorg dat ons elfuur al op die stasie is. Ek probeer altyd vroeg wees, dit is maar my gewoonte. Soos my ouma Botha wat met haar swart rok en bont kopdoek altyd ure vroeg op Ugie se stasie...

Walvisbaai Woestynpret
Yolanda McCabe - 2008-04-02
"Kyk Ma! 'n Vandermerwe-gogga!" en die poffertjievingertjies reik uit. Twee groot gogga-oë kyk verskrik na die naderende gedaante. Die gogga beweeg sy swart stokkiesbene soos 'n warrelwind, maar sy poging is tevergeefs. Die handjie omsluit hom en lig hom van sy geliefde Moeder Aarde se sandkorrels af. 'n Gilletjie spring op uit die kindjie se keel en die gogga val weer aarde toe. Hy begin al hardloop nog voor sy bene grond gevat het. Dis juis die einste wat die kindjie se handjie gekielie...

Wegbreek|LitNet-skrywersdorp: Grahamstad - stad van wors en oorlog
André P Brink - 2008-03-19
Lank, lank gelede toe Grahamstad nog ’n dorpie was, het André P Brink daar ingetrek. Vandag, dekades later, kyk hy terug om te probeer sien hoekom dit steeds sy gunstelingblyplek is. Dit was kort ná my aankoms in Grahamstad in 1960 dat my slagtervriend my een Saterdagoggend ingewag het met die mooi storie van die deftige Engelse dame, ’n bloubloed-afstammeling van die Britse Setlaars, wat hom die vorige dag ingeklim het oor die plakkate in sy slaghuisvenster....

Keurboomstrand
Plattelander - 2007-12-13
Van al die pragtige plekke in Knysna en Plettenbergbaai se omgewing is Keurboomstrand een van my gunstelinge. Ek was sommer nou die dag weer daar verby, buite seisoen, toe alles stil en verlate was. Daar is altyd ’n dynserigheid in die lug, wat die houthuisies hoog bo teen die duine laat vervaag tussen die groenigheid van die fynbos. Die strand self loop lekker vlak in na die see. Daar is genoeg sand om op rond te hardloop tussen die groepe pikswart rotse. Die golwe breek reëlmatig...

Harkerville – my Everest
Nikki Lordan - 2007-12-13
Dis ’n reis te voet. Al langs die rotsagtige kus van die tuinroete. Asemrowend, beeldskoon en … uitmergelend. Kom ons wees eerlik: jy moet van die mees ervare stappers wees wat die Harkerville met moed sal aandurf. Ons is tien stappers. Op ’n skaal van een tot tien, en tien die mees ervare, sal ek sê ons het al die getalle beset. Van my sestienjarig sussie, wat in haar lewe nog nooit meer as vyf kilometer gestap het nie, tot dié van ons wat glo staproetes is...

Die strate van Kolkata
Plattelander - 2007-12-13
Ek het onlangs my eerste reis na Indië onderneem om ’n kongres in Kolkata te gaan bywoon. Van hier af vlieg mens sowat nege ure lank na Moembai in die noordweste van die land en neem dan ’n verdere drie uur lange vlug na Kolkata, wat op die oostekant van Indië geleë is. Ek het nog altyd gewonder hoe Kolkata werklik lyk. Mens lees so baie van die tragiese omstandighede van die plek se miljoene behoeftige mense. Dit is per slot van rekening die stad waar Moeder Theresa...

Per voet of fiets, Koeberg is ’n lekker ervaring
Johann H Crafford - 2007-11-05
Bergfietsry is een van die vinnigs groeiende sportsoorte en buitemuurse aktiwiteite ter wêreld. Gaan neem gerus deel aan een van die vele bergfietsbyeenkomste en jy sal verstom staan om te sien hoeveel pa’s, ma’s en kleingoed die pedale trap dat dit gons. Maar nie almal wil aan wedrenne deelneem nie en daar is dus ’n groeiende vraag na plekke waar individue, paartjies en gesinne die Kaap se buitengewone natuurskoon kan geniet en sommer terselfdertyd saam gehaltetyd...

Met dapper en stapper deur die Kaapse Blommeryk
Johann H Crafford - 2007-10-15
Ek en Mevrou praat al geruime tyd van ’n staproete aanpak, maar die bergfiets en kajak tree aanhoudend tussenbeide. Toe die uitnodiging dus kom om ’n Rustige Lenteloop (nee, dis nie dieselfde as Robbie Wessels se leeuloop nie!) in die Houwhoekberge aan te pak, het ons die geleentheid met albei hande aangegryp. Net so van die os op die jas: ’n bietjie navorsing toon toe dat hierdie staproete elke jaar in September en vroeg Oktober aangebied word, dat dit deel vorm van die...

‘n Indiese massering
Plattelander - 2007-09-12
My vlug huis toe vanaf Kolkata sou Saterdagaand eers om agtuur vertrek. Ek het dus die oggend gaan inkopies doen in die stad en ‘n paar besienswaardighede gaan besoek. Ek was reeds vroeg in die namiddag terug by die hotel en het toe besluit dat daar nog genoeg tyd oor was vir ‘n vinnige masseringsessie in die hotel se gesondheidsentrum in die kelderverdieping.Ek het sommer in my gewone klere daar aangemeld, met die veronderstelling dat alles wat ek nodig sou hê, aan my beskikbaar...

’n Dieper kyk na reis
Nadia de Kock - 2007-09-06
Hoekom is daar ’n klemverskuiwing na kopreise, en hoekom soek ’n tydskrif soos Wegbreek al meer na sulke insetsels? Pico Iyer, die seun van twee Oxfordse filosowe en wêreldreisiger par excellence, verskaf een antwoord: “… now that Tibet is available to most Americans in their living rooms, through the Discovery Channel or Google Earth, the travel writer has to extend the form and refresh it, to write a more inward kind of travel …” Lesers se aandag...

Wegbreek Promosieko÷rdineerder
2007-09-04
Wegbreek wil graag 'n Promosiekoördineerder aanstel. Wegbreek is op soek na 'n jong, energieke persoon met drif en inisiatief vir hierdie interessante en veelsydige betrekking. Die posisie behels die organisering en implementering van koste-effektiewe promosies in ooreenstemming met die kwaliteit en profiel van die handelsmerk om sirkulasiedoelwitte te handhaaf en te verbeter, asook om verdere bewusmaking van die handelsmerk uit te brei. Aktiwiteite sluit in handelsmerk-uitbreidingsinisiatiewe,...

Matjieskuil + Hawksmoor House = ‘n wegbreek duisend
Johann Crafford - 2007-07-04
Toe ek bykans 28 jaar gelede Die Burger se weeklikse motorrubriek begin het, het ek nie geweet hoe bevoorreg ek oor die volgende agt jaar sou wees om hierdie pragtige land van ons letterlik van hoek tot kant te deurreis danksy die destydse sewe motorvervaardigers nie. Daardie selfde voorreg ervaar ek die afgelope paar jaar weer sedert ek oor wyn, wyntoerisme en die buitelewe begin skryf het. Maar let wel, ek praat van ‘n voorreg, nie ‘n reg nie. Dis so jammer dat ons ‘n samelewing...

’n Reis van twintig duisend jaar
Lieza Louw - 2007-06-20
Dis met groot opwinding dat ek vandag gehoor het wie ek is en waar ek nou eintlik vandaan kom. (Die "wie ek is" is darem 'n bietjie tong-in-die-kies ook.) Die sage het verlede jaar begin - ek was so gatvol van gesukkel met BEE-akkreditasie en hoeveel van dié en hoeveel van daai is daar in jou maatskappy en wie van watter kleur gaan wat doen, dat ek besluit het om my DNS te laat toets. Ek wou sommer ook die inligting gebruik om 'n familiestorie te maak vir die SABC. Met dié...

Die Spanjaard se reis
Margarethie Bredenkamp - 2007-06-11
Segovia, jy moet Segovia toe gaan, het José my opgewonde aangemoedig toe hy hoor ek beplan 'n reis na sy geboorteland, Spanje. Ons het weer in die bakkery oorkant sy groentewinkel gesit en koffie drink. Hy het dikwels oorgestap en by my en Sophi aangesluit as ons ná die Frans-klas daar gaan koffie drink het. Dan het ons bietjie gesels en weer elkeen ons eie gang gegaan. Vurig vertel hy van die pypleiding wat die Romeine nog gebou het, van die katedraal en van El Alcázar. Die...

Trekking in Cambodia
Salome Enslin - 2007-06-11
It's been so long since I last reported on my travels that the soap I stole from the hotel we stayed at is nothing but a transparent, slippery sliver. Let me remedy that. Just before the end of March, my mother and I met up in Cambodia for four days of temple trekking and "Experiencing Asia" as they call it. "Experiencing Asia" is a lot of things. It's about buying food and hoping that you're not eating something you were previously friends with (to quote a friend); or wondering...

My Ierland
Nadia de Kock - 2007-05-16
Vandat ek kan onthou, droom ek van Ierland. Karel Schoeman het die vuurtjie aangesteek met sy By Fakkellig en ek het al wat ’n Ierse fliek is by Cinema Nouveau gaan kyk, boeke oor die plek verslind en Ierse musiek uitgesoek. Beelde van groen velde met wit huisies, vuurherde en blou-oog-mense wat snags by kruispaaie dans het my oorrompel. Die eerste geleentheid wat ek dus kry, is ek Ierland toe met ’n kop vol ou vissermanne in Aran-truie en rooikop-kindertjies en die klank van rollende...

Etienne Britz gesels uit Sjina: Van Sjanghai na Hangtsjou
Etienne Britz - 2007-05-16
Etienne Britz en sy gesin woon sedert April in Sjanghai, Sjina. Met sy verlof plaas ons 'n greep uit sy jongste omsendbrief aan 'n paar vriende. Ons was gister (Saterdag 13 Mei 2007) met 'n bustoer by Hangtsjou, 'n stad ongeveer 200 kilometer van Sjanghai. Hangtsjou het 'n geskiedenis wat blykbaar 8 000 jaar in die tyd teruggaan. Marco Polo het gedurende sy verblyf in Sjina (van 1275 tot 1292) hier besoek afgelê en dit die "mooiste stad op aarde" genoem. Die stad is...

Irreverent Durban
Herman Lategan - 2007-05-08
Herman Lategan finds Durban's Smith Street faded, but far from jaded. Durban, like most cities, is a two-faced bastard. Its beachfront a young cocotte with too much bright-red rouge; the inner city a dirty old man with the restlessness of a teenager. Smith Street feeds off the seaboard into the damp crotch of the underworld - a long boulevard yawning in tropical heat. Down this road, a micrometropolis unfolds. Nearly every corner has a sour-smelling pub, air-conditioned and icy,...

Die Polana Hotel: ’n Storie, ’n fantasie en literêre teorie
Joan Hambidge - 2007-05-03
I Reis was nog altyd vir my gekoppel aan kreatiwiteit. In 2000 het ek die millennium-oorgang op die hotelstoep van die Polana ingedans – op “Volare”. In die jare 1999 tot 2000 het ek hierdie land verken en my bundel Lykdigte het hier sy beslag gekry en vele ander kreatiewe opstuwings is geregistreer. Die paradoks tussen armoede en rykdom leer jy hanteer. Die verval van die middestad met sy stinkende vullishouers leer jy pypkan. Maar dit bly aanwesig, daar ... Vir my is Maputo,...

Japan
Madri Spoelstra - 2007-03-05
Min Suid-Afrikaners het Japan in die verlede besoek – moontlik weens die sterk jen. Mense het eerder goedkoper vermaak en inkopies gaan soek in plekke soos Singapoer en Thailand. Met die sterker rand is dit egter weer die moeite werd om aan Japan as 'n fassinerende bestemming te dink. Ons totale reis- en verblyfskoste in 2006 was nie veel meer as dié van 'n besoek aan Europa, Dubai of Singapoer nie. Japan is nie net sushi en digitale kameras nie. Dit is ook ‘n elektroniese...

Geborge in Glencoe
Nadia de Kock - 2007-01-29
In Desember kuier ek in Skotland, en ry ek van Glasgow op na Glencoe in die Hooglande. Hier wag my eerste kleinkind, ‘n seuntjie, op sy nan vanuit die verre land in die suide. Ons gaan Kersfees saam vier: ek, my kind, my kleinkind en díe se pa. Dis vyfuur die middag toe ek Glencoe binnekom en dis reeds pikdonker. Al wat ek dus sien, is die onbehoorlik nou paaie waarop ek moet ry en die bome wat styf teenaan die pad staan. Die volgende oggend begin die vertoning egter in alle erns:...

Museum Blues
Dries Brunt - 2007-01-22
Het 'n besoek aan 'n museum jou al laat twyfel oor die ware aard van kuns - vertwyfeling oor die waarde van kuns? Kröller-Müller het so 'n uitwerking op my gehad. Die museum is al beskryf as een van die mooistes in die wêreld - intiem, oorsigtelik, tog met 'n onvoorstelbare rykdom aan kunsskatte. Van ekspressionisme tot hedendaags is daar van die mees bekende meesters, skilders en beeldhouers te sien. In 'n natuurpark De Hoge Veluwe, net so 'n entjie noord van Arnhem in Holland,...

Bulgarye, land van die ou vrouens
Matty Strydom - 2007-01-17
My man het vir my ‘n week se staptog in Europa present gegee. ‘n Duitse reisagentskap wat in staptogte spesialiseer word deur vriende aanbeveel. So ‘n reis sluit alles in vanaf vlug, verblyf, etes en ‘n reisgids. Ek het dae lank met die katalogus gesit en reise gemerk. Sal dit Tenerife wees, of Korsika, of die Chalkidiki? Maar ek het telkens weer teruggeblaai na reis nr 5512: Bulgarien/Rhodopen: “Im Land des Orpheus”. Bulgarye klink so ver en ek weet so min...

Die lang pad saam met Blohm
Kobus Prinsloo - 2006-12-21
Die man met die gunHou vas aan sy kompasNoord lê neonkerkeOm die suide skoon te was Na drie maande in die Kaap is die kar niks lus vir Johannesburg nie. Waar sy naweke oor Sir Lowry’s gevlie het, die seelug om Chapman's Peak verorber het en op die Weskuspad gesing het, is sy nou iewers tussen Beaufort-Wes en Drie Susters besig om stadig en hakerig rond te snuffel soos ’n hond wat pisplek soek. Alleen op die langpad. Daar's min beter dinge, veral as die eindbestemming...

Te kies en te keur in die vallei van oorgenoeg
Johann H Crafford - 2006-12-21
Wat besiel Kapenaars om na winkels te ry om wyn te koop terwyl hulle in die hartjie van een van die wêreld se mooiste en beste wyngebiede bly? Hoe verbeeldingloos moet mens wees om te verkies om tussen rakke onder elektriese ligte na wyn te soek eerder as om onder die blou hemel in die asemrowende natuurskoon van die wynlande rond te ry, spogwyne te proe en dan rustig ’n botteltjie se nek om te draai oor ’n heerlike ete tussen die wingerde? En dit maak nie saak waar jy in die wynwêreld...


<< 1 2 >>