Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Ondersteuningsgroepe | Support Groups > Die Siel: Groete uit die vreemde!

Die Siel: Groete uit die vreemde!


Medemens - 2008-04-22
Liewe LitNetters

Na maande se gewag het ek uiteindelik gevlieg na my werk hier in die vreemde wat die Here vir my gegee het dat ek weer kan begin leef. Hierdie is maar net 'n update en 'n dankie se vir almal se ondersteuning en gebede. Soos julle sekerlik gesien het, het Beeld op 10 April ook 'n storie oor gays gedra wat hierdie forum aanhaal. Ek dank Beeld vir 'n nederige en sensitiewe hantering van die saak.

Dit gaan goed met my! Die Here is ongelooflik goed. Ek het 'n goeie werk en blyplek hier gekry, nou wel nie as 'n dominee nie, maar tog met mense in wie se lewens ek 'n verskil kan maak. Ek is maar 'n week hier en het ook, danksy die forum, mense wat ook hier leef en werk, as nuwe vriende en ’n ondersteuningsisteem gekry. My hart drup soet met dankbaarheid en vervulling. Ek is op 'n avontuur in die lewe wat ek met oorgawe aanpak en geniet. Dis heerlik!

Ek bid vir jul elkeen wat jul pyn met my gedeel het - of jy nou gay is of nie. Ek bid vir jul elkeen! Ek bid ook vir elkeen wat met my verskil oor gay wees - nie dat jy jou standpunt sal verander nie, maar dat jy net ook sal aanhou om die getrouheid en teenwoordigheid van die Here te ervaar soos wat ek dit ervaar.

Mag ons almal medemense na Jesus se voorbeeld wees!

Groetnis in die Here

Medemens