Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Poësie | Poetry > Eskimo Nell

Eskimo Nell


Johann de Lange - 2010-01-11

Skrywer onbekend; vertaal deur Johann de Lange

Mans word algar oud & hulle balle word koud
& die punt van hulle piele raak blou,
maar ver van ’n lewe van storm & strewe
het elk ’n storie wat hy steeds onthou.

So bring my ’n stoel & staan my ’n dop
& ek sal jou die storie vertel
van Doors du Biel & Gert Gariep
& ’n hoer genaamd Eskimo Nell.

Doors du Biel & Gert Gariep
het op jag gegaan, heel katools,
Doors du Biel met sy voorry-piel
& Gert Gariep met sy swaar pistool.

As Doors du Biel & die ghrieskop-dwerg
kwaai bedruk is & niks loop reg,
is dit meestal kont wat dit moet ontgeld,
maar skietgevegte’s ook nie sleg.

Toe Doors du Biel & Gert Gariep
besluit om by Boknaai te gaan draai,
had beide van hul vir byna ’n week
g’n geluk by wyse van naai,

uitgesonder ’n eland of twee, ’n kwagga
& ’n koedoekoei of so,
maar Doors du Biel is die Hoofman van Horing
& stukse steekwerk laat hom bedroë.

Dus, maak of breek, die jagse paar
vat die pad na die Kamdeboo,
Doors du Biel met sy magtige piel
& Gert met sy roer wat bly korrel na bo.

Met aanlê & stoot steek hul jagserig voort
& g’n man had ’n kans teen hul lood.
Menige bruid, manlief se trots & lus,
leer van dragtige weduskap se nood.

Hulle haal die voorheuwels van die Kamdeboo
met die noenson ongenadig hoog;
om hulle dors te les & hul merk te maak
gooi hulle ’n draai by Gert Garries se Oog.

Hulle skouer die swaaideure weerskant toe oop,
beide piel & pistool swaai vry.
“In groepe na gelang van seks, julle gespuis,
dis óf dop steek, óf gesteek word deur my.”

Nou dié klomp ken vir Doors du Biel
van Kamdeboo tot Kaap-se-punt,
& met weinig meer as ’n brom of ’n vloek
staan dagloners tou by die kroeg, man & kind.

Ook die vrouens ken sy spulse manier
daar diep in die Kamdeboo
& veertig hoere laat sak hulle bloemers
want Doors du Biel sê so.

Hulle sien Gert Gariep se vingers vat-vat
& stuiptrek op die snellerknip,
in doodse stilte, & teen ’n helse spoed
begin daai hoertjies strip.

Daai Doors du Biel se asem hyg
met ’n geil gesteun & gesnuif,
voor hom wink veertig sterte oopgetwêr
& veertig poeste maak hom styf.

Nou, veertig sterte & veertig poeste
– as jy nou ’n slag jou kop gebruik,
as jy mooi beraam & begroot –
maak tagtig pramme vir lek & ruik.

En tagtig pramme is ’n vrolike affêre
vir ’n man met die pielstyf wat pyn,
dit ís straks raar by die kerkbasaar,
maar in die Kamdeboo is dit fyn.

Nou Doors du Biel het ’n paar gestoot
laasnag tydens die tweede waak,
maar dít was net onskuldige pret
& om sy punt ’n bietjie nat te maak.

Sy derde been was oorgehaal,
so hy korrel, vat ’n paar treë terug
voor hy afstuur op die naaste hoer
& haar van haar polvye lig.

Hy boor haar vas teen die saagselvloer
& naai haar deeglik, laat sweet haar lyf,
& hoewel sy grimlag, jaag sy die ander
nege-&-dertig die skrik op die lyf.

Nou Doors du Biel se naai is onbesuis
maar kort. Hy was klaar met sy eerste naai
& met sy hand op die tweede hoer se heup
toe die kroegdeur weer wyd-oop swaai.

En in daai hool van ontug & smet,
in daardie hoerehel,
stap ’n minsame maagd onbevrees,
& haar naam was Eskimo Nell.

Ou Doors du Biel het sy voorslagpiel
’n goeie ent op in die tweede een
toe Eskimo Nell van haar laat hoor
& skree: “Jy daar, los daai kween!”

Met ’n swiep van sy magtige lat
vlie die tert bo-oor sy kop,
hy draai hom om & snou Nell toe,
beide is rooi, sy oë & sy knop.

Met ’n wellustige gryns sê hy: “Luister,
jou tert, wag jou beurt af in die tou,
ek speel gou klaar met agt-&-dertig
& dan speel ek klaar met jou.”

Maar Eskimo Nell hou haar bedaard
& kyk hom reg in die oog,
bejeën met hoon die horing
wat uit sy harige lieste boog.

Sy blaas ’n rookring met haar sigaar
rondom sy stomende knop,
so omgetiep is Gert Gariep
hy vergeet skoon van sy job.

Eskimo Nell versteur die atmosfeer,
haar stem is kalm & koel:
“Jou kont-verskrikte dwerg van ’n boendoe-gigolo
dis vir Eskimo Nell & nie vir jou bedoel.”

Stuk vir stuk laat sy haar klere val
- elke gebaar is ruig van bedoel -
tot sy daar in haar glorie staan
met haar Slenkdal ’n donker poel.

Sy gaan lê dwars oor ’n tafelblad
waar flussies nog ’n bierglas staan,
met ’n wip van haar tiete spat die glas aan skerwe
tussen twee boude soos van ’n titaan.

Sy knak haar knieë met die grootste gemak
& sprei haar bene wawyd oop
& met ’n laaste knik na die stommerik
beduie sy hy moet laat loop.

Nou Doors du Biel ken ’n triek of twee
& wil sy kragte spaar,
want as Doors wil, kan hy sonder moegword ploeg
vir ’n hele klompie ure aanmekaar.

So Doors du Biel met sy magtige voël
besluit om sy tyd te vat,
want ’n snol soos dié is ’n naai van Bo,
dis tyd om met sy lyf te praat.

Hy laat knipoog sy poelhol in & uit
& laat sy balsak rek & rek,
tot hulle lyk soos klote van graniet
bo-op ’n tuin se hek.

Hy vryf sy voorvel op en af,
sy pielkop verstewig in omvang,
sy magtige roede word twee keer so dik
& maak selfs gesoute snolle bang.

Hy smeer sy knop met spoeg & rum
tot dit vlamvat & smeul,
& om dit af te rond besprinkel hy sy knop
met hélpeper uit ’n pepermeul.

Dié keer tree hy nie terug & nael,
of spring oorywerig in die saal,
hy ruk nie op maar skyn, vooroor gebuk,
om haar besadigd oor te haal.

Dan lê hy aan soos ’n sluipskut sou,
vat korrel oor sy horingvisier,
& dryf bedrewe sy lustige lyf,
een ferm, soepel gespanne spier.

As jy ooit die suierstange gesien het
van ’n reuse-lokomotief
met die dryfkrag van ’n duisend perde,
dan ken jy suierstange definitief.

Of dink dalk so, maar jy was nog nie
deur die perverse ywer besiel,
die inspirasie van ’n langasemnaai
van ’n man soos Doors du Biel.

Maar Eskimo Nell is ’n renegaat,
met ’n robuuste, taai gestel,
met die krag van tien in haar flanke
& ’n suigkrag so reg uit die hel.

Midskeeps kan sy die stukrag staan
soos die stroom uit ’n dam se sluis,
sy gryp sy lat soos die grendelslot
van die Reserwebank se kluis.

Sy lê ’n wyle & meesmuil sag
terwyl haar kont sy greep verstyf,
dan sug sy uitgerus & suig hom droog
soos ’n lemoen in die suiwelbedryf.

Sy voltooi dié greep heel flink & gaaf
& verwerp só gedetermineer
die basiese aksiomas & wette
wat die seksuele wetenskap beheer.

Soos sy rustig haar pad deur die falliese kode baan
wat die toets van die eeue deurstaan het,
was dit asof die oerbewind van die klassieke skool
nie vir ’n oomblik bestaan het.

En nou my vriend, benader ons die einde
van hierdie epos van verowering
die effek op Doors was vinnig & snel
byna soos plaaslike verdowing.

Hy syg bewusteloos neer op die vloer,
sy passie uitgebrand & koud;
hy kreun nie eers toe sy voël uitglip
van die nerf gestroop soos timmerhout.

Gert Gariep spring haastig orent
om sy maat se smaad te wreek,
& pluk verskrik sy pistool uit sy holster
om dit diep in haar kont op te steek.

Hy steek dit op tot by die snellerbeuel
& vuur ses skote een na die ander,
sy vrees die stol toe haar oë in ekstase rol,
& haar kont rook soos ’n bunsenbrander.

Sy wip orent van haar agterent,
“Wel gedaan,” roep sy uit, “jou windbal-pes!
“Daai ses skote was die kersie op my koek,
ek dag my dors word nooit vandag geles.

“Ek’t gehoop julle slapgatte kan my looi,”
sê sy terwyl sy haar bloes toeknoop.
“Maar lyk my ek moet Suidpool toe
as ek ’n regte man op die lyf wil loop.

“Ek gaan terug na Antarktika,
waar sponk nog sponk is, & fok nog fok,
nie ’n treurige stroom louwarm room
maar ’n soliede bevrore blok.

“Terug na die land waar mans nog weet
hóé om te fornikeer,
waar die dooies twee-in-’n-graf lê
& selfs die babas kopuleer.

“Terug na die land waar die pielstyf heers,
& ’n nag vir ses maande duur,
waar die poolbeer nog in sy lêplek tos,
& die robbe teen ysskotse skuur.

“Op poolekspedisies wyd & syd,
in skuilings in die sneeu uitgehol,
so koud dat kondome verkoop word
in ’n sneeubal toegerol,

“selfs in die dal van doodskaduwee
gooi hierdie sage sy jakkalsdraai,
waar geraamtes ratel in yskoue katels
& selfs die lyke onder mekaar naai.

“So, as jy & jou vriendjie beplan
om die pad te vat op soek na snoek,
koop vir Doors ’n stokkielekker
& vir jouself ’n roosterkoek.”