Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Afrikaans > Miniseminare > Dagboek van die ou wat wil uitvind wat aangaan

Dagboek van die ou wat wil uitvind wat aangaan


Henry Cloete - 2007-04-24
13 April 2007

Dit is die eerste keer in my lewe wat ek die Nasionale Afrikaanse Literatuurmuseum en Navorsingsentrum betree. ‘n Tentatiewe afspraak met kurator Otto Liebenberg wag, om "sommer net te gesels". Ek word deur ‘n sekuriteitswag voorgekeer by die deur. Waarmee kan gehelp word? “Ek wil sommer net rondkyk.” Nee, die museum is gesluit vir restourasie. Jy kan oor twee jaar na die uitstalling kyk.

@%$#%, dink ek.

Ek kan wel sien hoe DF Malherbe se studeerkamer destyds gelyk het. Koel, dink ek.

“Ek mag glad nie met jou praat nie,” vertel Otto een glaskas-studeerkamer-besoek later vir my. “As jy iets skryf, maak dit asseblief duidelik – ek het dit duidelik gemaak dat ek nie met jou kan praat nie. Praat met Rachel Sempe, of iemand anders by die Departement.” Toe deur, dus – ek stap wel weg met Rachel Sempe, die hoof van die Vrystaatse Departement van Sport, Kuns en Kultuur, se landlyn-nommer.

Ek glip in elk geval op met die trappe na waar die uitstallings is, of veronderstel is om te wees. Bokse, bokse en nogmaals bokse vol boeke staan rond in die gange. Toe deure, met goue plaatjies bo-op gemonteer – Ingrid Jonker, Breytenbach, Marais – stofbedek, stom. Ek neem ‘n paar foto’s.

14 April 2007

“Ek gaan jou deursit na Thankiso Zola; hy’s die kommunikasiebestuurder van die Departement,” vertel Amanda, Rachel se professionele assistent, vir my oor die telefoon.

“Maar ek wil graag met Rachel praat.”

“Praat met Thankiso.”

Ek praat toe met Thankiso. Wat ‘n gawe kalant, baie tegemoetkomend, hoewel hy sekerlik al ‘n honderd maal hierdie vrae moes beantwoord. Ek e-pos vir hom ‘n paar vrae, waarvan die antwoorde in die nuwe maandelikse Bloem-koerant, die Whow!, gepubliseer word. Dit lyk so:

Q: What is the Department’s long-term vision for NALN?

A: NALN serves as one of the two language museums in the province, being the Afrikaans Literary Museum, represented by NALN itself, as well as the newly established Sesotho Literary Museum. The Department has developed a vision for museums in general. The Department’s plan with regard to museums envisages leaving a sustainable social and cultural legacy extending beyond the 2010 FIFA World Cup. The Department plans to theme the museums in collaboration with communities in identifying local values and stories that need preservation. NALN occupies a strategic position as a long-existing language museum. Its experience is being tapped upon to strengthen the Sesotho Literary Museum. At the same time, NALN itself is being enriched in the process. For example, R6 million is being spent in this financial year on the institution to refurbish and maintain its infrastructure.

Q: What are the Department’s short- and long-term goals for NALN with regard to transformation?

A: Following the skills audit that has taken place at NALN, and in the Department generally, personnel in the various components, in the arts and culture programme at the moment, are being redeployed from these sections to others, in line with their strengths. Personnel at NALN are also being utilised for their strengths to reposition and reprioritise services in order to advance and strengthen service delivery in general. Some of the personnel at NALN are, for example, being redeployed to the Sesotho Literary museum to strengthen this component. NALN has to be transformed from promoting Afrikaans as a language for a specific racial or language group to being a language museum for all Free Staters.

Q: What, in your opinion, is the greatest challenge facing NALN?

A: As outlined above, besides the infrastructural challenge, which is being adressed, transformation is critical at NALN in terms of the role and promotion of the Afrikaans language. One important development that has taken place is the incorporation and acknowledgement of the literary work of black Afrikaans writers as part of the work of NALN.

Q: How would you describe the general current state of NALN?

A: In terms of infrastructure, the institution is undergoing a facelift, as already mentioned. Following the infrastructural development, the institution should be well positioned to carry out its functions without any hiccups. For example, a bigger and better auditorium which has been renovated and restored to its original state of 1875 has been completed. The auditorium will be used for educational symposiums around the Afrikaans museum.

*

Redeployed. Facelift. R6 million. Wel, dit is die een kant van die storie, dink ek, maar iets sê daar is nog baie om te hoor. Iemand van binne, iemand wat weet, iemand wat sal praat …

21 April 2007

Dit is omtrent halfdrie in die middag. Aan die einde van ‘n soekproses wat vele oproepe, nommerneerskrywings en lukrake gerondvraery behels het, sit ek en ‘n ingeligte, wat anoniem wil bly, by ‘n restaurant in Tweede Laan. Twee Cokes word bestel; myne is lankal leeg nog voor die informant eers twee slukkies gevat het. Hierdie persoon weet wat aan die ontvangkant van al die mooi woorde aangaan, en praat opgewonde, onophoudelik en ontstigt. Om die lees hiervan makliker te maak, sal daar eerder weergegee word wat gehoor is aan my kant van die ronde houttafeltjie:

“Die skills-oudit waarvan daar gepraat word, waarvolgens mense nou ‘herontplooi’ is … ek dink nie dit is werklik ooit gedoen nie. Mens is geherontplooi op gebiede waarvan hulle amper geen kennis dra nie. Een personeellid wat betrokke was by die musiekuitstalling is nou gestuur na van die verskeie tema-museums in Bloem, soos die oorlogmuseum, ensovoorts. Dit is werk vir ‘n historikus – hoe kan iemand met geen agtergrond van sulke werk nie, so ontplooi word? Ander personeellede, soos die kundiges van die knipselversameling en die manuskripte, is nou na die Sesotho-museum gestuur. En hulle word nie vervang nie – dit is die groot kwaal, dat mense wat daardie werk gedoen het, nou eenvoudig moet weggaan. Daardie werk wat deur hulle gedoen is, wat ontsettend ekstensief is, moet nou maar oorgeneem word deur die res van die personeel – dis mos onmoontlik! Dit is dekades se kennisopbou wat verlore gaan. Daar bly dan niemand oor om met die versamelings te werk nie, so die kans is goed dat dit iewers in ‘n boks in ‘n kluis opgesluit sal word. Dit raak almal – wie gaan iemand nou kan help wat na spesifieke artefakte in die versameling soek?

“Almal is ‘n slag deur hierdie proses toegedien – die hele literatuurgemeenskap … die transformasieproses is eenvoudig gestoomroller. Transformasie beteken om dienslewering te verbeter – maar dit is nie wat die praktyk wys nie. As daardie werkstudie werklik gedoen is, sou ons nie nou hierdie situasie gehad het nie – mense word totaal buite hul veld ontplooi. As iemand ‘n vyfdag-Sesotho-kursus bygewoon het, het hulle volgens die Departement die nodige kennis om by die Sesotho-museum te werk met al daardie werke. Dit sou soveel beter gewees het, vir albei museums, as daar ‘n konsultasieproses was, eerder as hierdie half roekelose herontplooiing. Ek moet net beklemtoon: die kurator van die Sesotho-museum, meneer Mahanke, is ‘n wonderlike man. Hy is baie verleë oor die situasie, en ek dink ook baie ongemaklik oor al die publisiteit.

“Maar laat ek jou sê, moraal onder die personeel van NALN is ontsettend laag. Mens sien maklik watter emosionele impak hierdie proses het – mense was baie passievol oor die werk. Dis die onsekerheid wat nou heers – dis eintlik hartverskeurend om te sien hoe lojaal die mense is, wat – ten spyte van hul elderse pligte – hul vingers deurwerk om die versamelings by NALN te bewaar. Baie personeellede word met geen ander keuse gelos as om ‘n skeidingspakket te vat nie – dis amper die beste wat hul op die oomblik kan uitkry.”

(Nog ‘n slukkie Coke word eindelik deur die strooitjie opgevat – dit moet nou al warm en gasloos wees, nie verfrissend nie.)

“En die Departement verstaan nie waaroor dit gaan nie. Hulle kan letterlik nie kleinkry hoekom daar so ‘n bohaai oor die proses by NALN is nie. Hulle het vir Otto gesê: Hoekom is dit net by NALN ‘n probleem? Dieselfde soort prosesse in byvoorbeeld die sportafdelings het glad nie sulke reaksie uitgelok nie. Hoekom dink mense nie rasioneel hieroor nie? sê hulle heeltyd.

“Daar is vakante poste op papier vir NALN, maar daar is glad nie begroot vir hulle nie. So sal daardie poste gevul word? Nee wat.

“Ek hoop nie hierdie is die doodskoot vir NALN nie. En ek is in elk geval seker dat dit nie die Departement se bedoeling is nie; hierdie proses kan net nie volhoubare uitkomste hê nie. Artikel 14 (1) van die Staatsdienswet van 1994 sê dat die staat die reg het om jou te gebruik waar hy wil. Maar baie mense het geappellee r…”

Die informant raak ‘n oomblik stil. Dit is omtrént ‘n mondvol, omtrént ‘n penarie, omtrént ‘n storie.

Die informant glimlag nou. “Het jy gehoor van ons gevaarlike ouditorium? Tydens restourasie is dit glo te gevaarlik om vergaderings daar te hou soos wat die Bloemfonteinse Skrywersvereniging al jare lank doen. Maar daar was nou die dag ‘n departementele vergadering daar. Dit is net NALN, van al die staatsinstansies, waar mense by me Sempe persoonlik moet toestemming kry. Dit is interessant.”

22 April 2007

Ek staar na die rekenaarskerm en wonder of enige van hierdie dinge, die miniseminare en die lang lys berigte wat reeds in publikasies soos die Volksblad te siene was, rubrieke soos Hennie van Coller se “NALN: Dood in die pot”, ook ‘n ruk terug in die Volksblad, enige verskil gaan maak aan al hierdie dinge. Ek dink terug aan wat die informant gister vir my gesê het toe ons spekuleer oor wat nou eintlik ‘n impak sal kan hê:

“Privatisering sal net te goed wees om waar te wees. Maar sal die Departement dit toelaat? NALN is veronderstel om die totale publiek te dien, maar nog net die akademici het gereageer – hoekom? ‘n Heftige reaksie uit die gemeenskap kan dalk die koers verander van die proses … maar ek is ook nie seker nie.”

Ja, nie seker nie, dink ek. Ónseker, as’t ware.

<< Terug na die “Wat word van ons argief?”-miniseminaar <<