Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Afrikaans > Miniseminare > Getuigskrif vir NALN

Getuigskrif vir NALN


Danie Botha - 2007-04-16

Ek het NALN al herhaaldelik ’n navorsersparadys genoem. Daar is entoesiastiese, kundige beamptes met jare se ondervinding wat my oor die jare gehelp het met die navorsing wat neerslag gevind het in my boek Voetligte en applous! Die beginjare van die Afrikaanse beroepstoneel. Naas die bronne vir die Afrikaanse letterkunde en musiek is daar ook uitgebreide versamelings oor ons teater, spesifiek toneel. Die FCL Bosman-versamelings is byvoorbeeld uiters omvangryk. Ek hoop van harte alles gaan nie in chaos verval nie. Vir die eerste boek kon ek ook op gepubliseerde biografiese werk steun, maar vir ’n opvolgboek oor die NTO-spelers sal ek juis sulke primêre bronne (soos wat onder andere by NALN bewaar word) nodig hê.

In my jare by Tafelberg-Uitgewers het ons gereeld besoek ontvang van Erika Terblanche en haar trawante om manuskripte met ons redigering en die skrywers se veranderings in ontvangs te neem. Ook proewe, korrespondensie en gebruiksvoorwerpe. Dit is gedoen met die medewete van die betrokkenes. Ek het bokse vol oor my vryskutredakteurswerk; geniet dit om aantekeninge daarby te maak vir toekomstige navorsers. Maar ek wag nou tot daar groter sekerheid is.

<< Terug na die “Wat word van ons argief?”-miniseminaar <<