Heinrich B Zaayman - 2007-01-05
Sedert die ontstaan van die Afrikaner volk, het jy die drie negatiewe tipe mense gekry, wat in die volksmond gedoop is Dwarstrekkers, Joiners, Hensoppers en Draadsitters. Pollux, in Rapport, het nog twee tipes bygesit – Poefters en Paaiers. Alhoewel almal iets in gemeen het, is elke naam 'n beskrywing van ander karakter trekke.
Die naam/term Dwarstrekker het ontstaan tydens die Groot Trek, Joiner en Hensopper tydens die Engelse oorlog, Draadsitter tydens die SAP/Nat politiek van die dertiger tot sestiger jare, en soos reeds gesê Poefter en Paaier, name wat deur Pollux in Rapport geskep is. In die debat oor die Afrikaner, merk ek 'n verteenwoordiger (of meer) van elk van die tipe mense hier op SêNet.
'n Beskrywing vir elkeen is as volg:
a) Dwarstrekkers: Die naam/term het ontstaan tydens die Groot Trek, toe daar dikwels struwelinge tussen die trekkers ontstaan het oor wie moet leier wees, en waarheen getrek moet word. Die ouens wat nie met die meerderheid wou saamgaan nie, en gewoonlik hulle koers gekies het, is Dwarstrekkers genoem. Hulle was egter nog steeds lojaal aan die groter ideaal van die trekkers, en 'n Dwarstrekker sou nie sy mede-burgers/trekkers in die steek laat nie. Hy het maar net 'n ander siening gehad oor hoe die ideaal bereik sou word.
b) Joiners: Die naam het ontstaan tydens die Engelse oorlog, vir diegene wat te bang was om te gaan veg, en eerder hulle ondersteuning aan die Engelse gegee het, teen hulle eie mense en families. Dit was die slegste vorm van verraad wat enige mens teenoor sy mede volksgenote kon pleeg, en is daar gevalle aangeteken waar Joiners hulle eie ma's en susters aan die Kakies uitverkoop het om na die Konsentrasie Kampe geneem te word, deur hulle skuilplekke aan die Engelse uit te wys. 'n Kenmerkende eienskap van Joiners was hulle geslegsêery van hulle eie mense en hulle onvoorwaardelike steun aan die Engelse. Vir hulle verraad, is die Joiners vergoed deur of hulle plase te kan behou, of met geld of posisies in die amptenary. Hulle het dus hulle eie mense en familie verkoop vir persoonlike gewin, soos Judas.
c) Hensopper: Die het ook tydens die Engelse oorlog ontstaan, maar vir burgers wat nie meer kans gesien het vir veg nie, en hulleself dan oorgegee het en daarna vir die Engelse tot diens was. Hulle het daarna gewoonlik vir die Kakies alles vertel omtrent hulle kommando's se gewoontes, bevelstrukture, plase waar hulle hulp, kos en mediese sorg gekry het, en wat die kommando's vir die toekoms beplan het. Die plase wat op hierdie manier verraai is, is dan ook onbeskryflik wreed deur die Engelse verwoes, die diere vermink of lewendig verbrand, en al die mense (wit en swart) na die helkampe aangejaag. So, hierdie Hensoppers het ook hulle mense uitverkoop, net om bietjie gemakliker te kan lewe, en nie die risiko te loop dat hulle doodgeskiet kan word in die oorlog nie.