Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > George Weideman

George Weideman


Anita de Kock - 2008-08-29

Wat kan 'n mens sê oor George Weideman wat nog nie gesê is nie? Sy dood is 'n verpletterende slag vir letterkunde in die land. Die skrywerswêreld en ook sy aanhangers gaan hom verskriklik mis. Ook die Versindaba sal ook nie weer dieselfde wees sonder sy teenwoordigheid nie.

George Weideman was een van die groot geeste wat ek bevoorreg was om te kan ontmoet. Sy menslikheid en nederigheid was deel van dit wat van hom 'n buitengewone mens gemaak het. Sy briljantheid as digter en skrywer sal bly voortleef in sy werk.

My diepste medelye aan sy gesin en familie. Ons huil saam met julle.


Anita de Kock