Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Feeste | Festivals > Kennisgewings | Notices > Chris Chameleon nuwe Ingrid Jonker-produksie by Cultivaria

Chris Chameleon nuwe Ingrid Jonker-produksie by Cultivaria


2011-10-25
Untitled Document

Chris Chameleon aanbieding by Cultivaria Fees:
Nuwe Ingrid Jonker musiek-teater produksie “Klank van jou oë”
Datum: Saterdag 29 Oktober: 19h00
Plek: Paarl Monument Amphitheatre
Kaartjies: R100–R160
Bespreek by Computicket

Chris Chameleon se eerste aanbieding van sy nuwe Ingrid Jonker musiek- teaterproduksie “Klank van Jou oë”was verlede week met groot lof ontvang by Aardklop 2011. Die optredes was baie goed bygewoon en “Klank van jou oë”was vir twee Aardklop Pryse benoem: Beeld Aartvark-prys vir grensverskuiwende werk en dieClover Soveel Beter-prys vir die beste aanbieding.

Met sy twee albums, 'Ek Herhaal Jou' en 'As Jy Weer Skryf' het hy daarin geslaag om Ingrid Jonker toeganklik te maak vir die bree publiek en het hy opnuut die aandag op haar voortreflike werk gevestig. Met 'Klank Van Jou oë' bring Chameleon, tesame met Adriaan Brand (van ‘Springbok Nude Girls’ faam) en Riaan van Rensburg (van ‘Noot vir Noot’ faam) die verhaal van Ingrid Jonker, haar magiese woorde en die pragtige musiek wat dit inspireer op die planke in ‘n produksie wat die hart roer, die ore verbly en die gedagte aan haar huldig soos dit nog nie vantevore gedoen is nie.

Chris noem dat hierdie produksie heeltemal anders is as enige iets wat hy al voorheen aangepak het: “Daar so te sê geen humor in die produksie is nie. Tussen die liede praat ek dinge wat uit haar mond sou moes kom, asof sy is wat praat.”  Terugvoer wat Chris en sy en bestuur tydens die fees van aanhangers wat die produksie bygewoon ontvang het,  was dat “Klank van Jou oë”een van die beste produksies is wat Chris nog  tot op hede aangebied het.

Goeie nuus vir diegene wat in Kaap omgewing woon en graag “Klank van Jou oë sal wil sien: dit word op Saterdag 29 Oktober aangebied by Cultivaria Fees in Paarl.  Die Solms-Delta Soetstemme tree as spesiale gaste by hierdie vertoning op.

Die Solms Delta Soetstemme is die warm hartklop van die Solms Delta Musiek van de Caab projek. Adriaan Brand wat as musikant betrokke is by “Klank van Jou oë”is die bestuurder van dié projek. Die Soetstemme het Chris tydens een van die repetisies vir “Klank van Jou oë’ ontmoet  en vandaar is daar besluit om saam te werk. Die Solms Delta Soetstemme sal “Tokkelos” en “Kabouterliefde”saam met Chris op die verhoog uitvoer. Die Soetstemme is al vir n geruime tyd groot aanhangers van Chris en sien baie uit na hulle optrede saam.

                                                                                               

Chris Chameleon at Cultivaria: 
New Ingrid Jonker musical theatre production:“Klank van jou oë”
Saturday 29 October: 19h00
Venue: Paarl Monument Amphitheatre
Tickets: R100–R160
Book at Computicket

Chris Chameleon's first presentation of his new Ingrid Jonker musical theatre production of “Klank van Jou oë” received welcoming praise at Aardklop 2011.

The performances were very well attended and “Klank van jou oë”was nominated  for two Aardklop Awards:  Beeld Aartvark-Award  for groundbreaking work and the Clover Soveel Beter-Award for best presentation.

Chris Chameleon`s two Ingrid Jonker  albums, ‘Ek Herhaal Jou' and 'As Jy Weer Skryf', has made Ingrid Jonker accessible to the general public and has renewed the attention on her exceptional work . In “Klank Van Jou oë”  Chris Chameleon teams up with Adriaan Brand (Springbok Nude Girls) and Riaan van Rensburg (Noot vir Noot) to tell the story of Ingrid Jonker.  This production delight the ears with her magical words and the beautiful music inspires as never before.

Chris says that this production is completely different than anything he has done before, “There is almost no humor in the production. Between songs I talk about things she would have said, as if she is speaking the words herself.”

Feedback from fans that attended the show at Aardkop complimented “Klank van Jou oë” as one of the best productions that Chris Chameleon has ever done.

Good news for those living in the Western Cape area:  “Klank van Jou oë”will be showcased on Saturday, 29 October at the Cultivaria Festival in Paarl. The Solms-Delta Soetstemme will be special guest performers at this particular show.

The Solms Delta Soetstemme is the heart warming pride and joy of Solms-Delta’s Music van de Caab project. At the Cultivaria Festival, they will be joining Chris Chameleon on stage for a rendition of his song versions for the Ingrid Jonker poems ‘Tokkelos’ and ‘Kabouterliefde’. The Soetstemme have been avid Chris Chameleon fans for quite some time, and are immensely excited at the prospect of performing with him. Word at grassroots has it that the Soetstemme have fallen completely in love with these songs while rehearsing them. This choir, although consisting primarily of women who work on Solms-Delta farm and surrounding area, have been turning heads during other musical collaborations too, including work with Coenie de Villiers and Die Heuwels Fantasties.”

Adriaan Brand, who is performing the current Ingrid Jonker theme run with Chris, also manages the Music van de Caab project. As such it was after a rehearsal on the farm, that Chris and the Soetstemme met each other and the beautiful idea of a collaboration was born.

More information: