Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Lyste | Lists > Hoe het jy jou hart op boeke verloor?

Hoe het jy jou hart op boeke verloor?


Andries Bezuidenhout - 2011-04-14

Hoe het jy jou hart op boeke verloor?

Ek het my hart op boeke verloor met ’n hele rits kinder- en jeugboeke wat uit Sweeds en Deens vertaal is. Ek skuld die vertaler(s) van hierdie boeke baie. Daar is Karelsen-op-die-dak met sy vriend Lielebroer, en natuurlik Pippie Langkous. Ek was ook mal oor die Agaton Sax-reeks. Verder onthou ek nou nog die karakter Rapollo uit die boek Albert, wat ek dink uit Deens vertaal is in Afrikaans.

Wat is jou gunsteling-reël uit ’n boek

’n Aanhaling uit ’n boek? Sjoe. Dalk: “... and if ever you happened to come to Prague ...” Dis Tomaš aan Tereza in Milan Kundera se The Unbearable Lightness of Being. Maar ek haal dit nie nou uit die boek aan nie. Dit kom uit ’n brief wat iemand aan my geskryf het toe ek nog ’n kind was – in 1989. Die boek het ek eers later gelees.

 



<<   Terug na indeksblad | Back to index <<