Johann H Crafford - 2008-10-20
Hierdie vriendelike groep bergfietsryers het onlangs in die Elim-wyk, waar die mees suidelike wingerde in Afrika gevind word, gaan kuier. Die foto is deur Hugh Bosman geneem en ingestuur nadat hulle wyne van die wyk geproe het. Agter staan Kevin Wicht, Clare Bosman, Charles Phillips en Merril Wicht. Voor sit Dave Train, Anne Droomer en Mike Phillips. Hulle het in die ruim gastehuis op Zoetendal oorgebly.