|
|
Menán van Heerden - 2011-07-14
Die Cradock Vier-roete in Lingelihle, Cradock, is deel van ’n nasionale-erfenis-roete. (Die Cradock Vier was die vermoorde aktiviste Fort Calata, Matthew Goniwe, Sicelo Mhlauli en Sparrow Mkonto.) ’n Groepie feesgangers het ’n aantal historiese tonele besoek: die Cradock Vier-gedenkteken en -grafte; Cradock se eie Distrik Ses en Berlynse muur; die huis van eerwaarde James Arthur Calata en die toneel waar, volgens oorlewering, die eerste weergawe van die Vryheidsmanifes deur eerwaarde Calata geskryf is.
Klik op die skakels vir nog foto's van die Olive Schreiner Karoo-fees:
 |
Etienne van Heerden en toerleier Nomonde Calata, die weduwee van Fort Calata
|
 |
Fort Calata se oupa, Eerwaarde James Arthur Calata, se huis |

|
 |
Nomonde Calata
|
|
 |
Die graf van die Cradock Vier |
 |
 |
 |
 |
Die vier grafte |
 |
Op die grafsteen |
 |
Cradock Vier-monument: die gedenksuile vir die Cradock Vier |
 |
Cradock se eie Distrik Ses: volgens Nomonde Calata is dit die perseel waar eerwaarde James Arthur Calata die eerste weergawe van die Vryheidsmanifes geskryf het. Die huise is gedurende die apartheidsera platgestoot, vertel sy. Buffelskop lê in die agtergrond. |
 |
Christopher Nicholson en Darryl David. By die Cradock Vier-monument: Christopher gesels oor sy boek Permanent Removal: Who Killed the Cradock Four?
|
 |
Michael Cawood Green en Christopher Nicholson gesels by die Cradock Vier-monument.
|
 |
Cradock se eie Berlynse muur: links was die “wit area” en regs die “swart area”.
|
 |
Die geselskap by die Cradock Vier-monument. Agter van links na regs: Kaia van Heerden, Tim Wege, Darryl David en Rika Featherstonehaugh. Voor van links na regs: June Walters, Miki Redelinghuys en haar twee kinders, Tumani Calata, Kiara David (dogter van Darryl), Menán van Heerden, Etienne van Heerden, Nomonde Calata, Julienne du Toit, Michael Antrobus, Michael Cawood Green en Christopher Nicholson |
 |
Fees-stigter Darryl Earl David se Karoo-nommerplaat |

|
 |
’n Brief in Schreiner se handskrif |
Olive Schreiner |
Foto's: Menán van Heerden
|
|