![]() |
Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012) This is the LitNet archive (2006–2012) |
||||
|
Marius Crous - 2010-12-07
Klik hier en koop Brouhaha nou van Kalahari.net!
1. 2. Verbeelding is de brandstof van de zelfstandig denken, want je begint kritisch te kijken naar wat je omringt naarmate je fantasie hebt, verbeeldingskracht, verlangen naar andere dingen. Daar is ook afbeeldings van beeste, die tekening van die uitleg van ’n huis en werf (met die naam Busiwe) daarby, foto’s van ’n gibbon se onderlyf teen ’n ruit, gespierde swart mans, ens. Die leser word dus die kladboek van die outeur gewys. Hierdie voorstudies het natuurlik later tot romans gelei. Waar die eerste afdeling konsentreer op interessante mense se doen en late of herinneringe aan die kinderjare, word die tweede afdeling gewy aan die narratief van Stoney – ’n tipe alter ego-figuur wat saam met sy suster in ’n rolstoel in die voorstede bly. Irriterend is die gebrek aan ’n inhoudsopgawe van al die opgenome stukke in die boek. “Terug na die land van melk en moorde” (53) laat mens onwillekeurig terugdink aan Venter se herskrywing van Joseph Conrad se Heart of darkness in eietydse idioom in die roman Horrelpoot (2006). Die inwaartse blik vanuit Australië op die geweld in Suid-Afrika maak ’n groot gedeelte van Venter se skrywing in hierdie versameling uit. Maar dit word wel met deernis en met ’n goeie skeut humor by tye behandel. Die toestand hier ter lande word ook gerelativeer met ’n verhaal oor ’n besoek aan Auschwitz op Kersdag – jirre, kan daar ’n mistroostiger Kersdag as dit wees! Ook in “Hoendersop en trane” (142) word verwys na Auschwitz – die Poolse Oswieçim en die internasionale Joodse lobby wat keer dat die konsentrasiekamp enigsins gekommersialiseer of “ordentlik” gemaak word. Ook vergrype teen die mensdom in ander lande word aangespreek. Anders as in Horrelpoot, waar die uitgewekene terugkeer na Suid-Afrika om sy nefie Koert te kom soek, word Stoney gevra om na sy broer Gerrit in Australië te gaan en word die leser bekend gestel aan Gerrit, sy vrou Vivienne en ’n hele paar interessante karakters wat sy pad kruis. Net so dien “Die nuwe rentmeesters” (30) as ’n voorloper tot Horrelpoot, weens tematiese aspekte soos die onteiening van die familieplaas, die vrees vir grafskending. Die plaas Rietfontein behoort nou aan mnr Frank Uitlander, net soos die plaas in Horrelpoot aan die werkers oorgedra is in die nuwe Suid-Afrika wat in die roman uitgebeeld word. 3. Dit vorm een van die deurlopende motiewe in Venter se versameling en die teks lees amper soos ’n tipe Babette’s feast, waar uiteenlopende mense om die tafel byeenkom en aan interessante disse smul. Destyds was ek spyt dat Venter nie van sy resepte in Foxtrot ingesluit het nie, en hier doen hy dit wel. ’n Tiental resepte wat in die vertellinge voorkom, word aangehaal. Soos dit ’n soutwaardige kok betaam, maak Stoney/Venter aanspraak op ’n tuisgemaakte hoenderaftreksel en word daardie taai, geel blokkies wat mens in die plat geel boksies koop, nie eens genoem nie. In die eerste resep word gepraat van die mengsel wat “soos die borste van ’n jong meisie [moet] voel”. Ek het nogal sulke bekkighede in die res van die resepte gemis, alhoewel hulle in ’n taal geskryf is wat mens nie in gewoonlik-saaklike matematiese resepte kry nie. En Venter kook hoender, vis, pasta – noem maar op, so die tuisteskeppers kan gerus die boek aanskaf net om die bekende maal ’n bietjie op te klits. Die resep vir die Neapolitaanse spiraalpasta wil ek nog probeer, maar ek moet eers lekker die kloutjie by die oor kry. Lees dan vir my al asof mens elkeen jou skoop pasta in die sous moet doop soos by ’n fondue. 4. 5.
Wanneer ek hierdie bundel verstommings van Eben Venter lees, kan ek nie anders as om te glo dat hy reeds die meeste van hierdie dinge beoefen nie. Saam met hom leer die leser nie net nuwe plekke en mense ken nie, maar word jy gedwing om vrae te stel oor identiteit, geweld, geankerdheid en menslike deernis. Dit vat jou na Istanboel en Den Haag, na Brisbane en na die harde veld by Burgersdorp.
|