Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Van die redakteur | Editorial

Van die redakteur | Editorial


<< 1 >>

Op my duimnael
Van die redakteur: 15.05.08

Etienne van Heerden - 2008-05-15
Ek beveel aan Die Durbanse advokaat Chris Marnewick se Shepherds and butchers (Umuzi) Hoekom? Dis eerstens ’n unputdownable storie oor halsmisdade en die effek van hierdie dade op slagoffers. Maar dit gaan veral oor wat gebeur wanneer die skuldiges gestraf word en die brutaliserende gevolge wat teregstellings op bewaarders het. Die slagter én die wagter se voete gee onder hulle mee in hierdie verhaal wat jou tot in die galgkamer en die...

Op my duimnael
Van die redakteur: 10.04.08

Etienne van Heerden - 2008-04-10
Ek beveel aan Koos Kombuis se nuwe CD, Bloedrivier. Hoe anders? Vanoggend kom lewer Koos Bloedrivier by my huis op Stellenbosch af. Onse Koos is kwaad! Wat pla hom? Luister maar na die CD. Misdaad, gebrek aan dienslewering, en Zuma! Ons laat gou ’n kiekie neem. Sy besoek neem my ver terug. In 1970 daag hy hier in dieselfde huis op en wys my sy eerste song se lirieke. As ek reg onthou: My mother was Q9 A One ...

Op my duimnael
Van die redakteur: 27.03.08

Etienne van Heerden - 2008-03-27
Ek beveel aan André P Brink se Ander lewens (Human & Rousseau) Want: Brink is een van die groot figure van ons kritiek, ons prosa en ons kultuur. Hy wil maar net nie gaan lê nie. En die generasie skrywers ná hom – mense soos Koos Prinsloo, byvoorbeeld – het baie aan hom te danke. Ook...

Op my duimnael
Van die redakteur: 12.03.08

Etienne van Heerden - 2008-03-12
Ek beveel aan Breyten Breytenbach se A Veil of Footsteps (memoir of a nomadic fictional character). Human & Rousseau. Hoekom? Enigiets uit hierdie knorrige digter se pen is ’n ervaring. Breyten is wat die Nederlanders ’n natuurtalent noem. Binne die ekologie van ons letterkunde is sy stem ’n natuurkrag....

Op my duimnael
Van die redakteur: 06.03.08

Etienne van Heerden - 2008-03-06
Ek beveel aan Prinsloo, Koos. 2008. Versamelde verhale. Human en Rousseau. Hoekom? Eenmaal was hy ook jonk. Koos Prinsloo se oeuvre skrywe in teen machismo, patriargie en eenvoudige opvattings oor die werklikheid en die konstruksie van daardie werklikheid deur tekste – ja, ook videotekste. Sy verhale word in een...

Op my duimnael
Van die redakteur: 28.02.08

Etienne van Heerden - 2008-02-28
Ek beveel aan Die Stellenbosse Woordfees (3–9 Maart, dus net om die draai) – lees Naomi Bruwer se onderhoud met Dorothea van Zyl. En as jy in KwaZulu-Natal woon of wil afreis Durban toe, is die elfde Time of the Writer-fees ’n lekker bestemming. Van 25 tot 30 Maart, 18 skrywers uit tien lande. ...

Op my duimnael
Van die redakteur: 21.02.08

Etienne van Heerden - 2008-02-21
Ek beveel aan Drie Graaff-Reinetse vroue, Lynne Minnaar, Annatjie Reynolds en Albé Neethling, se Karoo Venison (Sunbird). Hoekom? Waar kry jy soeter wildsvleis as in die Kamdebo? Die boek het die mooiste foto’s en heerlike resepte. Lae cholesterol. Foto’s van toet, byvoorbeeld van spoggerige jagekspedisies...

Op my duimnael
Van die redakteur: 14.02.08

Etienne van Heerden - 2008-02-14
Ek beveel aan My Life, deur Fidel Castro, in gesprek met Ignacio Ramonet (die twee het vir ’n honderd uur gesels). Waarom? Die knorrige oubaas dink vir meer as sewe honderd bladsye hardop oor Che Guevara, The Bay of Pigs, die ineenstorting van die Russiese beer, Jimmy Carter en baie ander dinge - en les bes,...

Op my duimnael
Van die redakteur: 07.02.08

Etienne van Heerden - 2008-02-06
Ek beveel aan Njabulo S Ndebele se Fine Lines from the Box. Further thoughts about our country (Umuzi). Hoekom? Diep-ingedagte opstelle oor onse land deur een van ons helderste, mees omsigtige denkers. Lekker by kerslig, wanneer al die gesnater bedaar. ...

Op my duimnael
Van die redakteur: 30.01.08

Etienne van Heerden - 2008-01-29
Ek beveel aan Die onpretensieuse lekkerleesroman The Kite Runner deur Khaled Hosseini (Bloomsbury). Hoekom? Afghanistan van binne, en die boek lees soos die wind. As jy hom nog nie gelees het nie, kry hom nou. ...


<< 1 >>