Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Lyste | Lists

Wat is jou gunsteling-boek en hoekom?


Harry Kalmer - 2010-04-22

Harry Kalmer:

“‘My name is Eugene Dawn. I cannot help that.
Here goes.’

As mens 30 jaar nadat jy ’n boek gelees het, dit optel en sien dat jy die eerste drie sinne op ’n enkele woord na presies reg onthou, moet jy seker maar aanvaar dat party boeke belangriker as ander is. Die lees van Dusklands was die eerste van baie genotvolle ure saam met die boeke van J.M. Coetzee. Dit was die heel beste R3,00 wat ek ooit by Exclusive Books in Hillbrow gespandeer het.”

Klik hier vir nog gunsteling-boeke!