Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Francois, wat hoor jy?

Francois, wat hoor jy?


Cornelius Henn - 2008-08-01
Jy tik: Jy praat soveel kak oor die algemeen dat dit moeilik is om uit te sif …

Francois, voordat jy my sal oortuig dat jy of enige ander wat jy ken voldoen aan …

“The Thathagata is the essence which is the reality of matter, but he is not matter. He is the essence which is the reality of sensation, but he is not sensation. He is the essence which is the reality of intellect, but he is not intellect. He is the essence which is the reality of motivation, but he is not motivation. He is the essence which is the reality of consciousness, yet he is not consciousness. Like the element of space, he does not abide in any of the four elements. Transcending the scope of eye, ear, nose, tongue, body, and mind, he is not produced in the six sense media ... He abides in ultimate reality, yet there is no relationship between it and him. He is not produced from causes, nor does he depend on conditions. He is not without any characteristic, nor has he any characteristic. He has no single nature nor a diversity of natures. He is not a conception, not a mental construction, nor is he a nonconception. He is neither the other shore, nor this shore, nor that between. He is neither here, nor there, nor anywhere else ...”

… praat nou met my (sonder Skype) en sê sommer vir my wat ek op hierdie oomblik dink. Nie wat ek gedink toe ek hierdie getik het nie, wat dink ek NOU!

Wie jy ookal op die oomblik daar hoor praat, dis nie ek nie. Toe ek hier gesit en tik het, was die enigste klanke in my omgewing rustige musiek op Classic FM en die geklik van my keyboard.

Ek sou worry as ek jy was, veral omdat jy nie eens kan uitmaak wat die stemme vir jou sê nie.

Die res van jou probleem is so naasteby verstaanbaar.

Weet jy hoeveel sienings is daar gebaseer op die Bybel? Weet jy hoeveel sienings is daar op die Boeddha se filosofie gebaseer?

Hoe sou jy my mening geag het as ek tik ek is ʼn Jehova Getuie? Dink jy ek is ʼn Protestant of ʼn Calvinis?

Terwyl jy so baie weet, waar pas ek in my belydenis met Jesus Christus is Thatagata?

Kobus het al ʼn clue gelaat dat hy nie my belydenis deel nie.

Die werf is nie Kerk nie. Ek sou nie hier gesit en tik (dweep) het, was dit nie vir jou vyandigheid en ander se gedweep nie.

Ek ag my Godsdienstelike uitlewing sekulêr en beperk tot my direkte omgewing. Hier sien en HOOR my medemens my regtig. Hier wek my woorde en het ek verantwoordelikheid dat my dade sal trek.

Die werf is leersaam en gaaf vir debat.

Enkele gedagtes om te onderskei in debat is goed soos pragmaties, filosofies, empiries, en rasionaal.

As jy filosofiese vrae vra, moenie pragmatiese antwoorde verwag nie. As jy empiriese vrae stel, moenie rasionale antwoorde verwag nie. Ensovoorts …

Wetenskap is rasionaal en pragmaties. Godsdiens is empiries en filosofies.

Sal jy pragmaties antwoord as ek jou vra om buite in die son te gaan staan en kyk of jy ʼn skaduwee het?

Sal jy filosofies antwoord as ek vra of jy jou hare in ʼn spieël kan kam?

Sal jy rasioneel antwoord as ek vra of jy bang is vir water?

Sal jy empiries antwoord as ek vra vlieg jy SAL, of verskyn en verdwyn jy net in enige plek in die wêreld?

Spook gerus maar self uit hoe jy wil onderskei in die lewe.

Sola Gratia


Cornelius Henn

NS – Francois, vra daai stem in jou kop terwyl jy my getik lees – wat is jou naam?! Die Chinaman hier mix glo sy supplies met gevaarlike goed. Soek eerder ʼn ander supplier as die stemme nie ophou nie. Pragmaties, empiries, rasioneel, filosofies …