Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual > Foto's | Photos > Fotoblad: City Soiree by The Book Lounge met Loftus Marais

Fotoblad: City Soiree by The Book Lounge met Loftus Marais


Bibi Slippers - 2011-07-14

"In Other Words" was ’n geleentheid wat woordkuns en musiek kombineer om aan die gehoor by The Book Lounge ’n unieke kultuur-ervaring te bied.

City Soiree is ’n inisiatief van Gerhard Maree (links) en is Vrydag 15 Julie in samewerking met Creative Week Cape Town by The Book Lounge aangebied. Die Soiree het optredes van digter Loftus Marais, mbira-speler Dillion Banda en luitspeler Vera Vukovic ingesluit.

Loftus het 12 gedigte voorgelees uit ’n nuwe reeks gedigte wat oor Kaapstad handel. Lees Loftus se gedig “Ontologieles” op LitNet .

Hy het ook nog gedigte uit die reeks oor die karakter Fabulisha de la Queillerie voorgelees. Lees die gedig “Fabulisha de la Queillerie in ’n steeg.”

Dillion Banda se reeks vertellings en liedere, "The Whistling Reeds", vertel verskillende verhale van vlugtelinge uit Zimbabwe.

Foto: Malherbe Pelser

Dillion Banda en sy mbira

Foto links bo: Marlherbe Pelser

Vera Vukovic met haar Renaissance-luit. Sy het oa musiek van die komponis John Dowland gespeel. Sy meen Dowland was die eerste Goth.

Vukovic se laaste stuk was ’n gedig deur Miquel Marti i Pol, met musiek deur Arianna Savall.

Kontrabas-begeleiding saam met die luitmusiek het die aand afgerond.


Foto’s: Bibi Slippers en Malherbe Pelser.