![]() |
Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012) This is the LitNet archive (2006–2012) |
||||
|
2011-02-15
Die idee Skryf ’n liefdesgedig sonder enige verwysing na die liefde, enige clichés of enige geykte liefdesbeelde. Gebruik ’n ongewone konsep wat nie gewoonweg met die liefde geassosieer sal word nie as vertrekpunt. Byvoorbeeld: dink oor wat vuil skottelgoed, nat wasgoed, of stink voete oor die liefde sê. Of witdoodshaaie, dinosourusse, of rekenaarskerms. Dalk het jy ’n unieke insig rondom die verband tussen hospitaalmure en hartstog, vreemde vlieënde voorwerpe en verliefdheid, of toiletdeure en teer gevoelens. Die reëls Jou gedig moet romanse ontduik en mag geen van die volgende woorde of items bevat nie: liefde soene harte sterre duiwe blomme mooi oë lippe drukkies sag bemin voel ewig lief. Stuur jou oorspronklike aromantiese liefdesgedig aan [email protected]. Moet asseblief nie gedigte stuur wat elders verskyn het, of wat nie jou eie werk is nie. Die prys Vyf fantastiese boeke is op die spel. Sluitingsdatum 15 Maart 2011
|