2010-12-07
Geagte Vriende
Graag word u, as belanghebbende by NALN, genader vir ’n mening oor die voorgestelde nuwe logo vir NALN. Dit word gedoen as deel van ’n breër raadplegingsproses om te verseker dat die finale aanbeveling en keuse op ’n verteenwoordigende meningopname gebasseer kan word.

Die huidige NALN-logo
Ter agtergrond word graag gemeld dat NALN se webblad die afgelope aantal jare verouder en in effek heeltemal gestagneer het. Dit was trouens die afgelope aantal maande, na verneem word op aandrang van die Vrystaatse owerhede, heeltemal van die lug af, sonder dat die kurator van NALN daarvan bewus was. Aangesien die behoud van die ou webblad wel om historiese redes van belang is en steeds as deel van die totale argief vir navorsingsdoeleindes behou moet word, is die nodige stappe reeds gedoen om dít te verseker, maar intussen is daar, as deel van die korttermyningrypingsplan (KTIP) te NALN, ’n konsultant aangestel om ’n nuwe, moderne, maklik-toeganklike en navorsingsvriendelike webblad vir NALN daar te stel. Die ou webblad sal steeds deur die nuwe blad toeganklik wees.
As deel van lg sub-projek het die konsultante onlangs vorendag gekom met ’n hele aantal voorstelle tov ’n nuwe logo vir NALN. Besonderhede oor die voorgestelde logo is intern aan die personeel van NALN voorgehou. Daaruit blyk dit dat die meerderheid van hulle ten gunste is van die ontwerp hier onder.




Alhoewel mnr Liebenberg, die huidige kurator van NALN, uiteraard die geleentheid gehad het om sy siening as deel van die interne meningsopname te gee (en dalk gegee het?), het ek, net om dubbel seker te maak, daarop aangedring dat hy weer genader moes word vir ‘n inset, sodat daar nie later vrae kan ontstaan of hy deel was van die proses of nie. In reaksie daarop het hy soos volg gereageer: “Anders as met u, is ek natuurlik nie maklik oortuigbaar om radikaal van die bestaande NALN-logo weg te beweeg nie (soos ek tydens die destydse gesprek duidelik laat blyk het). Solank ek nog die kurator is, sou ek dus ten gunste wees van bloot ’n aanpassing, ’n "modernisering" van die bestaande ingeburgerde logo, eerder as ’n geheel nuwe korporatiewe identiteit.” Lg is gesê in reaksie op my (die HUB se) opmerking dat die voorgestelde ontwerp “vir my goed lyk, maar dat die ou ontwerp niks vir my doen nie.” Mnr Liebenberg het hom terselfdertyd uitgespreek ten gunste van ’n wyer raadplegingsproses en daar word graag aan sy suggestie voldoen.
Geliewe teen bostaande agtergrond die volgende vraelysie te voltooi en dit voor 5 Januarie 2011 aan my terug te besorg by [email protected],za, met Me Cecilia Kruger ter info by [email protected], asb.
By voorbaat, baie dankie!
Vriendelike groete
Gert Opperman
(Vanaf Boggomsbaai)