![]() |
![]() |
Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012) This is the LitNet archive (2006–2012) |
![]() |
||
![]() |
Nadine Petrick - 2011-09-16
Hoe het jy by Cancer.vive betrokke geraak? Ek is nou al jare lank betrokke met borskankerprojekte en het toe gesien hoe groot die probleem van kanker eintlik is en watse reuse-verskil bewusmaking in gemeenskappe kan maak. ’n Hele klomp van die dames wat in die vorige projekte saam met my betrokke was se mans het ook kanker gekry en ons het toe besluit om ons projek uit te brei en nie eksklusief te wees nie, en so het ons toe besluit om Cancer.vive te begin. Ons tema is die “skaam kankers” – prostaat-, testikulêre, bors-, servikale en kolonkankers. Benewens die motorfietstoer deur die land, watter ander maniere gebruik Cancer.vive om bewusmaking te skep of fondse in te samel? Maak jou profiel as bekende persoonlikheid ’n groot verskil as dit by kankerbewusmaking kom? Die Cancer.vivers het almal baie inspirerende verhale. Wie of wat inspireer jou? Gewone mense inspireer my. Mense wat ten spyte van die mees ongelooflike uitdagings oorleef, hulleself geestelik verryk daardeur en dan weer oorwin – dit inspireer my. Mense soos Lance Armstrong. Hoe vier jy die lewe? Ek vier die lewe met stilte en met tyd. Dit is die moeilikste en kosbaarste ding in my lewe en iets waaraan ek elke dag werk.
<<< Lees Cancer.vive se onlangse persverklaring hier.
|