Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012) This is the LitNet archive (2006–2012) |
|||||
|
2009-06-15 Op Saterdag, 13 Junie 2009, het Via Afrika voortreflikheid in Suid-Afrikaanse skryfwerk beloon toe die wenners van die Via Afrika Literêre Pryse by ’n gala dinee in Kampsbaai, Kaapstad aangekondig is. Soos te verwagte, was die opwinding in die lug tasbaar met vele groot name uit die literêre wêreld en ander vermaaklikheidsektors wat in een vertrek bymekaar gekom het. Soli Philander en Rosie Motene was die gasheer en gasvrou vir die aand en het die gehoor behoorlik vermaak. Almal was dit eens dat die kortlyste vir hierdie jaar se pryse ’n tentoonstelling was van die beste wat plaaslik gepubliseer word en met die beste internasionale werke kan kompeteer. Die Via Afrika Pryse word in vyf kategorieë toegeken en die prysgeld vir elke kategorie beloop R30 000. Die wenners van die 2009 Via Afrika Literêre Pryse is:
Francois Groepe, Hoof Uitvoerende Bestuurder van Media24, het sertifikate en tjeks ter waarde van R180 000 aan die wenners oorhandig. Soos Rosie Motene tereg gesê het: “Ons het uitmuntendheid gesoek en dit gevind. Dit was ons voorreg om Suid-Afrika se beste skrywers te vereer. Ons is trots op hulle.” Slegs uitgewers in die Via Afrika uitgewersgroep mag inskryf vir die WA Hofmeyr-, Recht Malan-, MER- en Herman Charles Bosman-pryse. Dit sluit in NB-uitgewers, Jonathan Ball publishers, Lux Verbi-BM, NVA en Van Schaik-uitgewers. Die Jan Rabie / Rapport-prys is oop vir alle uitgewers van Afrikaanse fiksie.
|