Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry

Poësie | Poetry


<< 1 2 3 4 31 >>

cathexis
Jaco Barnard-Naudé - 2011-12-14
cathexis ek het na ’n foto of twee gekyk van my en jou glimlaggend gekiek, ’n gelukkiger tyd van moontlikheid ek het vir jou ’n Facebook-friend request gestuur, Lacan se vermaning gelees "die boodskap keer omgekeerd terug na die sender – die brief is ook ’n koevert" ek het ook meer as een SMS gekomponeer eindelose pogings om met jou te rekonsilieer jou antwoord was ’n bygewerkte internetstilte maar my melankolie kom deesdae tot rou Oedipus steek...

tromsirkel by die ewening
René Bohnen - 2011-12-14


Meditasie, tussen stede
Joan Hambidge - 2011-12-14
Untitled Document Meditasie, tussen stede Die geykte uitdrukking Eating one’s heart out doem voor die geestesoog op tussen twee stede: San Francisco en Los Angeles. Heilige Franciscus? Stad van Engele? Die tussenruimte: beleef en onthou, aankoms en vertrek gister en nou werklikheid en aanvoeling (en al die ander opposisies) laat my soek na die potustornnost of die ander wêreld. Miskien hét ek my hart in San Francisco verloor of agtergelaat. In my dagboek genoteer:...

Los Angeles, ’n meditasie
Joan Hambidge - 2011-12-14
Untitled Document Los Angeles, ’n meditasie Soos ’n spoorsnyer in die digte bos snuffelend aan klein tekens stap ek in hierdie stad verby ’n hotel waar ek as jongeling met ’n leerbaadjie vertoef. Hollywood en al die klatergoud het toe bekoor. James Dean en Marilyn Monroe my gode. Sien die modelle vir Jaws en vele rillerfilms. “Framing the sign”, aldus Culler en ek, die woordsnyer wandel verby die handtekeninge in sement. Dean en Monroe is vort, maar lewe...

nou dat dit aand is
Gerhard Bothma - 2011-12-07


Meditasie, Herinnering
Joan Hambidge - 2011-12-07
Meditasie, Herinnering Trocadéro, dié woord soos ’n herinnering aan of indruk van ’n vreemde stad, ’n herhalende droom verskyn dit een nag aan my: Tro-ca-dé-ro … Iewers gehoor, gelees, gesien? In die gevoelige oorskulp klink dit op, soos perdepote, geweerskote, hierdie woord, hierdie gelade simboliese woord; plek van handel, glo, oorspronklik. Trocadéro omsluit vir my ’n reis, ’n herbesoek aan ’n ruimte waar ek ’n...

Droewe gondel
De Waal Venter - 2011-12-07
Tomas Tranströmer Sorgegondolen nr 2 Droewe gondel I Twee ou mans, skoonvader en skoonseun, Liszt en Wagner, bly by die Groot Kanaal saam met die rustelose vrou wat getroud is met koning Midas wat alles verander wat hy aanraak in Wagner. Die see se koue groen stoot op deur die paleisvloere. Wagner is gemerk, sy beroemd Punch-profiel is moeër as voorheen sy gesig ’n wit vlag. Die gondel is swaar gelaai met hul lewens, twee retoer en ’n enkel. II ’n Venster...

Tokio, 'n meditasie
Joan Hambidge - 2011-12-01
Tokio, ’n meditasie ’n Nokia met ’n buik gelaai vol sms’e, ’n Dell Vostro met leggers vol herinneringe en foto’s geneem met ’n digitale kamera, twee e-posbusse wat swel by die dag. Ek maak my los van hierdie boodskappe, aanmanings, registrasies. You’ve got mail! raas die inboks in die Shiba Park-hotel. Vroeër immer so ’n kamer gedeel of verlang na die ander, die immer afwesige of vertrekkende. Nou is die hotelkamer ’n lafenis,...

April en stilte
De Waal Venter - 2011-11-24


Stolen rivers
Phillippa Yaa de Villiers - 2011-11-24
Stolen rivers for Chiwoniso Maraire We Africans came to Berlin to sing and recite poetry. We had an agenda: remembering our anthems of loss, galloping, consuming, the pillage, the cries like forest fires, like haunted children, how can we, how can we even begin to redress? Enraged, we wanted revenge, and then, Chiwoniso, you stepped on to the stage and you opened your mouth and every stolen river of platinum and gold poured out of your mouth in song; your voice etched us out of the night and...

Il Gigante
Cas Vos - 2011-11-24


Il Gigante
Cas Vos - 2011-11-24


Washington DC, ’n meditasie
Joan Hambidge - 2011-11-23
Untitled Document Washington DC, ’n meditasie ’n Sondagoggend in hierdie stad leer my alles van hóé om eensaamheid te verstaan: alleen op ’n dubbeldekker-bus, solo in ’n koffiewinkel, enkel in ’n restaurant in Georgetown. Klanklose televisie, ’n soutpot sonder maat, ’n Spaanse kelner sukkelend met ’n bestelling en ’n hotelkamer sonder ’n concierge of nagbestuurder. Maar dis eers om vyf vm, post hierdie Sondag, toe...

Heidegger (vanuit Todtnauberg) 1950s
Jaco Barnard-Naudé - 2011-11-17
Heidegger (vanuit Todtnauberg) 1950s “Wat kan ek nou nog vir julle vertel? Seuns, dogters, julle is tog wel bekend met die mossie? Twee vir ’n stuiwer, sê die Bybel en nie een van hulle val sonder die Vader op die aarde. Moeilik om te glo, ja, die dooie god by Nietzsche, sowaar, hande vol vere is nog geen voël nie! Maar ék sê nou vir julle: waar die Arnika uitbundig bloei in die Swartwoud se donker turf, vér van die Führer se bunker,...

weghol haikoe
DW Gouws - 2011-11-15


Sel(f)portret op 55, ’n meditasie
Joan Hambidge - 2011-11-08
Untitled Document Sel(f)portret op 55, ’n meditasie In watter hotelkamer, op watter vreemde kontinent het hierdie foto uit my Fuji geklik? Gepofte oë (ja watter on-lieflikheid is sy nie hier nie?), wrewelmond, ysterdraadhare, gekleurde wenkbroue en huilsakke onder die bril geplaas op ’n snuffelende neus. Gordyne effens oopgeskuif, hempkraag ópgeslaan. Voetjie-vir-voetjie word jy emigrant, verwys jy na Eybers tevergeefs, selfverraaier, uitgevang met Nixon-wenkbroue,...

Mobius-strip
Johann de Lange - 2011-11-08
Untitled Document Mobius-strip Alfred Corn’n Onverwagse lenige halfdraai, sy kurktrek- torsie terug en óm, om blikke te sluit, die stroom wat wakker skok nét so verrassend – so … hardkoppig? So sidderend – waar maar vier of vyf invalle, houdings meeding. Ek het gewonder of enigiets behalwe ’n stoeierslyf en nek óp kan heliks om die blos te ontbloot, die koel duursaamheid van ’n gesig nog klam van ’n warm stort, en ons...

Istanbul, ’n meditasie
Joan Hambidge - 2011-11-01
Istanbul, ’n meditasieIn ’n troebel droom skeur ek die binneblad van ’n boek uit, daar waar die biblioteekdatumstempel staan. Die boek handel oor hulle, die dooies, die vertrekkendes wat soms in drome hul opwagting maak of in vreemde stede op ’n haar na lyk soos ’n inwoner van ’n stad, maar praat met ’n vreemde tongval, verbaas opkyk en nooit terug groet nie of in ’n glaskas van ’n museum uitgestrek lê en onsiende staar. Hulle lewens...

Klokslag
Marietjie Steenberg - 2011-10-27
Untitled Document Klokslag nag, na nag, na nag soos ’n kerklike langs ’n siekbed waak hy oor jou – bedag op die weerlose rus waarmee slaap jόú se‘n, maar hom verag maar agter daardie oopgesig front wat elke asemteug van jou observeer tril die fyn draadjie van sy lont met die ritmiese tik van elke ratjie tot snaarstyf voor hy die stilte verwond steek sy laaste lag deur die stilte se dun vel geduldig het hy op dié uur gewag terwyl sy draadwerk ongesiens...

aardreg
Celesté Fritze - 2011-10-20
Untitled Document aardreg jy kan maar sê jy boer volhoubaar, hersikleer na die werkershuis jy kan voorgee op jou grond het jy ’n hart vir ’n rooikat piekolie ’n uitnodiging om meer mielies te plant, redeneer jy ’n sangoma uitroep, ja, ontgin jou woordeskat antroposentries die polikrisis is ’n groengek se agendapunt, aardjurisprudensie, lag jy waar hoor jy als die mens-Natuur-band se los konneksie is twak, onheilig soos ’n uilroep, hier regeer ék,...

hoenderkode
Celesté Fritze - 2011-10-20


Melville Poetry Festival
Adriaan Coetzee - 2011-10-20
Untitled Document Melville Poetry Festival Note the plastic chairs in neat rows for a poetry reading Deduce from their dirty laps something beyond the fact that minutes ago they were still stacked outdoors The dirt is a metaphor The sponsor’s logo perhaps The sandy scalps of Wopko Jensma Dry pans with bullfrogs beneath the crust awaiting a shower Consider the gallery’s word art lost on the walls and our eternal audience yet again, smudged within the greater frame, recall the...

Hotelbed: ’n meditasie
Joan Hambidge - 2011-10-20


nog boomkwatryne
Gerhard Bothma - 2011-10-19


Verras-vers: jy met jou verkleurmannetjiebroek
Carina van der Walt - 2011-10-14


die weerligvoël
Petra Courtney - 2011-10-14
die weerligvoël hoekom sirkel die weerligvoël vannag al om my hut, my dogter? hoekom klap hy sy donderende vlerke oor my woonplek? hoekom spoeg hy gevurkte vuurtonge wat sissend diep vore om my buitemure skroei? ek sien helder verwondering in jou oë, my dogter jou hande wat huiwerig uitreik na iets wat vaag bekend is jy bondel nie verskrik saam met ons in die verste, donker hoekie nie jy kniel nie vreesbevange saam met die res van jou familie en roep na die voorvadergeeste nie ek...

boomkwatryne
Gerhard Bothma - 2011-10-14


Learning about Rhyming Couplets
Simon Verster Du Toit-Kombuis - 2011-10-13


New York, ’n meditasie
Joan Hambidge - 2011-10-12
Untitled Document Tydens ’n slapelose nag in die stad-wat-nooit-slaap flikker ’n advertensiebord ’n beeld van ’n stappende mannetjie. Vannag onthou ek die vele mense met roet oor hul gesigte op die Brooklyn-brug, weg van die gemaal én twee geboue. Eers die werklike gebeurtenis, dan die vele voorstellings. Uit verskillende hoeke afgeneem, weergegee en vermenigvuldig. ’n Vuur bly brand ter herdenking; foto’s teen mure, blomme, kruise, onderhoude met naasbestaandes,...

A Tale to Tell
Gail Dendy - 2011-10-06
Untitled Document A Tale to Tell I’m sure the tale had been known before, the one that jumps the gap of disbelief before flattening out beneath the tongue. But for now, it has inexplicably stopped a foot or two beyond the garden gate, and takes a long, last look at Hansel and Gretel and their dear papa vanishing into the forest’s maw. This story must’ve sat in the loft for a year like an injured bird. Still, when the rumours started of its coming here, it seemed almost familiar,...

A Cat named Ollie
Gail Dendy - 2011-10-05
Untitled Document A Cat named Ollie Monkey expression, and a temperament almost to match, Ollie lies paws up, the crest of his nose baby-pink and lightly glistening. In a flash, as they say, he’s barrelled around and attacked the stitching on the duvet. Then hunts his sibling awhile (a girl, all calico and white), and then, enough, he’s out for the count, wondering why cat dreams are sweeter than most, why they hang about his neck like butterflies he’ll never catch, why they’re...

SMS-aubade
Johann de Lange - 2011-10-05


Verras-vers: Die kamer 1 & 2
Wilma Barry - 2011-10-04


Verras-vers: Vir see
Louis Roux - 2011-10-04
Untitled Document Vir see dit het gereën hier vir dae en dae aanmekaar dit was of god ons weer wou wegwas en oor begin en vandag het dit opgehou en die lug was blou die amper-deurskynende blou van jou oë en die wolke het gelyk soos die stukkies watte wat kleuters op hulle arts+crafts-projekte plak (en ek het uiteindelik verstaan hoekom kinders altyd vir die heilige soek in die lug) en die landskap wat agter die karvenster verbygeflits het was groen die groen van lig ...

Verras-vers: 'se Aram
Monty Isaacs - 2011-10-04
Untitled Document ô'se Aram op die vlakte net buitekant die kaap daar het jy die kaapse inslag gevind gee jy ’n stem aan die vergetenes besing jy hulle sukkel wel en wee in hulle swaarkry-dae vind jy ’n lag hul kaapse soet tong laat jou jubel sing durf jy die establishment met radbraak aan straatpraat, vanuit die lekker kaapse gopse laat jy die honde uit die townships los wek jy hulle op tot hoër hoogtes nou eindelik dat moedertaal onder beleg is kom erkenning wat toeka al...

Keerweer
Joan Hambidge - 2011-10-04
Untitled Document Keerweer Op die hoek van Dunbarton en Wisconsin, Washington verloor ek ’n gedig oor Chicago. Daardie gedig, dit weet ek, sal my agtervolg soos ’n slegte gewete of ’n droom van iemand, iewers op ’n hoë gebou wat val en woordeloos roep om hulp. Dit sal terugkeer (soos Eliot waarsku) in ’n ander vorm, langs ’n ander roete, kopsku die opwagting maak: “Hier’s ek.” Dalk het daardie vers beland op ’n ander busroete of dalk...

Farce poetica
Izak du Plessis - 2011-10-04


duiwedrek
Andries Samuel - 2011-09-28


My lyf
Joan Hambidge - 2011-09-28
My lyf My lyf is soos die naakmodel in ’n Lucian Freud-skildery: skrynend vol hompe en hobbels en heuwels soos in Yerba Buena, oftewel San Francisco soos in soos in soos in ’n vergelyking wat nie opgaan. Soma ook South of Market in hierdie stad van soveel vergelykings waar die lyf soos slaggoed opgeveil word. Die lyf verraai die psige, waarsku Lacan, iewers in een van sy lesings, opgeteken, vertaal en dalk ook verfomfaai deur Alan Sheridan. Is dit egter wat hy sou gesê...

Epilepsie
Anne-Ghrett Erasmus - 2011-09-27
Untitled Document Epilepsie “the moon has lost her memory” – TS Eliot eklips sonsverduistering epilepsie kortsluiting epilepsie van die ingewikkelde sellulietmassa, bepalend van die lê van die son, die maan, die man en ’n pil: wat smak-smak petit mal, die maan laat skadunette hekel oor ’n son en kerf aan die kronologiese verloop van nag en dag en lewe. en vra oor die waar en wanneer, en wat nou in oomblikke van duister. wat met ’n oogrol...

Lonely connect
Fourie Botha - 2011-09-27
Untitled Document Lonely connect Die smart phone is my Psalm drie-en-twintig niks sal my ontbreek nie: I am connected ge-wifi op elke dating site ge-3G Voosboek Grinder Gaydar-mobiel ek slyp my profiel soos ’n skeerlem my foto’s geneem in goeie lig my About Me skerp verkoopskopie. Ek probeer mooipraatjies maak lieg bedrieg my tong plat soos ’n rinkhals die tande gevyl sinne in silwer pakkies toegedraai jy kry gevleuelde woorde my tale staan vir niks verkeerd nie....

Charlotte Mew
Nini Bennett - 2011-09-27
Untitled Document Charlotte Mew “Yes one can bear hard things under the open sky but for weeks now I have seen little of it except through a window.” – Charlotte Mew I. Beaumont Street 37, 15 Februarie. Deur die eenrigtingglas van jou kamer in die gestig het jy gesien hoe die blitse die hemel splyt in spieëls en die dampkring wolke voortasem tot die snelvuur van reguit reën en die grofgeskut van donderweer. Jy het jou naam geskryf teen die vensterruit maar soos asem...

ek wil die weerlig soen
Jasper van Zyl - 2011-09-27
Untitled Document ek wil die weerlig soen ek wil die weerlig soen op ’n aand wat skitter van die ruimtetuie terwyl jy slaap in die metropool in ’n historiese woonstelblok bo-op ’n tektoniese plaat. ek wil vuurvlieë spoeg sodat elke vlerk wat in my mond gloei om jou rose kan swerm. uit die mik van ’n bladhoudende boom hou ek die motors voor jou venster dop ’n deurwinterde speurder met kamera byderhand. die bietjie reën wat ek beheer kan ek eers oor ander...

by die ontvangs van die ingrid jonker – Melt Myburgh se dankwoord en gedig
Melt Myburgh - 2011-09-27
Untitled Document Dames en here van die Ingrid Jonker-pryskomitee, beoordelaars Dit is vir my ’n voorreg om hierdie prys, met sy assosiasie van Ingrid Jonker se uitsonderlike digterlike nalatenskap, in ontvangs te neem. Om dit te ontvang uit die hand van Caro Wiese, wie se ondersteuning van die poësie en geleenthede soos hierdie van voddedraers digters maak, is ’n voorreg des te meer. Vir my suster Karen en haar kinders, Janke en Hugh, wat vanaand hierdie geleentheid met my deel:...

Myself met ’n motorfiets
Johann de Lange - 2011-09-21
Untitled Document Myself met ’n motorfiets Motorfiets, die rytuig van langhaargode. My god spog met ’n eikelvormige versierde kroon wat ons ’n valhelm noem, steek sy bene sy lang skene in asuurblou jeans trek swaar stewels aan beslaan met baie goue klinknaels, & snel deur die skemer van purper gode. Juis nou, halfpad op die kliptrappe agter ’n teater, byvoorbeeld, is my god in die middel van ’n bloedgeurende sameswerende gesprek met ander langhaargode....

Tydens ’n ketamien-trip
Johann de Lange - 2011-09-21


Oudisie
Johann de Lange - 2011-09-15


Eden
Johann de Lange - 2011-09-15


'Timeless Love' Competition: Spain, 1865
Tez Colloty - 2011-09-15
It didn’t feel right. Having the black silk pulled over my head and feeling it coldly clinging to my skin. I inhaled a shaky breath as I adjusted the net over my face. I glanced at your candle, still as bright as the day I lit it. They’re lying to me. It’s not true. I know it isn’t. I slip the gloves on and put on the diamond ring you gave me the day you vowed your eternal commitment and love to me. I glance in the mirror a final time before I head down the twirling staircase....

The duvet
Gail Dendy - 2011-09-02
The duvet The duvet has the brown stain of cat’s paw, of general outside spaces brought inside along with a dead bird, perhaps, or with a brush of pine that bilked when the cat ran under it. Through rain and fifteen years’ light drizzle the duvet held up squarely against home-cooked brownies and our children’s finger paint. And later, fluffed and white once more, its swiss-roll shape bunched into the cupboard, it was forgotten unless friends would come to stay. It was a simple...


<< 1 2 3 4 31 >>