![]() |
![]() |
Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012) This is the LitNet archive (2006–2012) |
![]() |
||||||||||||
![]() |
Calvin Siderfin - 2011-11-24 LitNet kopknik in hierdie Kerstyd vir Christa Steyn, wat kanker het. Christa is iemand wat liedjies kan skryf en of jy nou wil of nie wil nie, jy onthou dit. "Geel madeliefies", "Aan die einde van die reënboog", "Eerste liefde". Voor mens jou kan kry, sing jy saam. Nou die aand in Stellenbosch is daar ’n fondsinsamelingskonsert gehou om haar mediese onkoste in hierdie moeilike tyd te help dek. LitNet het gaan kyk en luister watter musikante haar by Hoër Meisieskool Bloemhof vereer het. As jy ’n bydrae wil maak en nie by die konsert kon wees nie, kontak vir Rika Vermeulen, direkteur van Maniac Music, by 072 262 7239 en 072 988 7384.
|