Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Die rykdom van Suid-Afrika - die rykste land op aarde!

Die rykdom van Suid-Afrika - die rykste land op aarde!


BJ Mouw - 2010-04-29

Dis nou in Sake24: Suid-Afrika is ryker as stinkryk. Nog te meer so in terme van sy relatiewe klein bevolkingsgetal.

Tydens die laat 19de en hele 20ste eeu was die Transvaal die rykste stuk land ter wêreld, en dit sal nog baie meer so wees tydens die 21ste eeu.

Malema het alreeds kennis geneem: $2300 biljoen van die genoemde $2500 biljoen is in peperduur Platinum-Groep-Metale, bereken met vandag se baie lae platinumprys ...

Die PGM’e is in die Bosveldstollingskompleks naby Pretoria, tussen Rustenburg en Lydenburg, en tussen Pietersburg en Middelburg.

Gemeng met die PGM’e, is siek hoeveelhede chroom, nikkel, kobalt, koper, yster, vanadium, titanium en ander raarmetale.

Die Bosveldkompleks is gevorm slegs 2 000 miljoen jaar gelede, deur ‘n 10km klip uit die blou van onse hemel.

Dieselfde Vredefortkoepel-klipimpak het die Witwatersrand se diep goudriwwe opgestoot. Op Google Earth sien mens ons goudmynhope lê snaaks genoeg in ‘n sirkel.

Een klipimpak is dus verantwoordelik vir beide SA se goud, en SA se platinum, sowel as ons land se geskiedenis en toekoms.

Platinum is edeler, meer bruikbaar, 'n groter belegging, en duurder as goud. Dus gaan Suid-Afrika nog baaaie ryker wees in die 21ste eeu, as gedurende die goue 20ste eeu.

Goud het gelei tot verrassende oorloë soos die ABO, wat die globaal beroemde karakter van die Afrikaner gevorm het. 

In Zimbabwe kompeteer die Weste tans met China oor die platinum aldaar. Die Great Dyke Platinum en gepaardgaande minerale rykdomme in Zim is ook as gevolg van die klipimpak by Vredefort, waar bemoerde Boere vrede met mekaar gemaak het om 'n burgeroorlog af te weer.

Brian Gilbertson van Fabarge-faam, ex-RUSAL van Rusland en vriend van Viktor Vekselberg sowel as pro-platinum Poetin, is weer groot in SA Platinum, deur middel van Platmin en Pallinghurst Trust.

Pensioenfondse wêreldwyd belê nou in SA Platinum, grotendeels as gevolg van die ineenstorting in die waarde van die Dollar, en die gebrek aan genoeg goud.

Russe het ook onlangs 'n platinummyn in die Bosveld vanaf Mvela gekoop. Ruuki van Skandinawië het reeds PGM-smelters in Krugersdorp gekoop ter waarde van miljarde Rande. 'n Internasionale Bosveldstormloop is op hande.

Platinum word in die VSA op die Beurs verhandel, en al hoe meer beleggers stel intens belang.

Oor 9 maande behoort die platinumprys $2000 te wees. ABSA-Kapitaal het beloof om ook ‘n PLAT-EVF op die JEB bekend te stel, meer as 'n jaar gelede al.

Platinum is ‘n 18-maande leidende aanduider van inflasie.

Oor 100 jaar sal sommige platinummyne in Suid-Afrika 5km diep wees.  Honderdduisende Afrikaner-ingenieurs, -vakmanne, -ambagsmanne, -beroepslui en ander kundiges word benodig, asook derduisende ondersteunende dienste en bowenal betroubare elektrisiteit - dit alles in die Bosveldbinneland van Afrika, waar nie eers Chinese altyd hond of haar afmaak nie, en gewoonlik na 'n ruk weggejaag word omdat hulle plaaslike vrouens bevrug.

80% van globale platinumproduksie is reeds in Suid-Afrika. Die meeste van die res is in Zimbabwe.

Suid-Afrika se grootste uitvoerverdienste is ook reeds in platinum, wat goud verbygesteek het en nog steeds groei.

Die Groter Kaap van Suid-Afrika het geen platinum nie, maar beskik oor 80% van die wêreld se rykste mangaanreserwes, en ook die rykste ysterertsafsetting op aarde. Russe en Indiërs het reeds groot mangaanertsgedeeltes gekoop, maar toekomstige President Malema sal plaaslike BBBEEE-belange nog verder bevorder.

Suid-Afrika beskik oor meer as genoeg steenkool, uraan en thorium om al die onberekenbare skatte oor die volgende honderd jaar uit ons geliefde grond te haal.

BJ Mouw