Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Ondersteuningsgroepe | Support Groups

Ondersteuningsgroepe | Support Groups


<< 1 2 3 4 13 >>

Koue voete en geen seks
Warm en alleen - 2011-12-14
Untitled Document Hallo Ons is 28 jaar getroud, is oënskynlik gelukkig en het goeie kommunikasie. Albei het goeie beroepe met eise daaraan verbonde. Ons is in ons laat 40’s. Die kinders is uit die huis ná hul studies. Ons het nie veel vriende nie en dié wat ons het, is ook nog in hul eerste huwelike. Ons het gedeelde belangstellings: tuinmaak, stap, fietsry en om interessante plekke in SA te ontdek. Ons sekslewe was altyd vol passie, vurig en gereeld. Wat my die afgelope...

Die Psige: Vir Karen oor BGV
Lyndie - 2011-11-10
Untitled Document Karin Ek het jou nota op LitNet gesien, en dat mense met jou kan kontak maak oor BGV. Ek het gaan oplees oor die toestand en tot die slotsom gekom dat die meeste van ons wel daaraan ly, en nie net 1% nie ... veral in vandag se lewe van gejaagdheid en stres wat saam met ons ontbyt eet en saam met ons bed toe gaan in die aand. Die rede vir my belangstelling in BGV is die feit dat my stiefdogter ’n paar jaar gelede daarmee gediagnoseer is. My persoonlike opinie en ondervinding...

Verslawing: My man kan nie ophou drink nie
Moedeloos - 2011-10-27
Ek is op die punt om my eie pad te gaan. My man weet hy het ’n drank probleem – hy drink daagliks. Dit is die eerste ding wat hy doen as hy in die huis instap, vir hom ’n drankie gooi. Dit hou nie op voor hy gaan slaap nie, dan drink hy nog ’n slaappil en antidepressante ook. Ek weet hoe erg depressief hy is – hy het twee jaar terug sy besigheid wat hy 12 jaar opgebou het, verloor. Ons het als verloor, ons huis, ander eiendom en al ons voertuie. Hy wou nie...

Die siel: N Bezuidenhout en geestelikheid
Kobus de Klerk - 2011-10-20
N Bezuidenhout skrywe baie interessant dat hy/sy meen dat God tydens die skepping waarvan in Genesis melding gemaak word, reeds bestaande mense in hul geestelike hoedanigheid geskape het, sodat hulle by God as Gees kon aansluit en God as sodanig diensbaar kon wees. Dit is vir my altyd verfrissend en bemoedigend om te sien hoe mense hulle verinnig in hulle bestaan en ontstaan en hulle verbintenis met God. Hierdie interpretasie van N is egter nie sonder probleme nie, in die lig van talle ...

Die siel: Die vraag oor Adam en Eva en Kain en Abel
N Bezuidenhout - 2011-10-12
Untitled Document Genesis is deur Moses geskryf, so iets sê vir my dit kon nie natuurlik wees nie. My verklaring daarvoor is die volgende: Daar was mense voor Genesis en God wou ’n mens gebruik om deur te werk en toe skep Hy geestelike mense. Want God is Gees en wil so gedien wees (volgens die Bybel). Die skepping waarvan daar gepraat word in Genesis is die skepping wat God laat plaasvind in ons lewens. Hy het my van ’n natuurdenkende mens na ’n geestelik-denkende mens...

Die Liggaam: tourette-sindroom
Sandra van der Spuy - 2011-09-15


Die Familie: Bid asseblief vir ons
Marita - 2011-09-15


Die Familie: Vir Gerhard en ook vir Pa oor sy kind
Erika Henn - 2011-08-24
Untitled Document Gerhard en Pa Julle het regte – gaan sien die gesinsadvokaat by jul naaste hof. Gelukkig het die wette verander en is jy geregtig daarop om jou kind te sien. Miskien moet julle ’n vaderskapstoets laat doen. Ek dink ma's wat dít aan hul kinders doen, is nie geskik om ’n ma te wees nie. Staan op vir jul regte, want eendag gaan julle kinders julle bedank daarvoor. Pa’s is nie net ’n geldmasjien nie, maar ook ’n mens met gevoelens en liefde....

Verslawing: Hulp vir verslawing
Karin - 2011-08-19


Die Psige: Bipolêre Gemoedsversteuring‏
Karin - 2011-08-19


Die Familie: Gesiggestremde dogter en beheervraat-man ‏
Lorinda - 2011-08-17
Untitled Document Ek is ’n 46-jarige getroude vrou wat op die oomblik met baie vrae sit en nie altyd weet wat die regte ding is om te doen nie. Ons het ’n 21-jarige dogter wat gesiggestremd is (sy hoor deur God se genade met ’n kogliêre apparaat, en is besig om haar visie ook te verloor). Sy is baie intelligent, maar as gevolg van struikelblokke in die lewe kan sy nie haar droom om te studeer in die rigting waarin sy wou, uitvoer nie. Maar dit was slegs ’n stukkie...

Die Liggaam: Insulienweerstandigheid
Lena - 2011-08-16


Die Familie: Optelkind
2011-07-20
Untitled Document Een nag in 1963/64 is ’n wit babameisie tussen struike in ’n Port Elizabethse woonbuurt gevind, word die storie vertel. Sy is kort daarna aangeneem. As sy vandag haar ouers sou soek, het sy basies geen leidraad om op te werk nie. As mens kyk na die derduisende kinders wat hul ouers soek, kry mens so iemand innig jammer wat nie eers ’n leidraad het om op te werk nie. Leef die kind nog? Waar is sy? Soek sy ook na haar ouers, soos derduisende ander? Reageer |...

Verslawing: Dieselfde probleem as Ciella
Harrie - 2011-07-14
Untitled Document Goeiedag Ek sit met dieselfde probleem as dié waarmee Ciella se man gesit het. Ek is ’n kind van die Here, gaan elke Sondag kerk toe en het ’n bediening in die kerk, maar het ’n probleem (pornografie op die internet, TV, ensovoorts) waarvan ek glad nie ontslae kan raak nie. Die goed wat ek wil doen, dié doen ek nie, maar die goed wat ek nie wil doen nie, dié doen ek. Ek weet verseker dit staan tussen my en die Here, maar hoe raak ek vir eens...

Die Psige: Breinpyn
Frits - 2011-07-07
Untitled Document ’n Tandabses, ’n fraktuur van die ulna, ’n meswond in die linkerlong, ’n krieketbal op dolle vaart in die skrotum gekeer – ja, en daarmee tesame die gelyktydige senasie van verdrinking! – kom amper by die tipe gevoel wat bipolêre depressie bring. Ongevraag, redeloos, soos ’n ongenooide, ongewenste gas is dit skielik soos ’n tsoenami op jou. Reken daarby dat die "normale" daaglikse hipermanie ook selfgenooi daarmee bybly! Onbeskryflike...

Die Liggaam: Chroniese pyn
Susan - 2011-06-30
Untitled Document Hi Lizelle Bedoel jy raad met die stigting van so ’n ondersteuningsgroep en/of raad met die chroniese pyn? Maar wat ook al, ek dink dis ’n baie goeie idee. Jy sal al uit jou narratiewe terapie seker idees hê m.b.t. pynhantering. Daar is ander tegnieke waarvan ek bewus is en wat ek soms gebruik. Dit kan waardevol wees as ons so ’n groep kan hê, al is daar mense met ander groot issues ook, wat indirek tot groot pyn lei. Ek sê altyd mens kan...

Die Familie: Skoonma
Ma - 2011-06-30
Untitled Document Ek is self ’n skoonma – twee skoonseuns en een skoondogter. Dit gaan baie goed, maar een ding het ek besef: 'n Skoondogter verkies om haar ma raad te vra, dus bly ek stil en sal rustig oor 'n onderwerp gesels. Indien sy dan iets sou vra, is ek daar vir haar, en sy weet dit en sal altyd mooi met my praat; sy sal haar mening gee en ek probeer vir haar wys ek is lief vir haar. Sy moet nooit voel sy is nie my dogter nie. Daar is nou ’n baba, ek meng met niks in nie....

Die Psige: Oor
Vrystater - 2011-06-29


Die Liefde: Vir Anoniem van Parys
Marilynne - 2011-06-15
Untitled Document Liewe Anoniem van Parys ’n Egskeiding is geen maklike storie nie. Ek neem aan jou en jou aanstaande ex-huweliksmaat se besluit staan vas dat julle gaan skei. Aanvaar die feit dat jou lewe moet aangaan sonder jou huidige huweliksmaat en stel jouself so gou as moontlik daarop in. Dit maak dinge baie makliker. Die beste manier om die verlede af te sluit is om een stappie op ’n slag te neem en daarop te konsentreer hoe jou pad vorentoe lyk sonder jou huweliksmaat. Skep...

Die Liefde: My man het PTSD
Ronell - 2011-06-15
Untitled Documen Hi My man het ondergronds toegeval in 2004 en is met PTSD gediagnoseer, waarna hy deurlopend op medikasie geplaas is. Hy is twee jaar terug medies ongeskik verklaar en onlangs het die psigiater hom begin behandel vir temporale epilepsie, wat baie dieselfde simptome het as angsaanvalle. Hy is op antidepressante, Tegretol en angsmedikasie. Hy het ook toenemend meer begin drink, soveel so dat hy by twee geleenthede behandeling ontvang het. Hy kon egter nie ophou nie en ek het ’n...

Die Liefde: Staan op die punt om vir die derde keer te skei
Anoniem van Parys - 2011-06-09
Goeiedag Ek staan sowaar op die punt om vir die derde keer te skei, en vir die derde keer met niks uit te stap. Ek het alles gegee wat ek gehad het: siel, liggaam, geld. Wat bly nou oor? Ag nee wat, ek weet nie ... Wou net weet – ek weet nie wat nie; wou net iets hoor, iets opbouends, iets wat hoop gee … Ek glo aan God, en al die dinge – dís nie wat ek nou wil hoor nie. Ek soek raad vir myself, hier diep binne my. Laat hoor gerus – ek wag vir iets ... Anoniem...

Die Liefde: Staan op die punt om vir die derde keer te skei
Anoniem van Parys - 2011-06-09
GoeiedagEk staan sowaar op die punt om vir die derde keer te skei, en vir die derde keer met niks uit te stap. Ek het alles gegee wat ek gehad het: siel, liggaam, geld. Wat bly nou oor? Ag nee wat, ek weet nie ... Wou net weet – ek weet nie wat nie; wou net iets hoor, iets opbouends, iets wat hoop gee … Ek glo aan God, en al die dinge – dís nie wat ek nou wil hoor nie. Ek soek raad vir myself, hier diep binne my. Laat hoor gerus – ek wag vir iets … Anoniem...

Die Liggaam: Outisme
Marlene Zwiegers - 2011-05-24
Untitled Document Daar is ’n wonderlike skool in Pretoria, Unika, wat in outisme spesialiseer. Ek het ’n kursus by hulle gedoen. Klop gerus daar aan. Ek gee ook drama vir kinders met die simptome van outisme. Wat ek weet, is dat die aggressie in kinders met outisme nie stoutigheid is nie, maar ’n onvermoë om uitdrukking te gee aan dít wat hulle nie in woorde kan beskryf nie. Dis belangrik om hulle dop te hou en om dan met begrip te verstaan wat aanleiding daartoe gee....

Die Liggaam: Aspergers
Liezel - 2011-05-12
Untitled Document Aan Charlene, Lenette en Amelia Ek het ook ’n seun van 12 jaar oud wat ADHD het en ook baie aspekte van Asperger-sindroom in hom het. Ek sal graag met julle wil kommunikeer en hoor of julle al reggekom het. Ek is in die Benoni-omgewing en my seun het nie veel maats nie. Hy word ook nou geboelie by die skool omdat hy so slim is, maar hy raak woedend as hulle hom terg en die reaksie wat hy gee, lok hulle uit om dit meer en meer te doen. Ek sal graag van julle wil hoor....

Die Familie: Janie
Ansie - 2011-05-12
Untitled Document My gestremde dogtertjie van 20 jaar is in Oktober verlede jaar aan longontstekening oorlede. Tot dusver was ek baie sterk (of so het ek gedink), maar nou sukkel ek om te slaap. Ek verwyt myself, alhoewel al haar dokters gesê het daar was niks wat ek meer vir haar kon doen nie. Haar ou liggaampie was maar net te swak omdat sy al so baie kere longontsteking gehad het. Nou voel dit vir my ek het haar nie gegroet nie, omdat ek nie na haar lykie in die kis wou gaan kyk nie. Daar...

Die Liggaam: Chroniese Pyn
Carla - 2011-05-11


Die Liggaam: Chroniese Pyn
Dr René Albertyn - 2011-05-11
Marianne, dankie vir die e-mail. Die meeste groot hospitale en feitlik al die privaat hospitale het pynklinieke vir volwassenes, maar nie vir kinders nie. Die meerderheid pasiënte, en in my geval hier in Kaapstad feitlik almal, is chroniese pynlyers. Daar is drie maniere om dit te hanteer: jy kan bloot die pynkliniek die naaste aan jou kontak en ’n groep met daardie pasiënte begin (en jy kan die staats- of privaat hospitale kontak), of jy kan landswyd pynspesialiste in die staat-...

Die Liggaam: Chroniese Pyn
Marianne van Heerden - 2011-05-11


Die Liggaam: Chroniese Pyn
Annette - 2011-05-11
Hi Lizette Van chroniese pyn kan jy my niks vertel nie! Ek het my rug beseer toe ek as kind in ’n ongeluk was, ek het my nek ook as kind beseer en my stuitjie is al afgesaag. Ná bogenoemde ongeluk ervaar ek hoofpyne – as gevolg van wat alles! Baie. Ek is 66 en werk nog steeds – dit hou my aan die gang, alhoewel ek kan agterkom ek vergeet soms ’n woord wat ek wil sê. Voorspoed. Ek tree einde Junie finaal af en sal dan ongelukkig nie ’n rekenaar hê...

Die Liggaam: Chroniese Pyn
James O’Donoghue - 2011-05-10


Die Liggaam: Chroniese Pyn
Lizelle - 2011-05-03


Verslawing: Pornografie
BS - 2011-03-29


Verslawing: Pornografie – my man is ook vasgevang
Hilda - 2011-03-23
Goeiemiddag Charmaine Ek voel ook soos jy oor pornografie. My man is ook vasgevang in dié aaklige web en as hy kans kry, kyk hy porn aanlyn. Ek voel ook of ek niks meer beteken nie, en ons is al 30 jaar getroud. Hy sien egter niks daarmee verkeerd nie en gaan elke Sondag saam met my kerk toe. Ons het vier kinders. Die oudste is 30 jaar, die tweeling is in hulle twintigs en dan’s daar die laatlam. Ek weet nie meer wat om te doen nie, want hy walg my as hy aan my vat. Al wat vir hom...

Familie: Vir Kinderloos
H - 2011-03-22
Vir Kinderloos Sewe jaar gelede was ek 40 en ná vier in vitro-bevrugtings wat misluk het, probeer ek toe ’n eierselskenking en in vitro. Dit was bitter duur en ek was reeds ’n emosionele wrak toe die proses begin het. Ek het swanger geraak met ’n buisswangerskap. Die aborsie is op ses weke gedoen. Ek was weke lank van my kop af van hartseer. Ek huil nou weer terwyl ek skryf. Ons is steeds (hoe dan nou anders?) kinderloos. My vrae is nog steeds nie beantwoord nie. Die hartseer...

Verslawing: Vir dié wat verslaaf is aan pornografie
Charmaine - 2011-03-22
Ek glo ons wêreld is so ontbloot deur pornografie dat ons dit nie kan ignoreer nie. Ons as vroue probeer te hard om daarteen te veg. Veral ons wat getroud is. Ons mans sal altyd kyk. Dit is in hul aard. Ons as vroue moet meer kommunikeer in ons huwelike oor waaroor ons mans fantaseer. Is ons hoofdoel nie tog om hom gelukkig te maak nie? Nou, as hy met sekere dinge wil eksperimenteer, hoekom nie met sy eie vrou nie? Glo my, elke vrou soek ook maar ’n bietjie excitement in haar lewe, en...

Die Familie: Al weer kinderloos
JC - 2011-03-10
Ons het 15 jaar gelede moed opgegee om swanger te raak en toe, op 15 Mei 2010, net vier dae ná my 40ste verjaardag, reeds 20 jaar getroud en kinderloos, het ek uitgevind ek is swanger. Ons babadogtertjie is in November 2010 sowat sewe weke te vroeg gebore en was drie weke in die hospitaal voordat sy twee dae voor Kersfees huis toe gekom het. Sy was sewe weke by die huis, en in Februarie 2011 het sy skielik siek geword. Ek het haar hospitaal toe geneem en sy is die volgende dag, Dinsdag 8 Februarie...

Verslawing: Kortverhale oor alkoholisme
Rolien - 2011-03-01
Hallo daar Ek het grootgeword met ’n pa wat ’n alkoholis was en het 12 kortverhale geskryf om mense insig te gee in hoe dit hulle, die huwelik en ook die kinders raak, en in die leemtes wat dit agterlaat. Daar is ook ’n rubriek op dieselfde profiel, genaamd “Black Label”, wat die langtermyneffek van verslawing uitwys.Weet nie of julle hierin sal belangstel nie, maar ek kry goeie terugvoer van lesers wat met hierdie stories identifiseer, en dit inspireer hulle. Baie...

Die Liggaam: Ek dink my seun het AS
Sanet - 2011-02-16


Die Psige: Aan Uitgebrand
J - 2011-02-16
Uitgebrand Jou brief het my getref en ek wil vir jou sê: Staak die pille! Kry jou kop reg! Gaan staan voor die spieël en kyk na die man vir wie Jesus aan die kruis gesterf het, want Hy het jou so baie lief! Jy sê jy is gelowig, maar het jy al regtig jou bondeltjie probleme aan die voet van die kruis gaan neerlê en Hom gevra om jou probleme te dra? Gee jou alles aan Hom oor en jy sal verbaas wees oor hoe Hy sal voorsien. Ek het ook jou pad geloop en my oorgawe aan Jesus het...

Die Psige: Gay, gelowig en gelukkig
G - 2011-02-15


Die Psige: Bipolêre tienerdogter
M - 2011-02-15


Die Familie: Aan Skoonma
2011-02-15


Die Psige: Uitgebrand
Tuinman - 2011-02-15


Die Psige: Aan Uitgebrand
Boertjie - 2011-02-15
Aan Uitgebrand Ou vriend, nee! Moenie so negatief wees nie. Ek is nie ’n kenner van depressie nie, maar wil sommer eenvoudige sielkunde toepas. Ruk jouself reg, man. Gaan sit en oorweeg die volgende: Gooi eers al daai pille weg, want hulle het jou lewe oorgeneem. Sluit by ’n gimnasium aan en begin oefen, maar doen dit saam met iemand – jou vrou of ’n goeie vriend. Moenie jou jou werk se verantwoordelikhede so aantrek nie. Die wêreld sal nie vergaan as jy weggaan...

Die Psige: Ook uitgebrand
Ook Uitgebrand - 2011-02-15


Die Psige: Afgeleef en uitgebrand
Uitgebrand - 2011-02-08
Ek is ’n 52-jarige man en voel totaal uitgebrand. Ly my hele lewe aan depressie en sluk die afgelope 20 jaar elke maand duisende rande se pille. My verstand moet al ’n nuclear fallout area wees. Niks gee my enigsins meer plesier nie en ek sidder daaroor dat ons maar in die 2e maand van die jaar is. Nog 11 maande van hel lê voor. Ek kan nie nog meer pille sluk nie en daar is geen uitweg nie. Ek wens ek kan net verdwyn. Selfmoord is nie ’n opsie nie – te selfsugtig en...

Die Liggaam: Newe-effekte van mirena
Angie - 2011-02-08
Goeiemôre Ek wil graag uitvind oor die newe-effekte van mirena. Ek het in 2008 my eerste baba gehad, en ná sy geboorte het ek gegaan vir die inspuiting, net een keer, maar ek het dadelik newe-effekte ervaar. Ek was kort van draad en mislik en ... Ek het nie weer gegaan nie. Ek het laasjaar September my tweede baba gekry, en ná ses weke het my gynae vir my die mirena ingesit. En ek weet nie of dit die mirena is nie, maar o my aarde, ek kan dit nie meer hou nie. Ek het geen geduld...

Die Familie: Vir die ma oor haar dogter
Vormpies - 2011-01-18


Die Familie: My dogter en haar boyfriend
Annie - 2011-01-13
Hi My dogter en haar boyfriend ken mekaar nou sewe maande. Noudat die skole begin, wil sy hom net al hoe meer sien, en sy het net besluit om haar goed te vat en by hom te gaan bly. Selfs sy ma het gebel en gesê ons moet haar gaan haal. Ek het vir haar gesê sy is nog minderjarig en sy sal nie my huis verlaat nie, maar sy wil nie luister nie. Sy is nou amper 16 jaar oud. Hoe hanteer ek haar en wat kan ek en haar pa vir haar doen? Ek is baie lief vir ons dogter en ons sal enigiets doen...

Die Familie: Ons arme skoonma’s
Nellie - 2011-01-11
Ek het drie pragtige skoondogters en het gedink ek sal die beste skoonma ooit vir hulle wees, maar o wee – dit was slegs 'n droom. Ek hanteer die babas verkeerd, praat op die verkeerde tyd, gee die verkeerde raad ... Als laat my so verwerp voel. Die kinders van Londen is nou in Suid-Afrika. Ek en my man kry slegs ’n afskeep een week, terwyl my seun en sy vrou met hul twee kinders vir langer as twee maande by haar ouers kuier. My hart breek, maar wie verstaan dit? Ek is...


<< 1 2 3 4 13 >>