Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Film > Rubrieke | Columns > André Crous: Nabyskoot

André Crous: Nabyskoot


<< 1 2 >>

The Adventures of Tintin is ’n avontuur vir oud en jonk
André Crous - 2011-12-14
The Adventures of Tintin Regisseur: Steven Spielberg Kamerawerk: Janusz Kamiński Rolverdeling: Jamie Bell, Andy Serkis, Daniel Craig Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 23 Desember 2011 Spielberg is anders as die res van die regisseurs. Hy doen nooit heeltemal wat jy verwag nie, en selfs al stel hy dikwels teleur met voorspelbare temas of beligting, is hy ook een van die mees vernuftige filmmakers van ons tyd. Met Tintin, wat hy geskep het in samewerking met Peter Jackson...

In a Better World lig nuwe gesprekspunte uit
André Crous - 2011-12-06
In a Better World Oorspronlike titel: Hævnen Regisseur: Susanne Bier Kamerawerk: Morten Søborg Rolverdeling: William Jøhnk Nielsen, Mikael Persbrandt, Markus Rygaard, Ulrich Thomsen Looptyd: 110 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 25 November 2011 Die Deense regisseur Susanne Bier was in 2007 aan die stuur van ’n formidabele film genaamd After the Wedding. Ongelukkig, soos so dikwels gebeur, is die film nooit in Suid-Afrika uitgereik nie, wat dalk juis bewys...

Outside the Law: Een van die beste films van die jaar
André Crous - 2011-12-01
Oorspronlike titel: Hors la loi Regisseur: Rachid Bouchareb Kamerawerk: Christophe Beaucarne Rolverdeling: Jamel Debbouze, Sami Bouajila, Roschdy Zem Looptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 18 November 2011 Die oploop tot die onafhanklikheid van Algerië, te midde van erge onderdrukking deur die koloniale magte van die Franse regering, word op dikwels skokkende wyse uitgebeeld in hierdie majestueuse film wat draai om die betrokkenheid van drie broers in die weerstandsbeweging. Frankryk...

Beginners sonder enige stroop
André Crous - 2011-11-17
Regisseur: Mike Mills Kamerawerk: Kasper Tuxen Rolverdeling: Ewan McGregor, Christopher Plummer, Melanie Laurent, Goran Visnjic Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 11 November 2011 Beginners stel ons in staat om, op die maat van geheue, tussen hede en verlede te gly op ’n manier wat nostalgies is sonder om soetsappig te wees, en bied ons ’n indruk van die ingewikkeldheid van die menslike bestaan sonder om self ingewikkeld te wees. Hoewel die film gewikkel...

Contagion: Verrassend interessant en slim geskryf
André Crous - 2011-11-08
Contagion Regisseur: Steven Soderbergh Kamerawerk: Steven Soderbergh Rolverdeling: Matt Damon, Laurence Fishburne, Jude Law, Kate Winslet, Marion Cotillard Looptyd: 100 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 28 Oktober 2011 Daar is al jare lank gerugte dat die farmaseutiese bedryf reeds ’n geneesmiddel teen vigs gevind het, maar vir eers nog ander tydelike medisyne verkoop om al die geld wat op navorsing spandeer is, terug te maak. Hierdie bedryf was alreeds in 2005 ’n teiken...

Black Butterflies se inhoud skiet tekort
André Crous - 2011-10-20
Black Butterflies Regisseur: Paula van der Oest Kamerawerk: Giulio Biccari Rolverdeling: Carice van Houten, Liam Cunningham, Rutger Hauer, Nicholas Pauling Looptyd: 95 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 21 Oktober 2011 Dit is nie maklik om hierdie film vanuit een enkele hoek te resenseer nie, aangesien ons te make het met ’n ware verhaal wat egter om kommersiële en ander redes verdraai is en die verband tussen voorstelling en werklikheid gevolglik behoorlik deurmekaar gegooi...

The Change-Up – amateuragtig en amper lagwekkend simplisties
André Crous - 2011-10-11
The Change-Up Regisseur: David Dobkin Kamerawerk: Eric Alan Edwards Rolverdeling: Jason Bateman, Ryan Reynolds, Leslie Mann, Olivia Wilde Looptyd: 110 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 30 September 2011 Dis kere soos hierdie wanneer ek herinner word hoe neerdrukkend ’n slegte film kan wees, maak nie saak watter genre dit is nie. The Change-Up is ’n totale verleentheid en in selfs swakker smaak as die ander laagtepunt van die jaar, The Hangover II, wat vroeër vanjaar...

Die wyd-geprese Incendies wél die moeite werd
André Crous - 2011-10-11
Incendies Regisseur: Denis Villeneuve Kamerawerk: André Turpin Rolverdeling: Lubna Azabel, Mélissa Désormeaux-Poulin, Maxim Gaudette, Rémy Girard Looptyd: 130 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 19 Augustus 2011 Die kas van die geskiedenis bevat soms vreeslike geraamtes, en hierdie geraamtes hou aan ratel totdat die deure oopgegooi word en hulle in die sonlig behoorlik gadegeslaan word. Die verhouding tussen die verlede en die hede word in Denis Villeneuve...

Wasted on the Young bring niks nuuts na die tafel nie
André Crous - 2011-09-15
Untitled Document Regisseur: Ben C Lucas Kamerawerk: Dan Freene Rolverdeling: Oliver Ackland, Alex Russell, Adelaide Clemens Looptyd: 90 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 9 September 2011 Wasted on the Young is ’n Australiese film met onbekende gesigte wat die onderwerp van klas en mag op hoërskool aanraak. In die verlede is heel interessante films al gemaak oor karakters op skool wat geboelie word, of wat voel hulle word deur die res van die samelewing (met ander woorde, die...

Crazy, Stupid, Love. veel beter as die som van sy dele
André Crous - 2011-09-01
Regisseurs: Glenn Ficarra & John Requa Kamerawerk: Andrew Dunn Rolverdeling: Steve Carrell, Ryan Gosling, Julianne Moore, Jonah Bobo, Emma Stone Looptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Augustus 2011 Ek moes eintlik 3½ sterre gee, want Crazy, Stupid, Love. het sy swak punte, maar die film as ’n geheel is so verleidelik en die effek op die kyker so verrassend dat die herinnering aan die film (die produk) veel beter is as die som van sy dele. Soos jy uit die...

Tree of life bykans onvolgbaar
André Crous - 2011-08-19
Regisseur: Terrence Malick Kamerawerk: Emmanuel Lubezki Rolverdeling: Brad Pitt, Hunter McCracken, Jessica Chastain, Sean Penn Looptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Augustus 2011 Sommige mense noem dit die 2001: A Space Odyssey vir ’n nuwe generasie. Sommige mense sal dit ’n visuele gedig of poëtiese filmkuns noem. Ek dink nie sulke vergelykings is juis van pas nie. Terrence Malick se Tree of Life, wat die gesogte Goue Palm, die hooftoekenning, by...

Rise of the Planet of the Apes – selfs beter as die oorspronklike
André Crous - 2011-08-16
Rise of the Planet of the Apes Regisseur: Rupert Wyatt Kamerawerk: Andrew Lesnie Rolverdeling: Andy Serkis, James Franco, Tom Felton, Freida Pinto, John Lithgow, Brian Cox Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Augustus 2011 Rise of the Planet of the Apes klink miskien na net nog ’n kommersiële poging om die franchise te laat herleef wat in 1968 geloods is met Charlton Heston in die hoofrol (hy was ’n mens, nie ’n aap nie). Maar nes Batman Begins het...

Terugflits: Terrence Malick
André Crous - 2011-08-03
Untitled Document Terrence Malick is my generasie se Greta Garbo: die amptelike kluisenaar van die filmwêreld. In sy loopbaan, wat strek vanaf 1973, het hy tot op hede nog net vyf films geregisseer. Hy fokus op verhale wat afspeel in die platteland, of op ’n plek soos die Solomon-eilande in die Stille Oseaan. Natuur is ’n baie belangrike eienskap van sy films, nes die pragbeelde wat sy kameramanne optower. Sedert sy tweede film, Days of Heaven (1978), het...

Heeltemal te veel toevallighede in The Perfect Host
André Crous - 2011-07-29
Regisseur: Nick Tomnay Kamerawerk: John Brawley Rolverdeling: David Hyde Pierce, Clayne Crawford Looptyd: 90 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 15 Julie 2011 The Perfect Host is een van daardie onafhanklike galgkomedies wat dikwels kortstondige oproer veroorsaak voordat ons agterkom watter gate die storie eintlik het. Hierdie keer speel die grootste deel van die film in ’n baie elegante huis in ’n woonbuurt van Los Angeles af, waar ’n krimineel opdaag nadat hy ’n...

Skoonheid dui op ’n nuwe rigting in die Suid-Afrikaanse filmbedryf
André Crous - 2011-07-29
Regisseur: Oliver Hermanus Kamerawerk: Jamie Ramsay Rolverdeling: Deon Lotz, Charlie Keegan, Michelle Scott Looptyd: 95 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 5 Augustus 2011 Wanneer skrywers, digters, filmmakers, ensovoorts ’n groot slag slaan met hul debuut, dan is die vrees gewoonlik dat hul volgende werk, bekend as "Die Tweede", nie sal kan voldoen aan die verwagtinge wat geskep is nie. Oliver Hermanus se eerste film, Shirley Adams, vrygestel in Suid-Afrika in 2010, was...

The Green Latern mag maar misgeloop word
André Crous - 2011-07-20
Regisseur: Martin Campbell Kamerawerk: Dion Beebe Rolverdeling: Ryan Reynolds, Blake Lively, Mark Strong, Peter Sarsgaard, Tim Robbins Looptyd: 110 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 24 Junie 2011 Ag nee, man. Hierdie is regtig net ’n superheldfilm wat probeer geldmaak uit die algemene gewilligheid van kykers om dieselfde soort film oor en oor te sien. En dan word dit nie eens met enige passie hoegenaamd gedoen nie. Hier is dit Ryan Reynolds wat in ’n groen pakkie geklee is...

Harry Potter and the Deathly Hallows, Part II: Die einde van ’n era
André Crous - 2011-07-20
Regisseur: David Yates Kamerawerk: Eduardo Serra Rolverdeling: Daniel Radcliffe, Ralph Fiennes, Emma Watson, Rupert Grint, Alan Rickman, Helena Bonham Carter Looptyd: 130 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 15 Julie 2011 Die einde van die reeks en die einde van ’n era. Dié aflewering, die tweede helfte van die laaste boek se verhaal, beantwoord baie vrae en skets ’n hele paar karakters as meer kompleks as wat ooit vantevore gedoen is. Veral Snape sorg vir ’n paar...

Terugflits: Die Harry Potter-reeks – Deel II
André Crous - 2011-07-20
Untitled Document Met die aanvang van die tweede helfte van die Harry Potter-reeks – dit wil sê die laaste vier films – is daar orde geskep in die huis van hierdie superproduksie. Terwyl die eerste vier films onder leiding van drie verskillende regisseurs was, almal met dieselfde ou John Williams-musiek, is hierdie twee aspekte hersien vir die laaste paar films: John Williams is eers vervang deur Nicholas Hooper, wat ’n ongelooflike energie...

Biutiful bied oomblikke van hoop, maar niks op ’n skinkbord nie
André Crous - 2011-07-06
Regisseur: Alejandro González Iñárritu Kamerawerk: Rodrigo Prieto Rolverdeling: Javier Bardem, Maricel Álvarez, Diaryatou Daff Looptyd: 140 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 22 Julie 2011 ’n Film onder leiding van regisseur Alejandro González Iñárritu is nou al maklik herkenbaar. Sy vorige drie films, Amores perros, 21 Grams en Babel, het almal ’n verskeidenheid hoofkarakters met hul eie afsonderlike stories gehad wat op een...

Roepman - ’n eerlike film
André Crous - 2011-06-22
Regisseur: Paul Eilers Kamerawerk: Tom Marais Rolverdeling: Paul Loots, John-Henry Opperman, Deon Lotz, Andrew Thompson Looptyd: 115 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 20 Mei 2011 Enige uitbeelding van Suid-Afrika gedurende die apartheidsjare is amper noodwendig polities van aard. Wanneer ons die interaksie tussen verskillende rasse sien, of die byna waansinnige vasklou aan een soort godsdiens, een taal en een velkleur, dan is dit soos ’n ander wêreld, een wat net-net bekend...

Terugflits: Die Harry Potter-reeks
André Crous - 2011-06-22
Untitled Document Op 15 Julie word die laaste aflewering van die Harry Potter-filmreeks vrygestel: Harry Potter and the Deathly Hallows, Part II. Dit kom ná tien jaar se films – agt in totaal – onder leiding van vier verskillende regisseurs en twee draaiboekskrywers. Weens die reuselengte van die totale produksie (die looptyd van al die films saam is meer as sewentien uur) moes sommige akteurs ook vervang word. Met die afsterwe van Richard Harris, wat...

Beautiful Boy: ’n Metodiese afmerking van die rouprosesstappe
André Crous - 2011-06-15
Regisseur: Shawn Ku Kamerawerk: Michael Fimognari Rolverdeling: Michael Sheen, Maria Bello Looptyd: 100 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 3 Junie 2011 Beautiful Boy is die eerste van sy soort waarvan ek bewus is. Waar die omstandighede van kinders wat moord in die klaskamer pleeg al ondersoek is – kyk na Gus van Sant se Elephant, of die uitstekende Estlandse film Klass – is die ouers gewoonlik grotendeels uit die ondersoek gelaat. Beautiful Boy se twee hoofkarakters is die ouerpaar...

The Adjustment Bureau:
André Crous - 2011-06-15
Regisseur: George Nolfi Kamerawerk: John Toll Rolverdeling: Matt Damon, Emily Blunt, Anthony Mackie, John Slattery, Terence Stamp Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 10 Junie 2011 Hierdie is my soort fliek, en een wat hoogstens een keer ’n jaar verskyn. Dit is stylvol, slim, meesleurend, en heelpad wonder ons wat volgende gaan gebeur – die film maak ons honger vir nog ’n stukkie inligting sonder om ons te frustreer met die weerhouding daarvan. David Norris...

The Hangover II – Véél swakker as sy voorganger
André Crous - 2011-06-09
Regisseur: Todd Phillips Kamerawerk: Lawrence Sher Rolverdeling: Bradley Cooper, Ed Helms, Zach Galifianakis, Justin Bartha, Mason Lee Looptyd: 100 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 27 Mei 2011 Wel, dis veel swakker as sy voorganger. Trouens, dit is so swak dat dit swak sou gewees het selfs al was daar nie ’n voorganger om dit mee te vergelyk nie. Dis waar dat die film grotendeels ’n herhaling is van die eerste film, The Hangover, wat groot sukses behaal het toe dit in 2009...

Pirates of the Caribbean – Jack Sparrow sit geen voet of haak verkeerd nie
André Crous - 2011-05-31
Regisseur: Rob Marshall Kamerawerk: Dariusz Wolski Rolverdeling: Johnny Depp, Penélope Cruz, Ian McShane, Geoffrey Rush Looptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 20 Mei 2011 Glo dit of nie, hierdie is my gunstelingfilm van Rob Marshall, wie se aartstylvolle Chicago en Memoirs of a Geisha ek nie kon verdra nie. Dié vierde aflewering van die reeks oor seerowers met maskara – eintlik net een: die weergalose Jack Sparrow – is nou wel nie so goed soos die eerste...

Master Harold and the Boys se inhoud is verouderd en vervelig
André Crous - 2011-05-17
Regisseur: Lonny Price Kamerawerk: Lance Gewer Rolverdeling: Freddie Highmore, Ving Rhames, Patrick Mofokeng Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 13 Mei 2011 Ek wou my hare uit my kop uit trek. Dit mag dalk wees dat Athol Fugard se verhoogstuk ’n insiggewende blik is op sy eie kinderjare en die gemak waarmee ’n jong wit seun mag kon uitoefen oor ’n volwasse swart man, maar in 2011 is dit werklik vervelig. Ten spyte van Freddie Highmore se werk om ’n Suid-Afrikaanse aksent...

Let me in se uitstekende verwerking lok spannings"junkies"
André Crous - 2011-05-17
Regisseur: Matt Reeves Kamerawerk: Greig Fraser Rolverdeling: Kodi Smit-McPhee, Chloë Grace Moretz, Richard Jenkins, Elias Koteas Looptyd: 115 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 6 Mei 2010 Die idee van ’n verhaal oor kindervampiere kan jou dalk laat huiwer as jy enige smaak het, of dit kan jou vreeslik opgewonde maak as jy ’n aanhanger is van die Twilight-films. Let Me In is egter baie ver verwyder van die spookasemvermaak wat Twilight en sy opvolgprente bied, en is een...

Miral: Visueel verleidend of misleidend?
André Crous - 2011-04-14
Regisseur: Julian Schnabel Kamerawerk: Eric Gautier Rolverdeling: Freida Pinto, Alexander Siddig, Omar Metwally, Hiam Abbass Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 15 April 2011 Een ding wat slegter is as ’n film wat kante kies, is ’n film wat op die draad sit en bang is om jukskei te breek of bloed te laat borrel. Miral is ’n film uit die tweede kategorie; die verhaal word vertel uit die oogpunt van Palestynse karakters, maar hoewel dit meestal deur Franse vervaardigers...

Terugflits: Sofia Coppola
André Crous - 2011-04-13
Untitled Document Sofia Coppola, dogter van die beroemde regisseur Francis Ford Coppola (Godfather- en Apocalypse Now-faam), is een van die min regisseurs in Hollywood wie se name so vroeg in hul loopbaan al aan die meeste kykers bekend is. Sy word hierdie jaar veertig en het haar debuut gemaak op die ouderdom van 28, met ’n baie beheerste (“poëties” sal ook ’n goeie beskrywing wees) uitbeelding van vyf tienersusters se massaselfmoord. Haar...

Kidman faal om Rabbit Hole se leegte te vul
André Crous - 2011-04-07
Regisseur: John Cameron Mitchell Kamerawerk: Frank G. DeMarco Rolverdeling: Nicole Kidman, Aaron Eckhart, Dianne Wiest Looptyd: 90 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 1 April 2011 Rabbit Hole bevat ’n hele paar skote waar die kamera inzoem op ’n karakter; dit beteken dat die kamera fisies nie beweeg nie, maar ons net die indruk kry dat ons nader beweeg. Baie dele van die film het vir my so gevoel: ons bekyk die mense van nader sonder om werklik nader te gaan en dit is jammer,...

Somewhere: Ietwat versnipper en vervelig
André Crous - 2011-04-05
Regisseur: Sofia Coppola Kamerawerk: Harris Savides Rolverdeling: Stephen Dorff, Elle Fanning Looptyd: 95 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 8 April 2011 Somewhere is Sofia Coppola se vierde en slegste film tot op hede. Ná die monumentale pienk mallemeule van Marie Antoinette, wat gehore behoorlik verdeel het (ek dink dis ’n fees), keer sy met Somewhere terug na die stadige ritme van haar vroeëre films, The Virgin Suicides en Lost in Translation. Maar die eerste skoot...

Terugflits: Die Britse koningshuis
André Crous - 2011-03-24
Untitled Document Nadat die Britse film The Kings’s Speech vanjaar behoorlik koning gekraai het by die Oscar-seremonie, waar dit onder andere as beste rolprent gekroon is, is die vraag logies gevra of die Britse koningshuis dan nou weer interessant is vir die (Amerikaanse) filmmark. My posisie hieroor was nog altyd dat dit eerder afhang van die film, en die aanbieding, as die inhoud, hoewel albei natuurlik ’n belangrike rol speel om die...

Getroud met rugby: ’n onambisieuse tog onvertelde storie
André Crous - 2011-03-16
Untitled Document Regisseur: Cobus Rossouw Kamerawerk: Trevor Calverley Rolverdeling: Izak Davel, Altus Theart Looptyd: 115 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 11 Maart 2011 Getroud met rugby (met die ondertitel “Die onvertelde storie”) is gemaak sodat ons ’n goeie tyd kan hê, maar gelukkig herstel dit in ’n mate die naam van behoorlike Afrikaanse vermaak nadat Liefling verlede jaar ons intellek en ons sinne onsedelik aangerand het. Ongelukkig kan dit nog...

Blue Valentine bied uitstekende dialoog en toneelspel
André Crous - 2011-03-15
Regisseur: Derek Cianfrance Kamerawerk: Andrij Parekh Rolverdeling: Michelle Williams, Ryan Gosling Looptyd: 110 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 18 Maart 2011 “How do you trust your feelings, when they can just disappear like that?” vra die jong Cindy, pas uit die skool, haar ouma. Haar ouma gee die wyse raad dat ’n mens dit maar net moet toelaat om te gebeur, anders sal jy nie weet of jy moes nie. Blue Valentine, ’n film waarvan die titel dit baie duidelik...

True Grit: ’n konvensionele storie met onkonvensionele karakters
André Crous - 2011-02-24
Untitled Document Regisseur: Joel Coen & Ethan Coen Kamerawerk: Roger Deakins Rolverdeling: Hailee Steinfeld, Jeff Bridges, Matt Damon Looptyd: 100 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 18 Februarie 2011 Matty Ross is ’n veertienjarige meisie in die Wilde Weste wat haar pa se moord wil wreek deur, met behulp van die eenoog-, halfdronk (of halfmal?), immerpraterige offisier Rooster Cogburn, die moordenaar Tom Chaney op te spoor en voor haar eie vorm van die gereg te bring. Dis...

Kortaf: The Tourist se sterre lok toeskouers
André Crous - 2011-02-24
Untitled Document Regisseur: Florian Henckel von Donnersmarck Kamerawerk: John Seale Rolverdeling: Angelina Jolie, Johnny Depp, Paul Bettany, Timothy Dalton Looptyd: 100 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 7 Januarie 2011 Ek het nie gejaag om by hierdie film uit te kom nie en kon dit maar eintlik gelos het. Die hoofrede waarom ek toe wel gegaan het, was die regisseur, Florian Henckel von Donnersmarck, wat ’n paar jaar gelede die uitstekende The Lives of Others gelewer het. The Tourist,...

127 Hours: Kan jy die klimaks hanteer?
André Crous - 2011-02-15
Regisseur: Danny Boyle Kamerawerk: Anthony Dod Mantle & Enrique Chediak Rolverdeling: James Franco Looptyd: 95 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 18 Februarie 2011 In 2003 het Aron Ralston, ’n jong, spontane, avontuurlustige adrenalienjunkie, in Utah die Wilde Weste en sy klowe gaan verken. Hy het gegly en ’n groot rots het op sy arm geland – ’n rots wat hy nie kon beweeg nie. Vyf dae later het hy daar uitgeloop, lewendig, maar met net een arm oor. 127 Hours...

The King’s Speech is ’n soliede stuk werk
André Crous - 2011-02-09
Regisseur: Tom Hooper Kamerawerk: Danny Cohen Rolverdeling: Colin Firth, Geoffrey Rush, Helena Bonham Carter, Guy Pearce, Derek Jacobi Looptyd: 120 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 11 Februarie 2011 The King’s Speech sal vanjaar ’n waardige Oscar-wenner vir beste film wees. Dit is ’n fassinerende prent waarvan die genot nie beperk sal wees tot een kultuur of een groep mense met ’n belangstelling in die geskiedenis nie – hierdie is ’n soliede stuk...

The Town: deurmekaar gebeure vertel ’n eenvoudige storie
André Crous - 2011-02-01
Regisseur: Ben Affleck Kamerawerk: Robert Elswit Rolverdeling: Ben Affleck, Jeremy Renner, Rebecca Hall, Jon Hamm Looptyd: 125 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 31 Desember 2010 Ben Affleck speel Doug, ’n geharde krimineel in Charlestown, die “town” van die titel, ’n woonbuurt in Boston, wat banke beroof en nogal heel suksesvol is daarmee. Geweld is die lewe wat hy ken: Sy beste vriend, James, is onlangs uit die tronk vrygelaat nadat hy opgesluit is vir manslag...

Black Swan demonstreer Aronofsky se byna geniale aanleg
André Crous - 2011-01-26
Regisseur: Darren Aronofsky Kamerawerk: Matthew Libatique Rolverdeling: Natalie Portman, Mila Kunis, Barbara Hershey, Vincent Cassel Looptyd: 110 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 4 Februarie 2010 Ek erken: ek is nie ’n aanhanger van balletfilms nie. Robert Altman se 2004-film The Company, en selfs die klassieke The Red Shoes van 1948, so mooi soos wat dit was, het my dood verveel. Daarom het ek nie vreeslik na dié jaar se groot balletfilm, Black Swan, uitgesien nie. Maar...

You Will Meet a Tall Dark Stranger laag op die rangorde van Allen-films
André Crous - 2011-01-18
Regisseur: Woody Allen Kamerawerk: Vilmos Zsigmond Rolverdeling: Naomi Watts, Josh Brolin, Anthony Hopkins, Antonio Banderas Looptyd: 95 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 31 Desember 2010 Hoewel Woody Allen een van vandag se produktiefste regisseurs is in terme van sy uitsette (hy het die afgelope tien jaar tien films geregisseer en vrygestel), moet ’n mens dikwels maar net duim vashou en hoop vir die beste. Die man weet hoe om te skryf en hy weet veral hoe om mense te laat praat,...

Winter’s Bone goed, maar nie genotvol
André Crous - 2011-01-18
Regisseur: Debra Granik Kamerawerk: Michael McDonough Rolverdeling: Jennifer Lawrence, John Hawkes, Dale Dickey Looptyd: 100 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 14 Januarie 2010 Winter’s Bone wys ’n jong meisie se soektog na haar pa in die hartseer, bebosde agterland van middel-Amerika – die deelstaat Missouri, om presies te wees. Die film is deurtrek met ’n gevoel van jare se leed en worsteling om kop bo water te hou en hierdie gevoel word onderstreep deur die film...

Red dra Tarantino-energie aan ’n wyer gehoor oor
André Crous - 2010-12-02
Red Regisseur: Robert Schwentke Kamerawerk: Florian Ballhaus Rolverdeling: Bruce Willis, Mary-Louise Parker, Helen Mirren, Brian Cox, Morgan Freeman, John Malkovich, Karl Urban, Ernest Borgnine, Julian McMahon Looptyd: 110 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 19 November 2010 Nie ver verwyder van die adrenaliengepakte absurditeite van Kick-Ass nie, het ons nou nóg ’n film gebaseer op ’n prentverhaal wat nie jou gewone superhelde bevat nie. Tewens, as jy so...

Liefling is ’n groot flop
André Crous - 2010-12-02
Regisseur: Brian Webber Kamerawerk: Paul Krüger Rolverdeling: Lika Berning, Bobby van Jaarsveld, Marlee van der Merwe, Elize Cawood, Porteus Xandau, Rouel Beukes, Sonja Herholdt, Jaco Muller, Willem Botha, Kurt Darren Looptyd: 110 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 19 November 2010 Honderd-en-tien minute is ’n baie lang tyd vir ’n musikale gemors. Liefling is iets in die lyn van ’n musiekvideo, want dit lyk heel mooi – die film is veel meer geïnteresseerd...

Kortaf: Baie wat geloof kan word in Eyes Wide Open
André Crous - 2010-11-16
Regisseur: Haim Tabakman Kamerawerk: Axel Schneppat Rolverdeling: Zohar Strauss, Ran Danker Looptyd: 90 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 November 2010 Eyes Wide Open is ’n mooi film met ’n buitengewone onderwerp, maar dit maak ’n tragiese fout in sy laaste toneel en ondermyn daarmee die hele erns van die produksie. Die film speel af in ’n erg ortodokse gedeelte van die stad Jerusalem, waar kuisheid aan die orde van die dag is en mans met lang baarde die strate...

Terugflits (Oktober 2010): David Fincher
André Crous - 2010-11-09
David Fincher maak nie komedies nie en hy speel ook nie klein nie. Selfs wanneer sy film net op een plek afspeel (binne een groot huis en die kamera beweeg nooit buite die huis behalwe vir die openings- en slottonele nie) spandeer hy baie tyd en geld om die film op een of ander manier visueel in ons geheue vas te lê. Hy doen dit gewoonlik met interessante keuses in beligting, baie ingewikkelde kamerabewegings en dikwels ook met spesiale truuks. Sy films toon baanbrekerswerk in die veld van...

The Girl Who Played with Fire: Heelwat groot gewere, maar storielyn skiet tekort
André Crous - 2010-11-03
Titel: The Girl Who Played with Fire Regisseur: Daniel Alfredson Kamerawerk: Peter Mokrosinski Rolverdeling: Michael Nyqvist, Noomi Rapace, Mikael Spreitz, Yasmine Garbi, Georgi Staykov Looptyd: 130 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 5 November 2010 Die eerste film van hierdie Millennium-trilogie (vernoem na die publikasie waarvoor die hoofkarakter, speurjoernalis Mikael Blomkvist, werk), The Girl with the Dragon Tattoo, het ’n duidelike en sterk storielyn gehad: ’n Jong meisie...

The Joneses maak geldige punte
André Crous - 2010-10-22
Regisseur: Derrick Borte Kamerawerk: Yaron Orbach Rolverdeling: David Duchovny, Demi Moore, Ben Hollingsworth, Amber Heard, Gary Cole Looptyd: 100 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 22 Oktober 2010 Die Jones-gesin is ideaal: aantreklik en suksesvol, met alles wat hulle harte (en, belangriker, hulle bure s’n) begeer. Hulle woon iewers in ’n welige Amerikaanse woonbuurt waar die inwoners nie werk nie, maar eerder lyk of hulle op ’n ewige vakansie is terwyl hulle een van twee...

Eat Pray Love sink vinnig
André Crous - 2010-10-19
Regisseur: Ryan Murphy Kamerawerk: Robert Richardson Rolverdeling: Julia Roberts, Javier Bardem, Richard Jenkins, James Franco Looptyd: 140 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 8 Oktober 2010 Daar is ’n bekende aanhaling van Alfred Hitchcock waarin hy verduidelik dat die uitbeelding van ’n eksotiese omgewing eenvoudig kan steun op kennis wat die kyker reeds vooraf het. Een van sy films, Sabotage, speel in Switserland af en vir Hitchcock was dit slegs nodig om van sjokolade of die...

The Girl with the Dragon Tattoo spoeg vuur-sterre
André Crous - 2010-10-13
Regisseur: Niels Arden Oplev Kamerawerk: Eric Kress Rolverdeling: Michael Nyqvist, Noomi Rapace, Sven-Bertil Taube Looptyd: 140 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 8 Oktober 2010 The Girl with the Dragon Tattoo is gebaseer op die gelyknamige roman wat deesdae soos soetkoek in Suid-Afrika en regoor die wêreld verkoop. Dit is die eerste boek in ’n trilogie deur Stieg Larsson, wat ’n Sweedse speurjoernalis was en veral navorsing gedoen het oor die verregse karakters aan die...


<< 1 2 >>