![]() |
Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012) This is the LitNet archive (2006–2012) |
||||
|
2010-09-20 Nadat Rustum Kozain op Vrydag, 17 September, as sameroeper van die Ingrid Jonker-prys-komitee onttrek het het Danie Marais en Gus Ferguson (die oorblywende lede) ’n nuwe komitee saamgestel. Louis Esterhuizen, prof Ronel Foster (de Goede) en Finuala Dowling is as nuwe lede bevestig. Die nuwe komitee verseker die leserspubliek dat die kritiek op vanjaar se nie-toekenning van die prys ter harte geneem is. Daar word onderneem om die prys wel toe te ken indien daar onder die aanspraakmakers ’n waardige wenner is. Die termyn vir beoordeling sal dus nie aangepas word nie en geen digters sal benadeel word nie. Marais en Ferguson sê hul twyfel geensins aan Kozain se bona fides nie. Die besluit om die prys te formaliseer en die werking van die komitee en beoordelingsproses meer transparant te maak, is juis geneem omdat Kozain baie sterk voel oor die tradisie en belang van die Ingrid Jonker-prys. Die idee was om die prys meer media-prominensie en prestige te gee. Die debat in die pers het die noodsaak vir formalisering onderstreep en die komitee sal daarvan werk maak.
|