Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Johann Boshoff se Skryfsels 3: Tuiskoms bekendgestel

Johann Boshoff se Skryfsels 3: Tuiskoms bekendgestel


17 Mei om 15:00, Café 41 - 2008-05-13
JOHANN P. BOSHOFF, multigenreskrywer, is vroeër vanjaar as die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) se "Afrikaanse Skrywer van die Dekade vir Nasiebou deur Veeltaligheid" aangewys.

Met Skryfsels 3: TUISKOMS vier Boshoff, soos Pansat, sy eerste dekade en wel as nie-akademiese skrywer. Dit is sy 14de boek vir dié dekade. Boshoff beskryf die bundel as 'n "tuiskoms by self, 'n soort biografie".

Die voorwoord is deur resensent-skrywer Andrew Hills, met Boshoff se inleiding in Afrikaans, Engels, Sesotho en Zulu. Dié bundel bestaan uit twee dele en het fotoblaaie. Dit is 'n bibliofiele uitgawe bestaande uit slegs 200 genommerde, genaamtekende eksemplare.

Deel 1 bevat bydraes deur 44 mense aan hom, oor hom en oor sy skryfwerk, laasgenoemde onder andere deur die bekende teoloog Christina Landman en wel oor sy Jesus-trilogie.

Deel 2 is deur Boshoff geskryf en bevat onder meer sy jongste gedigsiklus "Tuiskoms".

Dié siklus is die oorspronklike grondteks vir komponis Isak Roux se nuutste veeltalige kantate, Coming Home, wat dieselfde aand deur Miagi in die Johannesburgse Stadsaal aangebied word. Onder meer tree op Sibongile Khumalo, Thinus Maree, Robert Brooks, Sibongile Mngoma, die Gauteng Choristers, Kutlwano Masote as orkesdirigent, met Roux as pianis.

Dié deel sluit ook twee opstelle en biografiese profiele oor komponis Isak Roux, argitek Niel Crafford en multigenrekunstenaar Zaria de Villiers in.

Anso Boshoff, die skrywer se suster, lewer die bekendstellingspraatjie, met gedigvoordrag deur akteur-regisseur Adrian Freeman en twee liedere gesing deur Brenda Nomadlozi Bokaba, Zulu-vertaler van die inleiding én vir Coming Home.

Die bekendstelling vind op Saterdag 17 Mei om 15:00 in die binnehof van die bekende Café 41 in Arcadia, Pretoria, plaas en is 'n oop geleentheid.