Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Die boodskap

Die boodskap


Floris A Brown - 2010-03-12

Vir Leonard Koza

Nog ’n boom
het in die digterswêreld geval.

Petro Rhode e-pos my. Het jy gehoor?
Wat gehoor? Tussen woorde. Die knal?

Leonard, ek roep jou voor my geestesoog
ek hoor jou nog voordra, ook jou betoog

teen onreg rassisme venyn mishandeling
hoe jy alles vir ons, jóú mense wou regskryf

ons kon ook lekker saam lag as jy
draaksteek met ’n skerpioenbyt in die lyf

jou bydrae tot Afrikaans sal ewig bly staan
vir nageslagte om jou poësie in diepte na te gaan

vanoggend toe ek daglig inasem deur my luik
lees ek jou naam in wasem Leonard Koza teen my ruit ...