|
|
Imke van Heerden - 2011-07-27
Verlede week het kykNET, Nu Metro en ’n handvol joernaliste vir drie dae in die Karoodorp Prins Albert vertoef om die eerste Nasionale Afrikaanse Filmfees – die Silwerskerm Filmfees – te loods. By die feesbekendstellingseremonie het die feesbeskermheer, Jans Rautenbach, onthou hoedat die fondament vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 18 jaar gelede ook in die Karoo gelê is. Oor die nuwe nasionale fees het Jans opgemerk: “Ons glo dit gaan groot en wonderlik wees.” Alhoewel die fees aanvanklik op ou filmmeesters konsentreer, sal dit hopelik later ook nuwe Afrikaanse dokumentêre films, vollengte-films sowel as kortfilms insluit. Die uiteindelike doel is om die volhoubaarheid van ’n gesonde Afrikaanse filmbedryf te stimuleer, sodat nóg groter hoogtepunte bereik kan word. Die fees sal van 5 tot 11 Augustus by 11 Nu Metro-teaters regoor Suid-Afrika wys, en gee soveel moontlik mense die geleentheid om ou meesters soos Jamie Uys (Dirkie), Dirk de Villiers (My broer se bril), Manie van Rensburg (Die bankrower), Koos Roets (Babbelkous en bruidegom), Jan Scholtz (Môre, môre) en Jans Rautenbach (Katrina) te huldig. Die nuwe film Saak van geloof (wat in Prins Albert verfilm is) sal ook by die fees draai.
Imke van Heerden van LitNet was daar om die historiese geleentheid op kamera vas te vang. • 101 foto’s van die geleentheid op Facebook • Nog inligting oor die fees en films
 |
| Die eerste Nasionale Afrikaanse Filmfees, die Silwerskerm Filmfees, is verlede Woensdagaand by ’n funksie in Prins Albert bekendgestel. |
 |
| Laetitia van Dyk gesels met Marius van der Wall en Piet Snyman van Fiesta. Laetitia (KKNK-direksie) het haar huis goedgunstiglik beskikbaar gestel vir die feesbekendstellingseremonie. |
 |
KykNET se bemarkings- en publisiteitsbestuurder, Haddad Viljoen, Johan Drotskie van Nu Metro en By-joernalis Willemien Brümmer Die Silwerskerm Filmfees het uit kykNET en Nu Metro se samewerking rondom die Afrikaanse film Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom voortgevloei. |
 |
| Thuys Visagie, Jakoba Visagie, akteur Michael Brunner van Isidingo-faam en sy vrou, skrywer Gunda Hardegen-Brunner |
 |
| Pieter Theron, Miems Theron, Mari du Toit en Elise Senekal |
 |
| Plaaslike kunstenaar Hekkie Moos, Janetta de Lange, Elna Rabie en Hansie Köhne |
 |
| Kunstenaar Hennie Boshoff, André Jacquet (voormalige ambassadeur in Switserland en Hoë Kommisaris in Kanada), Pauline Lourens van die George Herald, en Willemien Brümmer |
 |
| Herman Pierold, Magda Mostert en Adri Schoeman |
 |
Jans Rautenbach se seun Imel Rautenbach en Imel se vrou, Lucy Rautenbach |
 |
| Die hoofbestuurder van Nu Metro, Danie van der Merwe, en Willemien Brümmer |
 |
Daar doer in die fliek: Christa Lategan (vervaardiger en redigeerder van dié nuwe dokumentêre reeks op kykNET oor die ontwikkelling van die Afrikaanse rolprent), Jans Rautenbach, kykNET-hoof Karen Meiring, Leon van Nierop (aanbieder) en Johan Lategan (regisseur en redigeerder) Volgens Jans Rautenbach is Daar doer in die fliek “een van die mooiste en belangrikste TV-programme in Afrikaans en ook in Suid-Afrika ... Dit wys vir nuwe filmmakers ’n duidelike pad dat hulle kan sien waar het ons begin en waar staan ons nou.”
|
 |
| Leon van Nierop en Jakoba Visagie |
 |
| Plaaslike kunstenaar Hekkie Moos by een van sy kunswerke |
 |
“Jans, ek hoop jy gaan ons fees mooi oppas.” – Karen Meiring
“Karen, die pad wat ek saam met jou geloop het, is die pad wat ek die beste onthou ... Mag jy en kykNET veel sukses met die Afrikaanse Silwerskerm Fees hê – al is ek nie meer daar nie.” – Jans Rautenbach
Jans en Karen omhels mekaar.
|
 |
|
Jans Rautenbach het ’n laerskool, Vlakteplaas, naby De Rust geopen. Jans het die Nu Metro- en kykNET-spanne op ’n toer van die skool geneem. Karen Meiring se kommentaar oor hierdie pragtige projek: “Dis een ding om te droom; dis ’n ander ding om te dóén.” Agter, lnr: Vlakteplaas-skoolhoof Sannie Brits, Haddad Viljoen, Diane de Beer (Pretoria News), Willemien Brümmer, Imel Rautenbach, Johan Lategan, Marius van der Wall en Piet Snyman Voor, lnr: Jans Rautenbach, Christa Lategan, Johan Drotskie, Leon van Nierop, Karen Meiring, Marida Swanepoel (kykNET), Danie van der Merwe, Ricky Human (Nu Metro), Natasha Britnell (Nu Metro) en Pauline Lourens
|
 |
Meiringspoort! Agter, lnr: Marius van der Wall, Haddad Viljoen, Diane de Beer, Pauline Lourens, Karen Meiring, Johan Lategan, Marida Swanepoel, Ricky Human, Johan Drotskie en Natasha Britnell Voor, lnr: Piet Snyman, Danie van der Merwe en Christa Lategan |
 |
Karen Meiring en Jans Rautenbach by Jans se gastehuis, Oulap, buite De Rust |
 |
Ou vriende: Jans Rautenbach en Diane de Beer Diane het vertel hoe sy en ander lede van die mediaspan by die bekendstelling van die eerste KKNK (byna twee dekades gelede) sommer in hul klere in Jans se swembad op Oulap afgekoel het nadat hul bus se lugverkoeling gebreek het. |
 |
| Middagete op Oulap: Natasha Britnell, Jans Rautenbach, Johan Drotskie, Karen Meiring en Imel Rautenbach klink die eerste van vele glasies op die nuwe filmfees. |
 |
| Oulap-sitkamer: Haddad Viljoen en Leon van Nierop staan voor die bekende deure in Jans Rautenbach se film Die kandidaat. |
 |
Wat is ’n besoek aan die Karoo sonder sjampanje by Café Brulé in Oudtshoorn? Haddad Viljoen, Karen Meiring en Pauline Lourens |
 |
Swartbergpas! Agter, lnr: Christa Lategan, Marius van der Wall, Karen Meiring, Pauline Lourens en Piet Snyman Voor, lnr: Johan Lategan, Ricky Human, Marida Swanepoel, Natasha Britnell en Danie van der Merwe |
 |
Agter, lnr: Christa Lategan, Marius van der Wall en Karen Meiring Voor, lnr: Johan Lategan, Ricky Human en Marida Swanepoel |
Foto's: Imke van Heerden
|
|