![]() |
Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012) This is the LitNet archive (2006–2012) |
||||
|
Joan Hambidge - 2008-10-02 RK Belcher (Ronnie vir ons almal) was ʼn voorbeeld van hoe om die speelse vers te bedryf. ʼn Mens dink hier aan klassieke treffers soos:
ʼn Paar jaar gelede het Ronnie in die HB Thom-teater die gehoor op die vloer gehad met sy voordrag. En as ek reg onthou het hy al die gedigte voorgedra sonder ʼn boek of nota voor hom. Die gedigte was deel van hom en sy lewe. So pas het Protea-uitgewers ʼn keur uit sy gedigte (115 bladsye) gepubliseer met Abraham H de Vries as die samesteller. En dis reg so. ʼn Gestorwe digter moet bewaar bly vir die digterlike nageslag. Hopelik sal Protea dieselfde doen vir anders onlangs gestorwe digters - en wil iemand nie Casper Schmidt se gedigte bundel nie? Breedweg is daar in Belcher se digkuns twee Belchers aanwesig. ʼn Ernstige Digter en ʼn parodies-satiriese volksrymer. Mens en Skepper (1956), Ver land (1960), So is die lewe vir een pond sewe (1978), ʼn Ding om te skil in die maand April (1980), Ringe in ʼn geelhoutboom (1982), My hart sing sewe moppies (1996) en Van heidebos en klip (2000). Ek het nie veel erg aan die ernstige, verhewe Digter nie. Vir my is die essensiële en beste digter die een van die moppies, die parodie, die vinnige lopervers en speelse gedig. Miskien het dit iets te make met ons tradisie dat die speelse gedig, waaroor Daniel Hugo al uitvoerig geskryf het, nie na waarde geskat word nie. Ek het ʼn bepaalde voorliefde vir die speelse vers wat op die oog af na ʼn grap lyk, maar onder draai die duiwels rond. "Nonsense verse", soos dit op Engels heet, het sy bekoring, bepaald. Dit is dikwels die gedig wat in die geheue bly vassteek en jou laat glimlag. Dieselfde geld AG Visser se verse. Die versoeking is groot om elke gedig waaroor ʼn mens opgewonde raak, hier aan te haal. Trouens, ʼn mens se lagspiere word so gekielie dat jy later uitasem is van die lag. En wie kan dit regkry om jou vir ʼn hele bundel te laat lag en vol bewondering te laat staan voor die woordvernuf, astrante ryme, belaglike wendings - en ... lewenswysheid? So is die lewe vir een pond sewe, ʼn Ding om te skil in die maand April en My hart sing sewe moppies is van my mees geliefkoosde bundels. Deur menige melancholiese tye het hierdie boeke my al gedra en gewys dat Belcher se onhebbelike sin vir humor alles regmaak. Die humoris/satirikus is in wese ʼn ernstige persoon en ʼn mens kan dit sien aan Belcher se ander gedigte. Maar ek hou van die veerligte aanslag, van die vers wat sommer so speels én spuls uit die hand glip. Die gedigte is polities inkorrek, soos op bladsy 100:
of
Humor is egter selde polities aanvaarbaar. Jy trap dikwels op ʼn toon of misbruik ʼn stereotiep om 'n effek te kry. Trouens, die speelse verse en uitinge hiervan, soos die limeriek, gedy op die skunnige. Belcher hanteer die fyn balans tussen en beeld en toepassing behendig. Hy is immers ʼn skrywer van ʼn gesaghebbende studie oor die sonnet, en "Besoek aan ʼn letterkundemuseum" (p 83) parodieer hierdie digvorm met ʼn ontluisterende slot:
Die kort verse parodieer dikwels ook lewenswyshede, soos op bladsy 91:
Die spanning tussen die verhewe en die banale is waarop hierdie soort gedig se as draai. Sy volta, of keerpunt, is die teenstrydighede wat in die gedig skuilhou: kerktaal versus vloekwoord. En dan die ontlading: die mangels wat skoongehou word. Die teenoorstaandes word dan verder beklemtoon deur die inbring van die mangels wat kwansuis deur die vloekwoord skoongemaak word! Op die oog af lyk die gedigte maklik en selfs verspot, maar met ʼn dieper lees en uitmekaarskroef besef die leser hoe die knap die verse gefabriseer is. Die ernstige digter is nie vir my nie. Ek vind hierdie verse retories en selfs breedsprakig. Toe Ronnie op die toneel gekom het, was die Dertigers se Verhewe Verse al passé. Gee vir my die grappige/parodiese/satiriese/speelse vers, want hierin munt Belcher uit. In "Poësie-aand" word daar geskerts oor voorlesings in die Dorpstraat-kafee, met ʼn raak tekening van hoe sulke aande verloop:
ʼn Mens kan hóór hoe Ronnie hierdie gedig voordra en hoe die gehoor lag. Kyk ook na hierdie enetjie (p 98):
en
en die speel met lewenswaarhede:
Polities inkorrek, seksisties, over-the-top, maar soos dit met boeregrappe ook gesteld is. Wag, wag. Gaan koop jou eie boek.
|