Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Re: Miniseminaar oor NALN

Re: Miniseminaar oor NALN


Petrovna Metelerkamp - 2007-04-18
'n Klompie jare gelede het mev Huberte Rupert die SAUK se (oorblywende) Afrikaanse radio-opnames oor skrywers en letterkunde laat dupliseer vir bewaring. Toe die stapels kassette gereed was, het sy nie geweet waarheen daarmee nie. Ek het gesmeek, bou iets soos 'n Afrikaanse Brenthurst, sê op Fleur du Cap. 'n Non-regering, non-politiese bêreplek vir ons skatte.

"Jy dink seker ons is ryk," het sy droogweg geantwoord en die kassette by Tukkies laat stoor.

Dit is nou tyd, dringend tyd, om weer te vra of 'n bewaarplek nie korporatief gefinansier kan word nie. Is daar al iemand aangewys om die groot sakemanne te nader?


Petrovna Metelerkamp