Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual > Foto's | Photos > ’n Heildronk op die lewe: Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie se prysoorhandiging

’n Heildronk op die lewe: Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie se prysoorhandiging


Imke van Heerden - 2011-07-27
As die son teen skemer in jou glas kom lê en die maan tussen die takke van ’n kremetartboom blom, strek ’n katding hom langpoot uit. Jy sien hom nie. Hoor nie eens as hy geruisloos naby jou verbysluip nie, die nag in. Dis Afrika. Jy lig jou glas tot teen die angel van die Skerpioen. En drink ’n heildronk op die lewe.

LitNet het lesers uitgedaag om ’n mikrostorie in ongeveer 60 woorde met ’n ekologiese of natuurbewaringstema te skryf. Die twee kompetisie-wenners se verhale verskyn op ’n beperkte uitgawe van Leopard’s Leap-wynbottels (2010 Shiraz), wat landswyd verkoop word. Die wenners ontvang ook elk ’n Mont Blanc-pen en ’n kis Leopard’s Leap-wyn.

Die eienaar en hoof uitvoerende beampte van Leopard’s Leap, Hein Koegelenberg, het die prys vir die beste Afrikaanse inskrywing gister by die Pierneef à La Motte-restaurant aan Annami Simon oorhandig.

Engelse wenner Philip Nel sal binnekort sy prys by ’n geleentheid in Gauteng ontvang.

 

Gina Schreuder van Sagacite en die Afrikaanse wenner, Annami Simon
Annami Simon Annami Simon en Die melkweg het ’n ster laat val-bydraer Zelda Esterhuysen
Pierneef à La Motte-restaurant
Leopard’s Leap se bemarkingsdirekteur, Marius Kotze, en hoof uitvoerende beampte, Hein Koegelenberg
Marius Kotze en een van Pierneef à La Motte se vriendelike kelnerinne
Gina Schreuder
Hein Koegelenberg oorhandig die prys vir die beste Afrikaanse inskrywing aan Annami Simon.
Gina Schreuder, Annami Simon en Hein Koegelenberg
Annami Simon se wenverhaal pronk op ’n beperkte uitgawe van Leopard’s Leap se 2010 Shiraz wat landswyd verkoop gaan word.

 

Foto’s: Imke van Heerden