Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Onderhoude | Interviews > Afrikaans > Francois Cleophas gesels met Naomi Meyer oor Adam Small

Francois Cleophas gesels met Naomi Meyer oor Adam Small


Naomi Meyer - 2011-10-12
Untitled Document

Wat is die vraag oor Adam Small wat niemand ooit vra nie?

Watter familievormingsfaktore maak Adam Small ’n enkeling-figuur?

Is die profeet in sy eie land geëer? Het mense na Small geluister voordat hy gekies het om te swyg?

Het Adam Small gekies om te swyg? Ek dink hy was geforseer ...

Luister mense nou na Small se swye?

Dit kan ek nie beantwoord nie.

Waarom verpak mense Small so dikwels in ’n enkele “Kô lat ons sing”?

Adam Small is te groot om tans verstaan te word ... Mense kies die maklike uitweg om nie hulle onjuiste kennis te onthul nie.

Nadine Gordimer het in ’n prominente verduidelikende nota by ’n destydse studie van swart Suid-Afrikaanse skrywers na Small verwys as iemand wat sy eie hoofstuk verdien. Goed en wel vir hierdie kopknik. Maar neem sprekers van ander tale as Afrikaans genoeg kennis van Adam Small?

Dit kan ek nie beantwoord nie.