Margot Luyt - 2008-08-28
Toe gaan jy weg vir jou welverdiende rus, George. Dankie vir die saamwerk, dankie vir die onwrikbare en deernisvolle geloof wat jy altyd in jou regisseurs gehad het. Dankie dat jy so onkrities saam met ons gewerk het, dankie vir die krag wat jy daardeur vir ons gegee het. Dankie vir die skeppings wat jy vir ons gelos het, vir jou erbarming met ander mense se swaarkry en vrese. Mooi loop, George. Ek glo ons sien mekaar weer later. Rus en dink aan ons.
Margot Luyt