Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > VRYDAG; 19/11/10, ENIGSTE UITGAWE

VRYDAG; 19/11/10, ENIGSTE UITGAWE


Naomi Bruwer - 2010-11-19

Sjoe, ek het lanklaas so ’n klomp interessante menings oor ’n uiters kontroversiële kwessie soos aborsie gelees. Baie dankie vir die moeite wat julle hiermee doen.

Intussen het ons begin met ’n ander fassinerende projek op LitNet wat beslis gaan reaksie uitlok: Suid-Afrika op die praatbank

As Suid-Afrika teenoor jou kan uitpraat, wat sal hy/sy sê? Hier is reeds ’n lekker verskeidenheid bydraes:


LitNet Akademies-webinaar:
Suid-Afrika op die praatbank
Sonder luister: Die geesteswetenskappe in Suid-Afrika
– Desmond Painter
“Maar hoe kan die geesteswetenskappe in Suid-Afrika voorgee om te luister en te hoor wanneer taal, en spesifiek die Afrikatale, so laag op die akademiese agenda is?”
My land se mond praat pront
– Zandra Bezuidenhout
“Suid-Afrika lê op die pynbank en sy braak. Ek hoor haar aan terwyl sy stik aan die viesigheid wat by haar strot, neus en ore uitkom; aan alles wat sy altyd teruggesluk het ter wille van skynordentlikheid – en behendig ook, want dis hoe sy gepekel is, oor geslagte heen, as pure biltongland.”
Haar lyf is seer
– Bert Olivier
“Wat maak die mense hier op my lyf? Hierdie wesens wat eers geboë was, en later regop leer loop het in Moeder Afrika, is besig om droog te maak hier in die suide. Ek kan huil as ek sien hoeveel van my diere, voëls, visse en plante reeds uitgeroei is deur wat die kortsigtige mensdom so misleidend ‘ontwikkeling’ noem.”
Godsdiens op die rusbank
– Cas Vos
“Van die begin af het God en die mens vasgesit. Al het alles edel en skoon begin. Twis het gou uitgebreek. God en die mens is van mekaar vervreem. Vervreemding is in die mens se bloed. Maar daar het nóg ellende gewag. Die een broer het die ander doodgeslaan. En dit was die begin van die een moordslag na die ander.”
Kan ander mense my geluk verstaan?
– Hans Ester
“Dit is die strate wat ondefinieerbaar is wat my ’n gevoel gee dat ek deel van hulle is, dat ek daar behoort. Die strate wat in my drome terugkeer, is die strate sonder die orde van regte, skoongeveegde sypaadjies, sonder besighede wat met mekaar in ’n ordelike verband staan.”
’n Brief oor Suid-Afrika van ’n dogter aan haar pa
– Koot Reinecke
“Ons ou landjie gly nou in ellendes in en die mooi woorde oor menseregte bly meestal net woorde. Dit is ook asof die land se leiers begin kop verloor en mekaar wil opvreet. ’n Soort seniliteit ook. Asof hulle geheues ook begin lol soos wat Ma s’n begin lol het in die laaste jare voor haar dood.”

 

So wat dink jy het Suid-Afrika te sê?

Wel, al wat hierdie webvoet op hierdie oomblik oor het om te sê is: Geniet die naweek terdeë!

Groetnis

Naomi

NS: Volgende week hou 'n groot verrassing in ... hou hierdie spasie dop!