Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Feeste | Festivals > Artikels | Features > Abnormal Load: ’n Gladde vertoning by die Grahamstad Kunstefees

Abnormal Load: ’n Gladde vertoning by die Grahamstad Kunstefees


Emma Kotze - 2011-07-06
Untitled Document

Abnormal Load
Regisseur: Neil Coppen
Skrywer: Neil Coppen
Beligting: Tina le Roux
Verhoogbestuur: Nosipho Bophela
Looptyd: 90 minute

 

 

 

 


’n Fyn uitgewerkte en goed gerepiteerde stuk. Die fees het dit weer reggekry om nie teleur te stel met sy hoofprogramkeuses nie. Dit is altyd ’n groot bederf om produksies op dié program te sien, omdat die begroting dikwels vir beide ’n visuele skouspel en talentbelaaide toneelgeselskap ruimte laat.  

Die hoofakteur, Mothusi Magano, kan byvoorbeeld in die Oscar-bekroonde Tsotsi gesien word. Neil Coppen, by wie die konsep ontstaan het, en skepper van wat ons op die verhoog sien, roem as titeldraer van die Standard Bank Young Artist-toekenning. Hierdie hartroerende storie oor ras- en familieverhoudings, die problematiek rondom die oorvertel van geskiedenis wat ’n nuwe werklikheid vorm, verraad en liefde vertoon Coppen se talent ten volle.   

Mothusi Magano, wat die hoofkarater Vincent Bashford Liversage speel, se “droë” spelstyl wil-wil ons eers laat dink dat dit in geheel veel te wense sal oorlaat, maar ook dít word later verkeerd bewys. Die karakter se soortgelyke sin vir humor vind goed aanklank daarby en Magano kwyt hom baie goed van sy taak om lewe te skenk aan die karakter. Die res van die geselskap het hulle goed van hulle taak gekwyt. Jenna Dunster moet veral genoem word vir haar vars en geloofwaardige vertolking van haar karakter.  

Coppen se stelontwerp laat geen ruimte vir verbetering nie. Die produksie is belaai met “Kodakmomente” met die effektiewe gebruik van silhoeёt, skaduwees en beligting. Hierdie effektiewe beelde word op die eenvoudigste maniere en met smaakvolle nuanse geskep. 

As ’n geheel is die produksie goed gerepiteer met ’n gladde vertoning as resultaat. Die kunstefees kan beslis gelukgewens word met dié uitstekende keuse op die program. Coppen is ’n uitmuntende talent en ons wag in spanning vir die volgende meesterstuk wat hy op die planke bring.

 

Klik op die skakels om nog resensies van teaterstukke by die Grahamstad Nasionale Kunstefees te lees: