Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Taal | Language > Taaldebat | Language Debate > Essays & Referate | Essays & Papers

Essays & Referate | Essays & Papers


<< 1 2 >>

Veeltaligheid en die weg vorentoe
Christo van der Rheede - 2011-08-31
Suid-Afrika is ’n land van vele tale. Daarom vereis ons nasionale Grondwet van die staat om praktiese en daadwerklike maatreëls te tref om ons amptelike tale te ontwikkel en die gebruik daarvan te bevorder. In die uitvoering van hierdie opdrag moet die nasionale, provinsiale en plaaslike regerings ag slaan op die taalgebruike en -voorkeure van die inwoners en wetgewing en maatreëls implementeer om die status van alle amptelike tale uit te bou en te bevorder en dít te monitor. Hierdie...

Hoekom universiteitsopleiding in ander tale as Engels wél belangrik is – en haalbaar
Marlene Verhoef - 2011-03-09
Om na te dink oor die belang van universiteitsopleiding in ander tale as net Engels in Suid-Afrika bring mens onafwendbaar by ’n besinning oor wat opvoeding werklik is en wat die rol van taal in so ’n opvoedingsproses is. Op sy beurt dwing dit ook nadenke oor die effek wat taal op onderwysuitkomste het, en oor hoe groot die invloed van hierdie dinamiese en komplekse tussenspel is op die manier waarop skoolverlaters en graduandi, op grond van die kwaliteit van hul verworwe vaardighede,...

Afrikaans en die Nederlandse Taalunie (NTU)
Wannie Carstens - 2010-12-02
Die byeenkoms van die Nederlandse Taalunie om hulle 30ste bestaansjaar te vier het volgens wat ek hier vanuit België kon aflei, heelwat dekking in die media in Suid-Afrika gekry – ek het by geleentheid selfs daaraan meegedoen. Mense is seker nuuskierig oor wat werklik gebeur het en ek doen gou verslag daaroor. Die Nederlandse Taalunie (NTU) is die liggaam wat hom amptelik beywer vir die uitbou van Nederlands as taal wêreldwyd. Die NTU word bestuur deur ʼn Raad van Bestuur bestaande...

Afrikaans het jou nou nodig
Johan van Zyl - 2010-12-01
“Die wêreldliteratuur is ’n volle orkes - nie ’n dun en eensame fluit nie. Elke taal, selfs die kleinste, is ’n aparte instrument met ’n eie timbre. Literatuur wat in hom volmaak uitgespreek is, word ’n onvervangbare verowering van die mens; gaan dit verlore, ly die hele mensdom skade” (NP Van Wyk Louw). Die legende NP Van Wyk Louw het dié stelling reeds in 1945 gemaak. Het hy reeds toe al bekommerd geraak oor Afrikaans wat neig na ondergang?...

Waarheen met Afrikaans? – My droom vir Afrikaans
Wannie Carstens - 2010-10-12
Lesing gelewer tydens die Jaarsimposium van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, 30 September – 1 Oktober 2010, Universiteit van Pretoria: Inleiding Dit is nie maklik om te antwoord op ’n vraag soos in die titel van hierdie lesing nie. Daar is gewoon te veel wat in ag geneem moet word voordat ’n mens ’n sinvolle antwoord hierop kan gee. Verder leef ons ook in onsekere tye, met ’n regering wat nie juis besondere ag slaan op die onderhandelde grondwet nie. Dit...

Leierskap en bestuur as onontbeerlike elemente op die pad na uitnemendheid – perspektiewe vanuit die laerskool
Bennie Aucamp - 2010-09-15
1. Inleidende opmerkings Warren G Bennis deel in sy boek Reinventing Leadership (1995:3-4) die volgende treffende idee: The key to competitive advantage in the 1990s and beyond will be the capacity of leadership to create a social architecture capable of generating intellectual capital ... Intellectual capital means ideas, know-how, innovation, knowledge, and expertise. That’s what’s going to make the difference. [eie kursivering] Die laaste gedeelte van bostaande aanhaling...

Die rol van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Afrikaanse onderwys
Van Zyl de Villiers - 2010-09-15
Konteks Die bydrae van die SA Akademie tot die Afrikaanse onderwyslandskap word gerig deur die oogmerke van die organisasie, naamlik die bevordering van die wetenskap, die tegnologie en die kunste, asook die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans. In breë trekke behels dit dus dat die Akademie aandring op die wetenskaplike begronding van argumente en voorstelle wat in die openbare diskoers aangebied word – by hierdie konferensie spesifiek die onderwys. Ons kan natuurlik...

Opsomming van ATR-referaat: Chris Klopper
Chris Klopper - 2010-09-07
Onderwerp: Die SAOU: ’n Onbeskaamde en onbevange voorstander vir Afrikaans Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie is tans die enigste vakbond wat onbeskaamd en onbevange die belange van minderheidsgemeenskappe, met inbegrip van taalregte, formeel bevorder. Die Afrikaanssprekende gemeenskap sal moet besef dat die belange van die gemeenskap onteenseglik verweef is met die plek en status van ander minderheidsgemeenskappe in SA en die politieke wil van die ANC om dit formeel te erken en daadwerklike...

Opsomming van ATR-referaat: Dr Tersia King
Dr Tersia King - 2010-09-07
Tema: Die stand van Afrikaans in skole Onderwerp: Bekostigbare Afrikaanse privaatonderwys nou noodsaaklik My persoonlike mening is dat ras nie ’n probleem in die wêreld is nie. Kultuur, met al sy verskille, is waar die probleem lê. Ons verstaan nie mekaar se kulture en die religie wat die waardestelsel daarvan vorm nie. Kultuur word deur omgewing en ander invloede gevorm – invloede wat dikwels ook velkleur- en liggaamsverskille veroorsaak, maar wat ons ook help oorleef binne...

Opsomming van ATR-referaat: Jan Bosman
Jan Bosman - 2010-09-07
Tema: Beskerming, bevordering en bemagtiging deur kultuurliggame “Die formule vir die Afrikaanse gemeenskap is saam te vat in drie begrippe: eiebestaan, naasbestaan en saambestaan.” ~ Willem de Klerk in Afrikaners: kroes, kras, kordaat, 2000 Afrikaanse kultuurorganisasies het oor die jare ’n besondere rol gespeel in die bevordering van Afrikaans, maar ook onderwys deur en in Afrikaans. Dat slegs wit onderwys bevoordeel is, moet gesien en verstaan word binne die breë politieke...

Opsomming van ATR-referaat: Christopher Banda
Christopher Banda - 2010-09-07
Tema: Studenteopleiding en die herinstelling van onderwyskolleges Onderwerp: Die oes en die arbeiders ... In hierdie referaat word enkele knelpunte ten opsigte van onderwys in Afrikaans en studenteopleiding bespreek en ’n paar oplossings aan die hand gedoen. Die eerste knelpunt wat onder die loep kom, is die ouderdom van die huidige Afrikaanse onderwyserskorps en die beperkte getal nuwe toetreders tot die beroep. Slegs sowat 5 000 tot 7 000 nuwe onderwysers word jaarliks deur die tersiêre-onderwyssektor...

Enkele kernwaardes van die Vrye Afrikaanse Universiteit (VAU): Impulsreferaat vir ’n breër debat
Neville Alexander - 2010-09-07
Ek is versoek om ’n paar paragrawe oor die kernwaardes van ’n VAU te formuleer en hoop dat die volgende gedagtes tot ’n breër debat aanleiding sal gee. Ek het probeer om die memorandum so eenvoudig as moontlik te hou en het doelbewus nie gepoog om in filosofiese en ideologiese verfynings te beland nie, sodat ons op hierdie stadium op die onmiddellike problematiek kan fokus. Ek besef natuurlik dat daardie ander gesprek op een of ander stadium na vore gedwing gaan word en neem...

Studenteopleiding en die herinstelling van onderwyskolleges: Hoe en waarom wil ons nou onderwyskolleges herinstel?
Basil F May - 2010-09-07
Die redes vir die sluiting van kolleges is nie meer belangrik nie. Die feite is soms erg verdraai om legitimiteit aan die sluitingsproses te gee. Persone wat min of niks van die luisterryke geskiedenis van onderwyskolleges geweet het nie, is die reg gegee om oor hulle toekoms te besluit en die proses indirek of direk te bestuur. Niemand sal ontken dat, soos in die geval van baie universiteite en technikons, daar op daardie tydstip sake was wat dringend aandag verdien het. As gevolg van die feit dat...

Die jeug en die toekoms van Afrikaans in die onderwys
Nico de Wet - 2010-09-01
Ek wil my toespraak graag begin deur ’n bietjie oor myself en my agtergrond te vertel. Ek doen dit om drie redes: Toe ek die eerste keer op die Stellenbosch-kampus by die taaldebat betrokke geraak het, het ek baie gou agtergekom dat as ’n mens vir Afrikaans opstaan en jy manlik en wit is en nog ’n bietjie van ’n baardjie het, word jy met geweldige agterdog bejeën en onmiddellik in ’n boks geplaas. Dalk kan my persoonlike storie ’n gedeelte van...

Die uitdagings vir moedertaalonderrig in ’n veeltalige konteks, met ’n spesifieke fokus op Afrikaans
Neville Alexander - 2010-09-01
Inleidende opmerkings Die samestelling en doelstellinge van hierdie byeenkoms maak dit oorbodig om weer eens die bekende voordele van moedertaalonderrig te herhaal, alhoewel mense geneig is om die eenvoudigste feite tog te maklik te “vergeet” wanneer die waarheid hulle nie pas nie. Ek sou dus graag sommer met die deur in die huis wou val, maar ek moet tog twee proposisies as prolegomena kortliks bespreek, omdat hulle in die vurigste debatte oor die taalkwessie in Suid-Afrika gewoonlik...

Amsterdam-tafelronde oor Afrikaans: Verslag
Rudolf Stehle - 2010-06-01
Die idee van ’n Vrye Afrikaanse Universiteit (VAU) het wyd aanklank gevind onder Nederlanders en Vlaminge wat Vrydag die rondetafelkonferensie oor Afrikaans in Amsterdam bygewoon het. “As ons nie radikaal anders gaan kyk na die konteks waarbinne ons Afrikaans se posisie as wetenskaptaal verseker nie, is dit neusie verby,” het Christo van der Rheede van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) aan die gehoor gesê. Van der Rheede het gesê dat Afrikaans as wetenskaptaal...

Als nie maanskyn en rose in Afrikaanse taaltuin
Rudie van Rensburg - 2010-05-05
Noudat die stof gaan lê het oor Breyten Breytenbach se onlangse voorspelling dat ons in sy leeftyd nog die begrafnis van Afrikaans gaan bywoon, is dit moontlik ’n geskikte tyd om ’n 2010-oudit te doen oor die stand van Afrikaans. Die meerderheid Afrikaanses het Breyten van ’n oormaat pessimisme beskuldig. Want ons jol dan nog só lekker in die taal wat ons saam met moedersmelk ingekry het. Ons sing op rockkonserte, ons lees Rapport en Huisgenoot, en die taal kook...

Welvaartskepping via die inheemse tale
Christo van der Rheede - 2010-02-23
Opsomming Ons leef in ’n inligtingsamelewing waarin die generering en disseminasie van inligting die vernaamste ekonomiese, kulturele, opvoedkundige en sosiale aktiwiteite is. Die kennisekonomie is die ekonomiese komponent van die inligtingsamelewing, die een waarin kennisproduksie en die benutting van kennis deurslaggewend is vir welvaartskepping. Ons diverse en dinamiese inheemsetaal-erfenis is ’n belangrike instaatstellende hulpbron vir die ontwikkeling van gemeenskappe sodat hulle...

’n Middeweg vir Afrikaans
Leon Rousseau - 2010-02-19
Elemente van ’n konsep-artikel deur my oor die Afrikaanse spelwyse het as brief in BY verskyn. Hier is die volledige hersiene artikel: Dit is verblydend dat die debat oor die Afrikaanse spelling van vreemde woorde tussen my enersyds en Ernst Kotzé en Tom McLachlan andersyds tot dusver op so ’n beskaafde vlak kon verloop. (Dié twee is onderskeidelik voorsitter en ondervoorsitter van die Akademie se Taalkommissie.) Selfs mnr McLachlan het minder straf op my geword. In sy...

’n Gratis Afrikaanse universiteit – ’n vergesogte idee?
Christo van der Rheede - 2009-12-14
Om telkens ’n oproep van ’n huilende ouer te ontvang oor ’n kind wat graag ná matriek verder wil studeer, maar wat weens ’n tekort aan geld nooit by ’n tersiêre inrigting sal uitkom nie, is hartverskeurend om die minste te sê. Veel help die verwysings wat ’n mens probeer gee ook nie, want soveel andere kompeteer vir die beskikbare beurse en lenings. Verder word die situasie vererger deur blatante diskriminasie teen Afrikaanssprekendes....

Taal en integrasie in Suid-Afrika: die rol van universiteite
Vic Webb - 2009-11-06
1. Inleiding[1] Soos algemeen bekend, is nasionale integrasie een van die ideale van post-1994-Suid-Afrika, wat in algemene terme bewerkstellig kan word deur onder andere die beskerming van die land se diversiteit, die vestiging van ’n demokrasie en die bevordering van gelykheid en menseregte. Hierdie ideaal kan natuurlik op verskillende domeine nagestreef word. Een daarvan is taal, meer spesifiek die beskerming van linguistiese diversiteit en die bevordering van meertaligheid, die...

Is Afrikaans an anti-colonial victory language or an oppressors’ language?
FM Lucky Mathebula - 2009-11-06
South African history is in a process of being rewritten, being given new appendices and/or in a continuous state of redefining itself. The process is unfortunately muddied by the various historical contributions of the country’s nationals, especially in terms of defining who the victors are in the broad anti-colonial struggle. The contestation for this position has, and fortunately, escaped the wrath of being a political mobilisation rallying point notwithstanding its spasmodic appearance...

Die ''Afrikaner''
LiMari Louw - 2009-11-05
Ek is tans besig met my MA in Afrikaanse taalkunde en het onlangs op iets baie interessants afgekom. Gewoonlik as inbellers op Praat Saam of Loslip op RSG hulle gesprek begin met “Ek is ’n blanke Afrikaner”, dan is my reaksie altyd instinktief: ek sug en sit dan sommer maar dadelik my “draadloos” af, want die strekking van die gesprek is dan maar gewoonlik dieselfde en het dikwels ’n rassistiese ondertoon. Die term blanke word reeds jare...

Adam Tas en die Nasionale Selfmoord van die Afrikaner
Koos A Kombuis - 2009-10-14
*Hierdie stuk is gedeeltelik in Die Matie en ook op die studentevereniging Adam Tas se webtuiste gepubliseer. Op die 20ste Junie het ek ’n artikel in Rapport gepubliseer waarin ek skryf oor die raaiselagtige en eensame dood van die swart Matie-student, Mufunwa Munyangane, in die strate van Stellenbosch. Mufunwa het verkluim op ’n koue wintersaand omdat hy skynbaar te skaam was om te vra vir aanwysings terug na sy woonplek. Ek het hierdie treurspel gebruik as ’n metafoor vir my...

Nico Koopman se verpolitiseerde Afrikaans
Johannes Comestor - 2009-09-18
Die LitNet-kommentare (deur Theodorus du Plessis en Pieter Duvenhage) op Nico Koopman se lesing vlei hom, want daar word veel meer taalkundige diepte in sy voordrag veronderstel as wat daar is. My vertolking is dat dit vir Koopman wesenlik om die bevordering van ANC-politiek gaan en dat Afrikaans as kapstok gebruik is. Bevrydingsteoloë, waarvan Koopman een is, misbruik godsdiens op 'n soortgelyke manier ter bevordering van politieke oogmerke. Maar eers die konteks. Waarom sou die Afrikaanse...

Jy bewaar wat jy liefhet
Lina Spies - 2009-06-18
In Leopold Scholtz se insiggewende artikel “SA moet elders kers opsteek oor taalbeleid” (Die Burger, 8 Mei 2009) het sy skrywe oor die taalbeleid van die Universiteit van Barcelona my veral geïnteresseer. Dié universiteit, sê Scholtz, is onapologeties amptelik Katalaans, alhoewel ’n program aangebied word vir studente wat die taal nie beheers nie. Geen toegewings aan die sterker taal, Spaans, by wyse van parallel- of dubbelmedium word gemaak nie, en boonop koester...

Ope brief aan Russel Botman
Johann Rossouw - 2009-06-08
30 Mei 2009 Beste Russel Dis 'n wintersaand in Melbourne. Oor 'n paar uur skop die Blou Bulle in Pretoria teen die Chiefs af vir die finaal van die Super14. Gister het die Chief met sy blou trui die Bulle sterkte gaan toewens. Hier vanuit die suide slaan 'n mens die dinge meewarig en melancholies gade. Afrikaanse gemeenplasighede gewissel, kan ek seker nou met die deur in die huis val. Vanuit die suide – Stellenbosch om presies te wees – verneem ek hier in die suide –...

Waarom die UV parallelmedium moet behou. ’n Opiniestuk vir kommentaar
Prof Theodorus du Plessis - 2009-03-12
Die UV se huidige taalbeleid is nou, meer as ooit tevore, onder die soeklig. Nie net is ons beleid gekritiseer deur die ministeriële komitee wat ons vroeër vanjaar besoek het nie, maar ons is eintlik ook bygekom deur die ouditkomitee (ek gebruik sommer die populêre woord). In beide gevalle het die mening van die betrokke instansies die pers bereik. Verder was daar natuurlik Reitz 2008. Ons taalbeleid word voorgehou as dat dit verdeeldheid sou skep, of ten minste aanmoedig. Die veronderstelling...

Ope brief aan die US Taaltaakgroep deur studenteraadslid Piet le Roux
Piet le Roux - 2007-11-08
Beste prof. Fourie of ander lid van die hersieningsproses Twee jaar gelede, September 2005, het ek begin om bydraes tot die taaldebat te lewer. Ek is van mening dat die onderstaande insette sedert daardie tyd nie met die nodige erns deur die TTG (Taaltaakgroep) in ag geneem is nie. Onderaan volg 'n oorsig oor bydraes aan die TTG gerig. Algemene mening: Teenoorgestelde ontwikkeling Dit strek my tot kommer dat die voorgestelde beleid juis ontwikkel het in die teenoorgestelde...

Oor Afrikaans Sonder Uitkoms (of Dubbele Borstrok Vertaalde Engels)
Jaco Alant - 2007-09-19
Wat het Jannie vir sy ma gesê die dag toe die Meneer hom "geassesseer" het? "Mamma, my as is seer!" Maar laat ek onmiddellik ophou om ons gedweë assesseerders – opvoedkundiges en ander akademici, beleidsmakers en dweepsugtiges – só op hulle (uitkoms-) basisse te raps. Nee, my eintlike teiken is 'n nóg groter monster, waarvan genoemde uitkomsgebaseerdheid (eina!) maar net een - weliswaar besonder pynlike - simptoom is: politieke korrektheid....

Wat is taal?
Ampie Coetzee - 2007-08-29
Die onderwerp van hierdie lesing het ek self gekies. Miskien het ek te veel afgebyt, want vanaf die begin van die wêreld word daar al gepraat van taal; en ek kan nie vasstel of daar nog ooit uitgevind is wat dit is nie. Maar wat ek wel weet, is dat in ons land daar verskriklike verwarring heers. 'n Land met 11 tale, waar almal ewe veel bemagtig behoort te wees in terme van die Grondwet - wat dit klaarblyklik nie kan deurvoer nie, of eintlik nie omgee nie, omdat daar ander ellendes is...

Sneeu en die vensterlose lokaal: oor taal en die opvoedkunde
Sarie Berkhout - 2007-08-21
1. Inleiding - ek dink dit sal van ryker nut wees om verby die skisofreniese politieke en historiese "gemeenskapsafbakenings" te kom (as voorvereiste en merker van samewerking) en liewer die klem te lê op 'n beweging van gebruikmaak van die taal as bemagtigingsmiddel en as kreatiewe (en daarom kritieke) werktuig vir omvorming. (Breyten Breytenbach) Bostaande aanhaling uit die werk van Breytenbach wat op die uitnodiging na die Winterlesingreeks van die SBA staan, waarin...

Afrikaans en haar geskiedenisse: Andersmaak en saammaak
Hermann Giliomee - 2007-08-16
(Voordrag: Breytenbach-huis, Wellington, 28 Julie 2007) Die Breytenbach-huis kom tot stand as 'n nuwe tuiste vir skeppende besinning oor ons lewe hier in die Boland en ook in die land Suid-Afrika, wat sulke harde eise aan ons gemoedsrus stel saam met al sy weelde van genietinge. Ek wil vra dat die opteken van herinneringe en die herinterpreteer van die geskiedenis deel van die uitdaging sal wees om die Breytenbach-huis tot 'n intellektuele en geestelike kragbron in die Boland te maak. Ek...

Language and the raging war on crime
Jameson Maluleke - 2007-08-01
This paper was presented at the AUETSA / SAACLALS / SAVAL Conference July 08 - 11, 2007, University of KwaZulu-Natal, Howard College Campus. Introduction While the teaching of language continues to enjoy the highest priority amongst language scholars, it is annoying to note that the war on crime has been grossly neglected by language practitioners. How linguists and language practitioners expect to study and teach language in a peaceful environment while the whole society is bleeding...

Die verband tussen taal, die ekonomie en misdaad
Christo van der Rheede - 2007-07-10
Navorsing bewys dat taal ‘n reeks primêre en sekondêre ekonomiese aktiwiteite dryf wat uiters belangrik is vir ekonomiese groei en welvaartskepping in Suid-Afrika. Op hierdie stadium is dit veral die twee voormalige amptelike tale, Engels en Afrikaans, wat ‘n belangrike rol in dié verband speel. Die prentjie het egter na 1994 verander met die aanvaarding van ons nuwe Grondwet wat amptelike erkenning verleen aan 11 tale in ons land. Verskeie statutêre liggame...

Johan Combrink-gedenklesing: 'n Perspektief op Afrikaans
Prof Russel Botman - 2007-02-20
Toe ek onlangs saam met my gesin die Apartheidsmuseum in Johannesburg besoek het, het dit my opgeval dié museum se hardste kreet is die onreg wat in die naam van Afrikaans gepleeg is: die wetgewing, die skellende plakkate teen Afrikaans, die kinders in die strate van Soweto, die skote, die bloed, die foto van Hector Pietersen, en die Afrikaans van 1976. In 1976 was ek ’n studenteraadslid aan die Universiteit van Wes-Kaapland. My taak was dié van skakelbeampte, en ek het met die...

Die nuwe Adam Tas: Henry Cloete gesels met Roelof Nel en Jared Abels
Henry Cloete - 2007-02-12
Saterdagaand, en veral in Februarie, is in Stellenbosch nooit iets wat te veel inspanning verg nie. Die Brazen Head se klante bevestig dit – niemand lyk te moeilik vanaand nie. Kaalgeskeerde koppe is om baie van die tafels gesaai (koshuisdoop is immers onlangs verby). Groepe netjiese mense en groepe lang-hare-vuil-baarde mense lawaai op hul eie, weg van mekaar. Sigarette word opgesteek en selfone word gecheck. Van binne kom die klanke van ‘n fluitjie wat geblaas word en klink die krete...

Adam Tas-vereniging: Roelof Nel se toespraak by die ankerlegging
Roelof Nel - 2007-02-12
Voorsitter van die Adam Tas-vereniging10/02/07 Dames en here In die woorde van aartsbiskop Njo­ngo­n­ku­lu Ndungane: Suid-Afrika is soos ‘n rivier. Daar vloei verskillende bergstrome in hierdie rivier in. Afrikaans ook een van daardie strome. As die Afrikaanse stroom "toegedraai" word, sal Suid-Afrika ‘n armer plek word. Vandag is ‘n waterskeiding in die geskiedenis van Stellenbosch. Vandag staan ons as studenteleiers op en sê hard en...

Adam Tas-vereniging: Jared Abels se toespraak by die ankerlegging
Jared Abels - 2007-02-12
Ondervoorsitter van die Adam Tas-vereniging10/02/07 Dames en here Ek het oor hierdie dag gedroom. Ek het gedroom oor hoe die studente van Stellenbosch op gaan staan en sê: "Ons is hier, ons het ’n stem.” Te lank was daar besluite gemaak oor die studente se lewens waarin die studente self geen sê gehad het nie. Te lank was ons glad nie eers betrek by besluitneming wat volgens die universiteit in ons beste belang is nie. Ek het gedroom oor die dag waar studente...

Die NTLA en NFA: van praat na doen!
Wannie Carstens - 2006-11-07
Hierdie toespraak is deur prof Wannie Carstens gelewer by die Konferensie oor Afrikaans, 21 Oktober 2006. 1. Inleiding In hierdie kort praatjie wil ek graag twee aspekte uitlig: (a) wie en wat die NTLA is en (b) wie en wat die NFA is. Hieruit behoort te blyk watter rol hierdie twee liggame speel in die ontwikkeling, uitbou en bevordering van Afrikaans. Dit is so dat liggame net so goed is soos die mense wat daarin dien en dat dinge ook nie vanself gebeur nie – dis...

Die toekoms van Afrikaans
Michael le Cordeur - 2006-10-31
"Die rol van Afrikaans as ’n instrument van nasiebou wat oor ’n diverse platform van verskillende rasse, kulture en gelowe strek, word onderskat. Van ’n taal van verdrukking is die uitdaging nou dat Afrikaans sy rol as taal van bevryding voluit moet speel. En dit vind nie genoeg plaas nie." So praat die voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee, dr Michael le Cordeur, na afloop van die Konferensie oor Afrikaans wat die WKTK verlede Saterdag (21 Oktober) in Seepunt, Kaapstad...

Die provinsiale regering ernstig is oor die behoud en bevordering van Afrikaans
Joyce Witbooi - 2006-10-31
Hierdie toespraak is deur me Joyce Witbooi gelewer namens die Wes-Kaapse minister van die Departement van Kultuursake en Sport by die Konferensie oor Afrikaans, 21 Oktober 2006. Agbare Premier Ibrahim Rasool, me Hannetjie Du Preez, hoofdirekteur Kultuursake, lede van die Wes-Kaapse Taalkomitee, verteenwoordiger van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, lede van ander provinsiale taalkomitees, leiers van die Khoisan-gemeenskappe in die Wes-Kaap, verteenwoordigers van taal- en kultuurorganisasies, amptenare...

'n Volhoubare plek vir Afrikaans in hoër onderwys en regeringsteun daarvoor II
Niek Grové - 2006-10-11
Vervolg van deel I 4. Die skoolstelsel “Second language is learned best where first language is learned well.” Wanneer Afrikaans en universiteite ter sprake kom, is dit eerstens belangrik om te weet wat tans in die skoolstelsel gebeur. Die skoolstelsel is die voedingsbron vir universiteite. Indien daar nie leerders is wie se onderrigtaal op skool Afrikaans is nie, gaan daar ook nie universiteite wees waar Afrikaans as voertaal vir algemene onderrig gebruik gaan word nie. ...

'n Volhoubare plek vir Afrikaans in hoër onderwys en regeringsteun daarvoor I
Niek Grové - 2006-10-10
It is a frequently asked question whether and why languages should be maintained. In a global human heritage perspective, languages are as unique as biological species and linguistic diversity should therefore be maintained in the same spirit as biological diversity. – Pekka Sammallahti, Universiteit van Oulu, Helsinki 1. Algemeen1 Daar is baie min Suid-Afrikaners wat vandag onbewus is daarvan dat een van die grondoorsake vir die 1976-studenteopstande in Soweto...

Voorwaardes vir die behoud van Afrikaans as wetenskapstaal: 'n taalbeplanningsperspektief
Vic Webb - 2006-10-03
Vic Webb is die direkteur van CentRePoL (Centre for Research in the Politics of Language), UP1 Inleiding Daar is die afgelope tyd buitengewoon baie gedebatteer oor taalbeleid by HAU's, en ek neem aan dat HAU's wat die beginsels van toeganklikheid, gelykheid, transformasie, kompeterende akademiese opleiding en die bevordering van meertaligheid en diversiteit (insluitende die behoud van Afrikaans as taal van onderrig en leer (TO/L) en die bevordering van die Afrikatale) wil bevorder, waarskynlik...

Die posisie van Afrikaans aan die Universiteite vir Tegnologie
Johan Anker - 2006-09-29
Die vrae van hierdie Taalberaad wentel om die volhoubaarheid van Afrikaans aan tersiêre inrigtings en strategieë om dit of volhoubaar te maak of die volhoubaarheid voort te sit. Ek moet net eers beklemtoon dat statistiek wat in hierdie toespraak gegee word, by benadering afgerond is en op telefoonoproepe, fakse en e-posse berus – enige foute daarin is my persoonlike foutiewe afleidings – die meeste getalle is verskaf vir die 2005/6-jaar en die meeste van die instansies het...

Die staat en onderrigtaal aan universiteite
Christo Viljoen - 2006-09-26
Inleiding* Afgesien van die vier oorblywende historiese Afrikaanse universiteite (HAU’e) (van die oorspronklike vyf bly vier oor na die verdwyning van die RAU), is geen van die ander Suid-Afrikaanse universiteite se onderrigtaal anders as eksklusief Engels nie. Daar is velerlei redes waarom geen van die inheemse amptelike Afrikatale in Suid-Afrika as onderrigtaal op universiteitsvlak gebruik word nie. Een daarvan is die gebrek aan omvattende vakterminologie en die feit dat dit slegs Afrikaans...

O moenie huil nie, o moenie treur nie, die Stellenbosse boys kom weer!
Joan Hambidge - 2006-09-20
'n Vaste plek vir AfrikaansSkrywers: Hermann Giliomee & Lawrence SchlemmerISBN 1-920109-16-1SUN PReSS, 2006R 150.00 (BTW ingesluit) Ons leef in ‘n postmoderne wêreld, ‘n begrip wat alreeds ‘n cliché is. Wat dit egter in effek beteken, is dat daar geen oorkoepelende, standhoudende waarheid is nie. Vir elke persoon is sy interpretasie of posisie geldig. Die wêreld het vir die meeste mense tegelykertyd één...

Etlike gedagtes oor moedertaalonderrig in Suid-Afrika na Apartheid
Neville Alexander - 2006-09-06
Hoekom praat ons nou oor hierdie vraag? Die feit dat Afrikaans op die oog af aan die kwyn is, is net een van die redes. Baie belangrik is ook die aaklige druipsyfers, veral in die jaarlikse matriekeksamen, onder niemoedertaalsprekers van Standaardafrikaans en Standaardengels. Kan die oorheersing van Engels nog gestuit word? Dit gaan nie soseer oor die dominansie van Engels nie. Dit is ’n vraag wat met die sogenaamde vryemarkstelsel te make het, en op daardie gebied kan net die magspolitieke...

'n Volhoubare plek vir Afrikaans
Frederik Van Zyl Slabbert - 2006-09-06
’n Paar kantopmerkings oor die sosiale konteks van die vraagstelling 1. Die nasionale politieke klimaat word op die oomblik aan die een kant oorheers deur die interne spanninge binne die ANC rondom alliansiekonsensus, leierskapsoorgang en sentralisasie vs desentralisasie van besluitneming, en aan die ander kant, op internasionale vlak, deur Suid-Afrika se staanplek in Afrika, byvoorbeeld NEPAD, die AU ensovoorts, en ons rol, of gebrek daarvan, rondom Zimbabwe, Vigs edm. 2. Gegee hierdie nasionale...


<< 1 2 >>