![]() |
Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012) This is the LitNet archive (2006–2012) |
||||
|
Kleinboer - 2009-12-02 V van Gogh, E Marais, E Hemingway, H Schoeman, G Korsten, K Cobain, nou ook C Louw. Chris Louw se selfskietery het my onkant Ek het saam met hom by Farmer’s Weekly gewerk so vier jaar gelede. Hy het goeie in-diepte stories geskryf oor wit boere wat in die vrugbare Levubu-vallei van hul plase gedryf word. Dié sin in sy doodsberig in Beeld was baie treffend: “’n Vriend het vanoggend op sy natgereënde lyk in ’n ou voëlhok op sy hoewe afgekom.” Dis die detail wat dit so treffend maak. En ’n Engelse vriendin sê tereg dat “natgereënde lyk” soveel meer evocative as “dead body wet with rain” is. Die SABC2-nuus het dit flou gestel: “Die joernalis Chris Louw is met ’n koeëlwond gevind. Geen misdaad word vermoed nie.” Beeld het dit soveel beter in gedrukte woorde gesê. Kleinboer
|


gevang. Daar was iets veglustig in sy blik, maar tog ook ’n vonkel in sy oë. Ek het die nag na sy selfmoord gelê en hoop dat sy hond nie saam met hom was toe hy homself geskiet het nie.