Johann H Crafford - 2008-09-09

Die Annandale-area net buite Stellenbosch op die pad na Somerset-Wes het ‘n nuwe wynprodusent, en as jy sokkies op sy cabernet sauvignon ruik, kan dit dalk te make hê met die feit dat Peter Falke meer bekend is vir sy sportsokkies as vir wyn. Vir nou, in elk geval.
Hierdie groepie het die moderne wynproelokaal besoek en sowel die Peter Falke Sauvignon Blanc as die Cabernet Sauvignon gate uit geniet. In die gewone volgorde op die grasperk voor die kelder/proelokaal is oudrenjaer Hannes Oosthuizen, Lize-Marié Oosthuizen (wat in beheer van bemarking is), Annelise Oosthuizen (vrou van Hannes en ma van Lize-Marié), wynmaker Tertius Naudé en dr Sharon Crafford van die Kaapstadse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie.