Melt Myburgh - 2007-04-13
Vrydag die 13de het Vrydagaand die dertiende geword. En ons spog met 86 briewe op SêNet. Fantasties! Kom ons kyk of ons dit nie 100 kan maak nie!
Dit klink vir my of die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein (NALN) sukkel om te oorleef. Daarenteen gaan dit glo voor die wind met sy Engelse eweknie (NELM) in Grahamstad. Gaan kyk na ons Miniseminaar oor dié aangeleentheid.
Nee a, dinge kan mos nie so aangaan nie!
Ek hoop julle het almal ‘n voorspoedige naweek. Moenie owerspel pleeg of dronk raak nie. Wel, as julle dit doen, doen dit behoorlik!
Melt Myburgh