Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 >>

Afrikaanse Skrywersunie word geloods
2011-10-24
Afrikaanse Skrywersunie word geloods In opvolging van ’n mandaat wat aan ons verskaf is deur ’n vergadering van Afrikaanse skrywers tydens die Woordfees vroeër vanjaar op Stellenbosch, verneem ons graag langs hierdie weg van u of u as mede-skrywer daarin sou belang stel om lid te word van die Afrikaanse Skrywersunie. Ons onderneem om binne die volgende maande ’n amptelike stigtingsbyeenkoms te belê. ’n Aanduiding van u steun in hierdie stadium sal help om...

Praatjie by geleentheid van eretoekenning aan Floris Abraham Brown deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
Charles P Beukes - 2011-10-13
Ek sit een laat somermiddag in die bovertrek van ’n gastehuis in Aucherareder, ’n dorpie in Skotland, naby die wêreldberoemde Glen Eagles Hotel, waar my dogter haar praktika doen, en begin skryf oor Floris Brown. Sommer net want ek oorweeg ’n artikel in een of ander publikasie. Nooit het ek kon dink dat daardie stukkie spontane werk beslag sou kry by vandag se verrigtinge hier by die US, waar Brown vereer word deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans nie. Vir my is...

Dankbaarheid teenoor God en my medemens
Floris A Brown - 2011-10-13
Toespraak deur Floris Abraham Brown tydens sy huldiging by die Woordfees Versindaba aangebied deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans op 24 September 2011 te Stellenbosch Goeiemôre dames en here Ek sluit graag die woord “Repliek” in ’n kassie weg en bring my boodskap onder die tema: “Dankbaarheid teenoor God en my medemens”. Ek wy ook vandag aan my oorlede pa en ma, Johnny en Maggie Brown, en my skoonouers Hendrik en Sophia Bailey toe. Wanneer Gio...

As stilbly ’n manier van praat is: Die lewe en werk van Adam Small bespreek
Bibi Slippers - 2011-10-13
Untitled Document ’n Simposium oor die lewe en werk van Adam Small is op Vrydag 8 Oktober by die UWK aangebied. Small sal in Desember vanjaar sy 75ste verjaarsdag vier, en akademici met persoonlike en professionele bande met Small het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om te besin oor Small se bydrae as digter, dramaturg, filosoof en mens. Tydens die oggendsessie het Jakes Gerwel, Francois Cleophas en Michael Cloete persoonlike herinneringe en benaderings tot sy werk uit verskillende...

Nuwe skrywersorganisasie onder bespreking
Marga Collings - 2011-03-14
Ongeveer dertig skrywers, resensente, akademici en uitgewers het op Saterdag 12 Maart by Protea Boekhuis in Stellenbosch byeengekom om die stigting van ’n nuwe organisasie wat ten doel het om die belange van skrywers en boeke te bevorder, te bespreek. Die behoefte aan ’n liggaam wat die belange van boeke en skrywers verteenwoordig en as spreekbuis vir die boekgemeenskap optree, is geïdentifiseer na aanleiding van die onlangse heftige debat op veral LitNet en Versindaba oor...

Afrikaanse skrywersvergadering: ’n mondstuk vir skrywers
Francis Galloway - 2011-03-14
Francis Galloway lewer verslag oor die skrywersvergadering gehou op 12 Maart 2011, Protea Boekwinkel, Stellenbosch. Media24 se advertensie vir die pos van ’n Nasionale Boekeredakteur, en die ontstelde reaksie wat dit by skrywers en ander betrokkenes by die Afrikaanse boek uitgelok het, het aanleiding gegee tot hierdie gesprek oor die moontlikheid van ’n organisasie wat as kampvegter vir skrywers en hulle belange kan optree. Die groepie belangstellendes wat vir die vergadering...

Statement on the Ingrid Jonker Prize 2010
Rustum Kozain - 2010-09-10
Following criticism about the suspension of this year’s Ingrid Jonker Prize, herewith a statement on behalf of the committee that administers the award. The work of the committee The Ingrid Jonker Prize committee is made up of volunteers; no committee member receives any remuneration for serving on the committee. There are no written regulations that govern or guide the selection, “appointment” and number of committee members. Customarily, a poet is approached by the committee...

Skryfskool deur Harry Kalmer
2010-09-09
Die dramaturg en skrywer Harry Kalmer bied op Saterdag 9 Oktober en 16 Oktober 'n skryfwerkswinkel aan by “Zietsies” gastehuis in Auckland Park Johannesburg. “Ek kan nie waarborg dat ek binne twee Saterdae van jou 'n Dana Snyman of 'n Marita van der Vyver sal maak nie, maar ek kan jou 'n paar dinge wys wat skryf makliker gaan maak en jou gaan help om jou storie beter te kan vertel,” sê Harry. Harry is die bekroonde skrywer van 7 boeke, 22 opgevoerde dramas en...

Elize Parker gesels
2010-05-19
Donderdag, 20 Mei 2010 Elize Parker, skrywer en joernalis, kom gesels vanaf 7pm by Rosendal Kos en Kuns Kafee in Durbanville (Kerkstraat 23). Sy kyk terug oor bykans 30 jaar van skryf en die avontuur van skryf - veral die skryf van liefdesverhale (ook die warmer soort). As jy maar self bitter min van die liefde weet, kom raai en gesels saam oor romanse, rose en tierlantyntjies van die liefde. Die koste is R80 per persoon, dit sluit ‘n lekker ete in. Bespreking is noodsaaklik, skakel vir...

Sketse-skryfskool tydens die Woordfees
2010-01-27
(Ondersteun deur Sanlam, in samewerking met LitNet) Al ooit getwyfel aan jou vermoë om ’n skets met humor én substansie te skryf? Kom slyp jou woorde tydens die Woordfees vlymskerp onder leiding van Dana Snyman, Martie Retief-Meiring en Elias P Nel. Sluit ook na die tyd by hulle aan vir ’n ligte middagete by De Vette Mossel waartydens Woordfees-direkteur Dorothea van Zyl die gesprek sal lei rondom die vraag: Wat se ding is ’n skets? Ideaal vir voornemende skrywers,...

Skryf nou in vir Sanlam|LitNet SkryfNet
2010-01-25
Is jy ’n aspirantskrywer of -digter? Is jy soms onseker oor die gehalte van jou werk? Neem nou deel aan Sanlam|LitNet SkryfNet – ’n aanlynskryfskool wat deur LitNet en Sanlam aangebied word. Sketse-skryfskoolHierdie slypskool is ideaal vir studente, aspirantskrywers en bloggers wat die kuns van kort kreatiewe skryfwerk wil bemeester. Onder die kundige leiding van Izak de Vries en Deborah Steinmair word jy geleer om met ’n paar woorde baie te sê. Dié inwonende...

Audrey Blignault: Uit die dagboek van ’n vrou. Handleiding vir leeskringe
Marié Heese - 2009-10-30
Titel: Audrey Blignault: Uit die dagboek van 'n vrouOuteur: Marié HeeseUitgewer: TafelbergISBN: 9780624047742 1 InleidingAudrey Blignault het haar toegelê op die skryf van essays, een van die soorte skryfwerk wat as egodokumente getipeer word (dit wil sê dis in die eerste persoon enkelvoud geskryf; nog voorbeelde is briewe, dagboeke, reisjoernale, en outobiografieë).1.1 Wat is ‘n essay, en hoe verskil dit van ‘n kortverhaal? ‘n Essay is ‘n kort...

Romanskryf: ’n hondelewe of kat-en-muis-spel?
2009-07-15
Op die wysie van Shakespeare is “to plan or not to plan” dikwels een van die neteligste kwessies vir groentjie-romanskrywers. Gaan sit jy met jou broeisel karakters en ’n basiese idee, met volle vertroue in die genade van die muse? Of weef jy noukeurig vleisies aan jou hooftema – toneel vir toneel, hoofstuk vir hoofstuk – voordat jy dit waag om die eerste woord neer te pen? Morné Malan, tweetalige romanskrywer en kreatiewe skryfafrigter by HeadSpark, glo daar...

Erika Murray-Theron oor respek en ’n klompie ander dinge
Erika Murray-Theron - 2009-05-21
Praatjie gelewer op 18 April 2009 tydens ’n slypskool by die Breytenbach Sentrum op Wellington ter voorbereiding van Sanlam se Groot Romanwedstryd. Eers ’n persoonlike verklaring van respek. Ek ken julle nie, daarom weet ek nie watter ervaring en kundigheid en bewese of onontdekte briljantheid en kreatiwiteit in hierdie groep verteenwoordig is nie. Dalk sit die volgende romanpryswenner nou tussen julle met in die bladsak ’n manuskrip van wêreldformaat. Moet dus nie dink...

Skrywers berei voor vir Sanlam se Groot Romanwedstryd op Wellington
Naomi Bruwer - 2009-04-23
Die afgelope naweek is ’n uiters suksesvolle skryfskool by die Breytenbach Sentrum op Wellington aangebied ter voorbereiding van Sanlam se Groot Romanwedstryd. Vyf-en-dertig deelnemers van heinde en verre het saamgetrek om geskool te word in die romankuns deur Francois Smith, Erika Murray-Theron, Riana Barnard en Steward van Wyk. Deelnemers van Durban, Bonnievale, Mosselbaai, Hermanus, Paarl, Warmbad, Kaap, Strand, Stellenbosch, Wellington, Johannesburg en selfs Gravelot is daar opgemerk! ...

Wenke aan kinderboekskrywers
Michelle Cooper en Aldré Lategan - 2008-08-12
1. Lees so wyd moontlik: boeke, koerante, tydskrifte, die Internet. Die prikkel vir ’n storie mag dalk net iewers in ’n koerantberig of tydskrifartikel lê.2. Lees soveel moontlik kinderboeke: nuwe, klassieke, Suid-Afrikaanse of oorsese verhale. Dit sal jou help om te weet waar jou idees in die kinderboekgenre pas.3. Ons is altyd op soek na iets vars en oorspronkliks.4. Hou die taalgebruik bondig, dog pittig en kragtig. Dis veral belangrik by prenteboeke. Dis die moeilikste soort...

VersKliniek: Marius Crous
Marius Crous - 2007-10-23
Wat maak 'n gedig goed? Dit sê iets anders, op 'n eiesoortige wyse, oor iets wat al oorbekend is. Daar moet genoegsame sleutels in die gedig gegee word vir die leser om dit te kan ontknoop. Beginnerdigters glo gewoonlik dat “min maar suiwer woorde” impliseer dat hulle so duister as moontlik moet skryf. Dikwels veronderstel hul ook te veel van die leser. 'n Gedig moet ook 'n uitdaging en 'n avontuur wees. As mens maklike gedigte soek, kan jy popmusieklirieke gaan lees....

Die USB se MBA: slypskool vir môre se sakeleiers
2007-09-27
'n Internasionaal-geakkrediteerde MBA wat op individuele leierskapontwikkeling gerig is – dit is die hoofaanbod van die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool (USB). Doen 'n voltydse, deeltydse of modulêre MBA Die USB se MBA word voltyds (een jaar), deeltyds (aandklasse oor twee en ’n half jaar) en modulêr (10 blokke oor twee en ’n half jaar) aangebied. Voornemende studente kan dus kies tussen die modulêre MBA, wat in Afrikaans aangebied word (behalwe klasse...

Outeursuitgewery blom met digitale druk
2007-09-17
Content Solutions, ’n belowende jong ster op die gebied van uitgewery, word die voorkeurdiensverskaffer vir baie outeurs wat toenemend op die uitkyk is vir alternatiewe soos outeursuitgewery (“self-publishing”) om hulle skryfwerk die lig te laat sien. Kies Content Solutions vir: ’n alternatief tot tradisionele uitgewery ’n hoëgehalte professionele produk hoëgehalte druk- en bindwerk redaksionele dienste bladuitleg en omslagontwerp ...

Sanlam NetRaad: Dineke Volschenk
Dineke Volschenk - 2007-09-11
‘n Paar wenke aan voornemende skrywers1. Ken die tradisie waarbinne jy wil skryf, met ander woorde, lees – lees baie, wyd, krities en analities. Geen skrywer werk in ’n vakuum nie. 2. Lees gerus ook maar óór die skryfkuns. Leer en lees oor die tegniese aspekte van skryf: karakteriserng, vertellersperspektief, spanningslyne, ens, ens. (Stephen King se On writing is byvoorbeeld ’n lekker boek om te lees hieroor.) Boekresensies kan mens (soms) ook baie leer.3. Moet...

Sanlam NetRaad: Frederik de Jager
Frederik de Jager - 2007-08-07


Tien praktiese wenke vir aspirantskrywers: Jackie Nagtegaal
Jackie Nagtegaal - 2007-08-02
1. Gaan sit en maak ‘n lys van wat jy graag vir die wêreld sou wou sê indien jy ‘n spreekbeurt gegun sou word. Kies hieruit hoof- en subtemas vir jou storie. 2. Voordat jy begin skryf, maak ‘n lys van minstens drie boeke wat jy in jou lewe verskriklik geniet het en selfs ‘n tweede maal sou lees. Probeer nou ‘n gemene deler tussen hulle trek. Wat het hierdie boeke gemeen gehad wat so in jou smaak val? Lees, kyk wat jou geliefkoosde skrywers doen, en leer...

Reisskryf, reisverslae en reisstories: Wat maak dit prikkelend?
Nadia de Kock - 2007-05-09
Daar beland van tyd tot tyd reisverslae in my posbus wat uitstaan bo die andere. Wat maak sulke reisverslae ’n plesier om te lees? Eerstens is daar gewoonlik ’n sterk tema. As skrywer moet jy besluit wat die hoofpunt van die verslag gaan wees. Jy kan byvoorbeeld oor een aspek van ’n wêreldstad skryf, soos “Literêre Londen”, waar jy jou ervaring van ’n paar van die skrywers se huise wat jy besoek, het deel, eerder as om ’n breë...

Agter elke storie
Hennie Aucamp - 2007-05-03
Praatjie gelewer op 6 Maart 2007, as deel van die Sanlam | LitNet Kortverhaalslypskool op die Woordfees. Die skryfster Doris Lessing is nie besonder gretig om met ontluikende skrywers te praat nie. Wat sy vir hulle te sê het, kom op die volgende neer: Vind uit wat dit is wat vir jou energie genereer, want energie is ’n skrywer se kapitaal. Koester dan hierdie energie, en leer om néé, néé, néé te sê. Reis was van vroeg af ’n...

Sanlam NetRaad: Etienne Bloemhof
Etienne Bloemhof - 2007-04-17
Tien wenke vir skrywers wat wil publiseer 1. Lees, en lees wyd – nie slegs Afrikaans nie, maar wêreldletterkunde, verkieslik oor verskillende genres heen. As jy nie self (gereeld) lees nie, is dit baie onwaarskynlik dat jy goed sal kan skryf. 2. Navorsing, navorsing, navorsing. Biblioteke, koerantargiewe, ens. Wees versigtig vir die internet; daardie bronne is nie altyd betroubaar nie, maar soms is dit tog ’n goeie wegspringplank. Of skryf oor onderwerpe wat jy reeds...

VersKliniek: Koos Kombuis
Koos A Kombuis - 2007-01-19
1. Wat, volgens jou, maak 'n gedig goed? Dit is so moeilik om reëls vir goeie digkuns vas te stel soos wat dit is om reëls op te stel vir goeie seks. Selfs as daar reëls sou wees, sal daar altyd 'n nuwe geslag digters kom wat juis daardie reëls verbreek. Op die ou end is goeie digkuns, soos goeie seks, iets waaroor alle deelnemende partye saamstem en waaroor daar weinig redenasie hoef gevoer te word.2. Watter vyf boeke dink jy behoort alle digters te lees? Zen and...

VersKliniek: Zandra Bezuidenhout
Zandra Bezuidenhout - 2006-11-28
1. Wat maak, volgens jou, ‘n gedig goed? ‘n Hele aantal dinge werk saam om ‘n gedig “goed” te maak. Dis ‘n baie lang storie om uit te lê, omdat dit afhang van die mate waarin die leser reeds met die elemente van poësie bekend is, asook die spesifieke gedig waaroor jy praat. En wat goed beteken, is weer ‘n ander verhaal ... Daar is so baie soorte goed, en modes kom en gaan. Daarby laat geen kunsvorm (en die sukses daarvan) hom maklik...

VraNet: Fanus Vivier vra Gilbert Gibson
Gilbert Gibson - 2006-10-31
Gilbert Gibson beantwoord Fanus Vivier se vrae omtrent die skryfproses Deelnemer Veteraan Fanus Vivier neem deel aan die Sanlam/LitNet prosa aanlynskryfskool, SkryfNet XI. Gilbert Gibson. Is dit moontlik vir ‘n Afrikaanse skrywer om slegs iemand te wees wat (toevallig) in Afrikaans skryf en daarin slaag om bloot “nomenklatories” (soos...

NetRaad: Annari van der Merwe
Annari van der Merwe - 2006-10-24
Tien wenke vir nuwe skrywers Skryf alleenlik as jy iets het om te vertel; wees gedagtig daaraan dat vir elke boek wat uitgegee word, 'n paar bome afgekap moet word. Skryf oor dit waarvan jy kennis dra; as jy nie genoeg oor iets weet nie, gaan vind uit - deur dit self te ervaar, daaroor na te lees, of ander daaroor uit te vra. Lees wyd, krities en sonder ophou, verkieslik die werk van skrywers wat algemeen as suksesvol en opwindend beskou word. Leef met jou oë en ore (selfs...

VersKliniek: Marlene van Niekerk
Marlene van Niekerk - 2006-10-10
1. Wat maak ’n gedig goed? Elke gedig stel vir homself sekere eise wat hy waarmaak of nie waarmaak nie. ’n Gedig kan dus slaag of misluk in terme van sy eie projek. So elke geval moet wat dit betref op sy eie beoordeel word. Eksterne eise wat ’n mens stel het te doen met jou uitgangspunt binne ’n tradisie en jou persoonlike smaak. Ek eis van myself dat ’n gedig (ideaal gesproke) voldoen aan ’n ou formalistiese beginsel, naamlik dat dit ’n sekere hoeveelheid...

VraNet: Neil Cochrane vra Marlise Joubert
Marlise Joubert - 2006-09-28
Marlise Joubert beantwoord Neil Cochrane se vrae omtrent die skryfproses Deelnemer Veteraan Neil Cochrane is 'n deelnemer aan die Sanlam/LitNet poësie aanlynskryfskool, SkryfNet XII. Marlise Joubert is 'n skrywer en het deelgeneem in ons Mont du Toit Kelder Wynkwatryn-projek. 1. Dink jy daar bestaan iets soos ‘n kunstenaarstemperament? Is daar enige...

VraNet: Jo Viljoen vra Marita van der Vyver
Jo Viljoen - 2006-09-28
Marita van der Vyver beantwoord Jo Viljoen se vrae omtrent die skryfproses Deelnemer Veteraan Jo Viljoen neem deel aan die Sanlam/LitNet prosa aanlynskryfskool, SkryfNet XI. Marita van der Vyver was een van die inwonende skrywers van SkryfNet VII. 1. Hoe ontwikkel jou karakters? Ontwikkel hulle deur die storie en kom so te sê vanself tot lewe en "ronding" – of beplan jy hulle vooruit? Karakter is die begin en die einde van al my stories. Ek begin elke...

NetRaad: Riana Barnard
Riana Barnard - 2006-09-12
Tien wenke vir nuwe skrywers 1. Moenie jou verhale te ver gaan soek nie; skryf oor dinge wat jy deeglik ken, dinge wat deel is van jou leef- en ervaringswêreld. Dit is interessanter as wat jy vermoed.2. In dieselfde asem: dis baie maklik om net agter emosies aan te skryf. Maak dus seker dat jy jou sintuie inspan om jou lesers mee te voer. Jy moet met jou taalvaardigheid en -gevoeligheid ’n unieke werklikheid skep – dít is die kuns. 3. Soms is beginnerskrywers geneig om die...

VraNet: Antoinette Klein vra Charl-Pierre Naudé
Charl-Pierre Naudé - 2006-09-12
Charl-Pierre Naudé beantwoord Antoinette Klein se vrae omtrent die skryfproses Deelnemer Veteraan Antoinette Klein het deelgeneem aan die vorige Sanlam/LitNet poësie aanlynskryfskool, SkryfNet X. Charl-Pierre Naudé was een van die inwonendeskrywers van SkryfNet VIII. Ek vind Antoinette se vrae besonder relevant. 'n Mens kan dikwels 'n nuwe...

VraNet: Janet Maree vra Riana Scheepers
Riana Scheepers - 2006-09-12
Riana Scheepers beantwoord Janet Maree se vrae omtrent die skryfproses Deelnemer Veteraan Janet Maree het deelgeneem aan die vorige Sanlam/LitNet aanlyn-prosa-skryfskool, SkryfNet IX. Dr Riana Scheepers is een van LitNet se Vrouereeks Lewende Legendes. 1. Hoekom, al het ek nie die dringende begeerte om te skryf soos skrywers nie, gebeur dit dat as ek begin tik, daar iets soos 'n storie gebeur? Moet iemand my dalk 'n skop onder die agterent gee? As daar so iemand is,...

VraNet: Pieter du Plessis vra Eben Venter
Eben Venter - 2006-09-12
Eben Venter beantwoord Pieter du Plessis se vrae omtrent die skryfproses Deelnemer Veteraan Pieter du Plessis het deelgeneem aan die vorige Sanlam/LitNet aanlyn-poësie-skryfskool, SkryfNet X. Eben Venter was een van die inwonende skrywers van SkryfNet IX. 1. Voel jy dat jy 'n gevestigde skryfstyl het en dat jy elke boek rondom daardie spesifieke styl skryf? Die gebruik van binnepraat / stream-of-consciousness as ‘n manier om ‘n storie te vertel, staan...


<< 1 >>