Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Feeste | Festivals > Artikels | Features > Innibos-fees vereer drie veterane

Innibos-fees vereer drie veterane


Maggie van Eeden - 2011-07-07
Die jaarlikse Innibos-fees (Nelspruit) 2011 het hierdie jaar weer sowat 85 000 feesgangers vermaak met ’n wye verskeidenheid produksies, stalletjies en uitstallings.

Talle van Suid-Afrika se kunsveterane is by dié jaar se fees vereer. ’n Spesiale bronsbeeld deur die bekende beeldhouer Arend Eloff is tydens die Jakaranda 94.2-konsert aan Ollie Viljoen oorhandig vir sy lewenslange bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek.  

Ook is een van Suid-Afrika se voorste filmmakers tydens die fees vereer. Tydens die fees is talle van sy films by die Jans Rautenbach-filmfees vertoon. ’n Oorkonde vir sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse filmbedryf is tydens ’n huldigingsfunksie aan Rautenbach oorhandig. Van die Rautenbach-films wat vertoon is, sluit in: Die kandidaat, Katrina, Jannie totsiens en Pappalap.

Lees hier hoe Marius Bakkes vir Jans Rautenbach onthou. >>>

PG du Plessis het vir sy bydrae tot die skryfkuns- en vermaaklikheidswêreld ook ’n bronsbeeld geskep deur Arend Eloff ontvang. Sy jare lange vriend Chris Barnard het die toekenning aan hom oorhandig. Du Plessis se drama, ’n Seder val in Waterkloof, was dié jaar se Innibos-opdragtoneelstuk en ’n ekstra vertoning moes geskeduleer word.

Lees hoe Marius Bakkes vir PG du Plessis onthou. >>>

Lees Paul Boekooi se resensie van 'n Seder val in Waterkloof by die Innibos-fees. >>>

Onder die musiekmakers op die fees het die Parlotones, Elvis Blue, Ray Dylan, Lianie May, Steve Hofmeyr, Dozi en Fokofpolisiekar getel. Die Jakaranda 92.4-konsert het volgens berigte die meeste feesgangers gelok.