2008-09-01
Polkadraai-heuwels tussen Stellenbosch en Kuilsrivier is een van die Stellenbosch-wynroete se bes bewaarde geheime. Hier kry mens meestal klein boetiekwynmakerye vanwaar jy asemrowende uitsigte op sowel Stellenbosch en sy omgewing as Valsbaai het. En vir ‘n uitsonderlike eetervaring is Jakarta Rijsttafel Restaurant langs die La Provence-pad net die plek.
Hier geniet (kloksgewys van links voor) Ingrid Bein van Bein-privaatkelder, Duncan en Veronica Fransz van Jakarta, en Fanie Joubert van La Provence/BeauJoubert van die plaaslike nektar van die gode voor die tapasstyl middagete voorgesit word.