Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Taal | Language > Taaldebat | Language Debate > Ware meertaligheid vereis wegbeweeg van unieke Afrikaanse US

Ware meertaligheid vereis wegbeweeg van unieke Afrikaanse US


Pierre de Vos - 2011-11-11
Untitled Document

Artikel 29(2) van die Grondwet bepaal die volgende:

Elkeen het die reg om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is. Ten einde doeltreffende toegang tot en verwesenliking van hierdie reg te verseker moet die staat alle redelike alternatiewe in die onderwys, met inbegrip van enkelmediuminstellings, oorweeg met inagneming van

  1. billikheid
  2. doenlikheid
  3. die behoefte om die gevolge van wette en praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, reg te stel.

Die probleem hier is billikheid. Anders as ’n skool soos Affies is die universiteit ’n nasionale bate waarvan nie-Afrikaanssprekendes direk en indirek uitgesluit word deur aan te dring op die Afrikaanse karakter van die US, in stede van ware meertaligheid.

Tweedens moet die behoefte aan rasgebaseerde regstelling in ag geneem word. Die getalle wys dat die US die witste universiteit in Suid-Afrika is en ook die enigste een waar daarop aangedring word om Afrikaans in alle voorgraadse klasse te laat geld. Dit beteken óf dat studente ’n keuse gebied moet word om óf in Engels óf in Afrikaans klas te loop (soos by Tukkies), óf dat ware meertaligheid ingevoer moet word sodat swart studente wat nie Afrikaans magtig is nie, nie indirek afgeskrik word om aan die US te studeer nie. Ware meertaligheid vereis die wegbeweeg van die unieke Afrikaanse karakter van die US.

  • Pierre de Vos doseer Regte by die UK.