Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Feeste | Festivals > Artikels | Features > PG du Plessis vereer by Innibos-fees

PG du Plessis vereer by Innibos-fees


Marius Bakkes - 2011-07-07
Untitled Document

PG du Plessis is vereer vir sy uitnemende skrywer-bydrae tot die Afrikaanse kultuurskat. Die land ken hom as skrywer, dramaturg en veral as televisiegasheer. Hy is ook ’n Hertzog-pryswenner. Skrywer Chris Barnard sê van PG: "Hy is vinniger as Eitemal, hy is aarder as Opperman, hy is so gevat soos Kaspaas, hy is slimmer as die houtjie van die galg. Hy is ’n mens in die volste sin van die woord. En hy leef die lewe."

Persoonlik onthou ek PG as my koerant-redakteur – Hoofstad in Pretoria, in die vroeë jare tagtig. Ek was parlementêre verteenwoordiger. PG het meer as een afspraak wat ek met groot moeite vir sy tydige en ontydige besoeke aan Kaapstad met minister en regeringslui gemaak het, weer op kort kennisgewing moes kanselleer omdat die Kaap daardie dag skielik mooier moontlikhede gebied het.

Ek onthou hoe sy aflewerings vir Koöperasiestories oomblikke voor die kameras moes rol, op stel in Maraisburg afgelewer is. Hoe hy die vorige dag nog op soek was na ’n storie vir die volgende aflewering. Hoe hy by jou kantoor sou instap en vra: "Gee my net ’n plot. Die storie skryf ek sommer in my se skinnertaal."

Maar hierdie week het daar ’n baie insiggewende brief op my lessenaar beland. Uit die bloute  het een van sy oudstudente destyds op Wits en nou hier in die Laeveld, oor hom geskryf vir plasing. Iets meer besonders – en uit eie bodem, kon ek nie hier optower nie.

While reading the article in last Friday's Lowvelder about all PG du Plessis' accomplishments as a writer, dramatist and storyteller and the well-deserved recognition he is to receive from Innibos, I was transported back in time to when PG du Plessis was a lecturer and when none of these amazing literary feats had come to fruition yet.  In 1968 at Wits University I was attending my first day of lectures. First on my timetable was Afrikaans 1 with PG du Plessis. We appreciated PG as he was down to earth, had his own unique brand of humor which often bordered on sarcasm, had a slight air of rebelliousness, called a spade a spade (why say "nie goed genoeg nie" when "vrot" would do), used the odd slang and as a result struck a chord with young students. But most of all, he was passionate about Afrikaans. His lectures were often entertaining, always enlightening and never boring.

He challenged our thoughts, our emotions and he awakened our senses so that through literature we were enriched both mentally and emotionally. I emerged from his lively lectures a transformed human being, shyness had been replaced by confidence and a strong sense of self.

Ek sê: Baie baie dankie.

Lorraine Harris (née Geoghegan)

 

 

  • Hierdie artikel het verskyn in die Innibos-feeskoerant: Muskiet/Laevelder