Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Izak de Vries se Byna liefde

Izak de Vries se Byna liefde


Joan Hambidge - 2008-09-18

Ek lees nou aan Izak de Vries se nuwe kortverhaalboek, Byna liefde. Dit neem 'n mens terug na Roland Barthes se A lover's discourse (1978) waarin die semiotiese oorrompeling van die liefde beskryf word. In hierdie fragmente skryf Barthes dat die Geliefde jou hele universum word waarin elke teken jou terugneem, herinner aan hom / haar. Ons dink aan Umberto Eco wat geskryf het dat wanneer jy liefde verklaar, is dit teen Cartland se stroperige heldinne in.

Die liefdesverhaal is nie net die domein van vroueskrywers nie. Inteendeel. Barthes se lieflik-geskakeerde studie skryf oor al die aspekte van hierdie onderwerp en Izak de Vries se Byna liefde dekonstrueer eweneens die liefdesverhaal.


Joan Hambidge