Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Artikels | Features > Huisgenoot se Tempo-toekennings 2008: Wenners en foto’s

Huisgenoot se Tempo-toekennings 2008: Wenners en foto’s


Annie Klopper - 2008-10-15

Die room van die Afrikaanse musiekbedryf het die afgelope naweek in ‘n sonnige Sun City saamgetrek vir die jaarlikse Huisgenoot Tempo-toekennings wat tydens die Huisgenoot Skouspel gehou word. Huisgenoot het hierdie jaar ook ‘n liedjieskryfkompetisie geloods waarvan die finaliste se inskrywings tydens die toekenningsgeleentheid opgevoer is deur gevestigde kunstenaars. Annie Klopper was daar en kon te danke aan haar beoordeelaarstatus die eksklusiewe afterparty invaar met haar kamera.

Die wenners van Huisgenoot se Tempo-toekennings 2008 is:

Gewildste DVD: Bring jou Hart
Kunstenaars: Theuns Jordaan en Juanita du Plessis

Gewildste humor/komedie-album: Hie' Kommie Bokke! 2
Kunstenaar: Leon Schuster

Gewildste kopskuif-album: Tall, Dark & Afrikaans
Kunstenaar: Emo Adams

Gewildste rockalbum: Intervensie
Kunstenaar: Foto Na Dans

Gewildste nuweling: Lianie May

Gewildste liedjie: “Mengelmoeskardoes”
Kunstenaar: Juanita du Plessis

Gewildste manlike kunstenaar: Kurt Darren

Gewildste vroulike kunstenaar: Juanita du Plessis

Topverkoper van Afrikaanse musiek: Volmaakte Kring
Kunstenaar: Juanita du Plessis

Gewildste kontemporêre album: Ek vir Jou
Kunstenaar: Chris Chameleon

Gewildste gospelalbum: Amen
Kunstenaar: Ronéll Erasmus

Gewildste popalbum: Vergeet My Nie
Kunstenaar: Lianie May

Gewildste tradisionelemusiek-album: Wat Kom Nou?
Kunstenaar: Dozi

Gewildste sokkie/dansalbum: Voorwaarts Mars
Kunstenaar: Kurt Darren

Gewildste kindermusiekalbum: Carike en Goempie in Kinderland 5
Kunstenaar: Carike Keuzenkamp

Liedjiekompetisie (1ste plek): Willie van der Merwe en Hugo Ludik
“Papsopwinterwaternat”

Liedjiekompetisie (2de plek): Tiaan Prinsloo
“Onthou Jy My?”

Liedjiekompetisie (3de plek): Emile Minnie
“Vang My”

Liriekkategorie-wenner: Sandra O’Kelly
“Lied vir Madiba”